|
Saterdag was die 121ste keer (sedert die eerste wedstryd in 1923) dat Affies se 1ste span teen Pretoria Boys High School gespeel het.
Truie oorhandinging: 1ste span afrigter Ruan Jacobs (OA 2006) 1ste rugbyspan (2005 & 2006) Blou Bulle o/18 Akademiespan (2006) Senior provinsiale rugby
Eindtelling: Affies 45 – 18 Pretoria Boys High School Puntemakers Drieë: Francois de Beer, Janco van der Walt, Joshua Gouws (x3), Fourie Robberts, Hannes Nagel Doelskoppe: Reuben Smith x5 Opsomming van al die rugbywedstryde se uitslae tydens die interskole - Wedstryde gespeel: 24 Gewen: 24 (100%) Geluk aan Remi Fortier wat Saterdag vir die eerste keer vir Affies se 1ste span op die veld verskyn het. Algemene punte statistiek ranglyste opgedateer: - 663 punte aangeteken in 'n seisoen (12de) - 105 drieë gedruk in 'n seisoen (10de) - 19 drieë gedruk in 'n seisoen deur 'n speler - Joshua Gouws (7de) - 30 drieë gedruk in die wittrui deur 'n speler - Joshua Gouws (10de) Opgedateerde inligting 1ste span seisoen Uitslae van ander wedstryde die seisoen Uitslae van alle spanne teen Pretoria Boys High School sedert 1994 AHS vs Pretoria Boys High geskiedenis sedert 1921 Saterdag was slegs die 2de keer op rekord dat Affies se 1ste span teen HS Noordheuwel gespeel het. Affies wen beide hierdie wedstryde.
Truie oorhandinging: Johan Roets (OA 1996)
Eindtelling: Affies 66 – 26 HS Noordheuwel Puntemakers Drieë: Estian Marx, Janno Geyser, Reubenne Vlok, Francois de Beer, Charl Els, Reuben Venter (x2), Janco van der Walt, Joshua Gouws (x2) Doelskoppe: Reuben Smith x8 Opsomming van al die rugbywedstryde se uitslae tydens die interskole - Wedstryde gespeel: 13 Gewen: 13 (100%) Baie dankie ook aan Northcliff HS wat met 13 spanne na Pretoria gereis het om teen Affies te kom speel. Geluk aan Janco van der Walt en Kale Pienaar wat Saterdag vir die eerste keer vir Affies se 1ste span op die veld verskyn het. Janco se pa Jakkie het in 1993 tot 1995 vir Affies se 1ste span gespeel en hulle word dan so ook die 31ste Pa en Seun(s) wat vir Affies se 1ste span speel. Na-afloop van die wedstryd is ook verneem dat Martin Van Niekerk en Charl Els opgeneem is in die SA o/18 "A" span vir die opkomende jaarlikse internasionale o/18 reeks. Baie geluk met julle insluiting en baie sterkte. Algemene punte statistiek ranglyste opgedateer na 15 wedstryde: - 618 punte aangeteken in 'n seisoen (14de) - 98 drieë gedruk in 'n seisoen (12de) - 16 drieë gedruk in 'n seisoen deur 'n speler - Joshua Gouws (13de) - 27 drieë gedruk in die wittrui deur 'n speler - Joshua Gouws (11de) Opgedateerde inligting 1ste span seisoen tot op datum Uitslae van ander wedstryde die seisoen 2026 wedstrydprogram Laaste wedstryd van die seisoen: vs Pretoria Boys High School, 8 Augustus 2026 (weg)
Eduard se groot fokus was om 'n model(le) daar te stel wat rugby as 'n besigheid suksesvol en volhoubaar kan bedryf.
'n Opsomming van sy rugbyloopbaan, sowel as sy ondervinding in sportadministrasie:
Sportadministrasie & verwant:
Dit was Saterdag die 30ste keer dat die twee skole se 1ste spanne teen mekaar gespeel het sedert die eerste wedstryd 30 jaar gelede op Goldstones. Affies wen 26 en verloor 4 van die 30 wedstryde. Vir die historiese uitslae, volg hierdie skakels - Skole teen gespeel & Maritzburg College.
Truie oorhandiging Zirk Meyer (OA 2025)
Eindtelling: Affies 40 – 12 Maritzburg College Puntemakers Drieë: Francois de Beer, Charl Els (x2), Reuben Venter, Martin van Niekerk, Juan Ferreira Doelskoppe: Reuben Smith x5 Na-afloop van Saterdag se wedstryd het hierdie jaar se 1ste span reeds die volgende posisies ingeneem op die algemene punte statistiek ranglyste: - 552 punte aangeteken in 'n seisoen (20ste) - 88 drieë gedruk in 'n seisoen (15de) Opsomming van al die rugbywedstryde se uitslae tydens die interskole - Wedstryde gespeel: 26 Gewen: 26 (100%) Maritzburg College en Affies se rugbygeskiedenis & statistiek Soos na verwys word op die tuisblad, het die bymekaarmaak van Affies se rugbygeskiedenis en statistiek sy oorsprong gehad by die boek "Jimeloyo-Ji !! A History of the Maritzburg College First XV". Die boek gee 'n eenvoudige uiteensetting van elke seisoen asook uitslae van College se 1ste span, punte-statistiek, asook 'n lys van 1ste span-, senior provinsiale- en internasionale rugbyspelers. Mag hierdie interskole nog lank bly voortbestaan en opgeteken word in beide skole se geskiedenisboeke. Opgedateerde inligting 1ste span seisoen tot op datum Uitslae van ander wedstryde die seisoen 2026 wedstrydprogram Volgende wedstryd: vs HS Noordheuwel, 1 Augustus 2026 (tuis) BAIE GELUK aan Ruben van Heerden (OA 2015) wat Saterdag sy eerste toets vir die Springbokke gespeel het. Daarmee word hy Springbok nommer 956 en die 12de oud-Affie wat sy Springbokkleure ontvang vir rugby.
'n Kort opsomming van Ruben se rugbyloopbaan tot op datum verskyn hier - Ruben van Heerden. SPRINGBOKKE & SA "A" SPAN
Baie geluk aan Ruben van Heerden (OA 2015) wat ingesluit is in die Springbokspan wat Saterdag teen Wallis speel. Ruben sal die 12de Affie wees wat sy Springbokkleure ontvang vir rugby. Ruben het ook vroeër vanjaar vir die SA "A" span uitgedraf teen Zimbabwe. SA SKOLE "A" SPAN Baie geluk aan Martin van Niekerk en Charl Els wat beide na afloop van die Cravenweek ingesluit is in die SA SKOLE "A" SPAN. Ander oud-Affies wat ook verkies is tot, of tans deel uitmaak van Suid-Afrika se nasionale rugbyspanne: o/20 Wêreldbeker in Georgië vanaf 27 Junie 2026 - JD Hattingh (OA 2024) - Hendré Schoeman (OA 2024) Beide spelers sal na verwagting Saterdag (18 Julie 2026) in die finaal betrokke wees teen Frankryk. SA 7's - HSBC Sewes Wêreldkampioene vir 2025/26 - Quewin Nortje (OA 2021) Baie geluk aan die spelers van Affies wat die Blou Bulle by die onderskeie rugbyweke in 2026 sal verteenwoordig:
o/18 Cravenweek Dandré Brink (onttrek weens besering), Charl Els, Hannes Nagel, Caleb Pretorius, Martin van Niekerk, Ethan Williams & Joshua Gouws (vervang vir Dandré Brink) o/18 Akademieweek Morné Bisset, Francois de Beer, Janno Geyser, Reubenne Vlok & Kyle van Staden (vervang 'n beseerde speler) o/18 VKB-week Dihan Botha o/17 AFGRI-week Liam de Jager, Rico du Plessis (K), Hendré Ehlers, Keagan Fourie, Alexander Muller, Kyle Pienaar, Rossouw Scheepers, Ziaan Slabbert & Ruben Smith o/16 Grant Khomoweek A-span Dylan Badenhorst-Schnetler (K), Heinrich Becker, Gerrit du Plooy, Louwrens Grobler, Nel Taylor & Duan Terblanche o/16 Grant Khomoweek B-span Wilhelm Boer, Neill de Kock & Marco Engelbrecht (K) o/15 AFGRI-week A-span Gert Abraham Coetsee, Pieter Christiaan de Jager, Justin de Jonge, Eli du Plessis, Lian Heydenrych, Dylan Nel & Henrico van Zyl (K) o/15 AFGRI-week B-span CP Joubert (onttrek weens 'n besering), Luan McDonald, Stian Roets & Divan van der Westhuizen o/15 AFGRI-week C-span Ruben Wolvaardt Historiese inligting In 1928 is 3 spelers van AHS vir die eerste keer verkies tot die Transvaalse o/19 span. Enkele addisionele inligting sowel as fotos hieroor kan hier na gekyk word - Ander Skoolspanne Opgedateerde historiese inligting vir elke ouderdomsgroep verskyn by die volgende skakels: - N-Tvl A & Cravenweek - Blou Bulle o/18 Akademieweek / LSEN / VKB - Blou Bulle o/17 - Blou Bulle o/16 - Blou Bulle o/15 Dit was Saterdag die 18de keer dat die twee skole se 1ste spanne teen mekaar gespeel het sedert 1997. Affies wen 16 van die wedstryde. Vir die historiese uitslae, volg hierdie skakels -Skole teen gespeel & King Edward VII School (KES). Truie oorhandiging: 1ste span afrigters Ruan Jacobs (OA 2006) & Jaco Koch 2026 is onderskeidelik Ruan se 5de en Jaco se 12de jaar as deel van die 1ste span se afrigtingspan. Die eerste wedstryd teen KES... Tydens die eerste wedstryd tussen die twee skole in 1997 in 'n koue Johannesburg, was die telling 13-elk voor die die laaste skrum sou plaasvind met speeltyd verstreke. Die skop van KES se skrumskakel word afgestorm deur die flank Nehan Deysel, die bal word opgetel deur die skrumskakel Robbie Janse van Rensburg wat dit uitgee na die loskopstut Eduard Coetzee (voormalige CEO van die Sharks). Hy hardloop ongeveer 20 meter en duik oor vir die wendrie. Die drie word verdoel en die eindfluitjie blaas - Eindtelling 20 - 13 vir Affies. 'n Video van die wendrie kan hier na gekyk word: Eindtelling: Affies 46 – 28 King Edward VII School (KES)
Puntemakers Drieë: Fourie Robberts, Kyle van Staden, Francois de Beer, Estian Marx, Joshua Gouws, Reubenne Vlok, Charl Els, Reuben Venter Doelskoppe: Reuben Smith x3 Opsomming van al die rugbywedstryde se uitslae tydens die interskole - Wedstryde gespeel: 25 Gewen: 22 (88%) Gelykop: 1 (4%) Verloor: 2 (8%) Opgedateerde inligting 1ste span seisoen tot op datum Uitslae van ander wedstryde die seisoen 2026 wedstrydprogram Volgende wedstryd: vs Maritzburg College, 25 Julie 2026 (weg) Dit was Saterdag die 49ste keer dat die twee skole se 1ste spanne teen mekaar gespeel het sedert 1923. Affies klop Grey Kollege vir slegs die 7de keer. Vir die historiese uitslae, volg hierdie skakels - Skole teen gespeel & Grey Kollege.
Truie oorhandiging: Christoff Kotze (OA 2005) Beter bekend as 'Appel', die bekende sanger & liedjieskrywer. Appel het op sy dag vir Affies se 6de span uitgedraf. Eindtelling: Affies 28 – 21 Grey Kollege Puntemakers Drieë: Dandré Brink, Fourie Robberts, Caleb Pretorius, Dehan Botha Doelskoppe: Reuben Smith x4 Opsomming van al die rugbywedstryde se uitslae tydens die interskole - Wedstryde gespeel: 29 (ook in 2014 & 2024) Gewen: 25 (86%) - rekord Verloor: 4 (14%)
Opgedateerde inligting 1ste span seisoen tot op datum Uitslae van ander wedstryde op die dag asook gedurende die week soos ontvang 2026 wedstrydprogram Affies vs Grey Kollege - Geskiedenis Affies vs Grey Kollege Tellings 1993 - 2026 (alle spanne) Truie oorhandiging:
Mnr Sakkie van der Walt 1ste span afrigter vir 'n rekord 17 jaar (371 wedstryde) 1992 - 1993 1995 - 2004 2010 - 2014
Mnr van der Walt se bydrae tot Affie-rugby se sukses oor die jare is ongeëwenaar. Dit was Saterdag die 19de keer dat die twee skole se 1ste spanne teen mekaar gespeel het sedert 1996. Affies was nog elke keer aan die wenkant. Vir die historiese uitslae, volg hierdie skakels - Skole teen gespeel & Jeppe High School for Boys. Eindtelling: Affies 78 – 10 Jeppe High School for Boys Puntemakers Drieë: Dandré Brink, Fourie Robberts x2, Strafdrie, Reuben Smith, Joshua Gouws x2, Charl Els x2, Francois de Beer, Reuben Venter, Dehan Botha Doelskoppe: Reuben Smith x8 Geluk aan die volgende spelers wat vir die eerste keer in die wittrui op die veld verskyn: Ruhan Kruger & Stephen Archibald Opsomming van al die rugbywedstryde se uitslae tydens die interskole - Wedstryde gespeel: 22 Gewen: 22 (100%) Opgedateerde inligting 1ste span seisoen tot op datum Uitslae van ander wedstryde op die dag asook gedurende die week soos ontvang 2026 wedstrydprogram Spanrekords opgedateer (wedstryd) 12 drieë gedruk - gesamentlik 11de 78 punte aangeteken - gesamentlik 11de Volgende wedstryd: vs Grey Kollege (tuis) - 16 Mei 2026 Truie oorhandiging:
Janco Uys (OA 2018) 1ste span (2017, 2018) Blou Bulle Cravenweek (2017, 2018) Senior provinsiaal - Griekwas (50+ wedstryde) Dit was die 27ste keer dat die twee skole se 1ste spanne teen mekaar gespeel het sedert 1947. Affies wen 14 van die wedstryde. Vir die historiese uitslae, volg hierdie skakels - Skole teen gespeel & Paarl Boys High School Eindtelling: Affies 40 – 37 Paarl Boys High School Puntemakers Drieë: Dandré Brink, Fourie Robberts, Luan Ferreira, Ewald van Niekerk, Estian Marx, Strafdrie Doelskoppe: Reuben Smith x4 Dit was op rekord die grootste suksesvolle terugvegpoging deur 'n Affie 1ste span. 'n 20-punte agterstand na slegs 28 minute se spel word uiteindelik uitgewis met 'n drie in die 70ste minuut deur Estian Marx wat verdoel word deur Reuben Smith. Meer details hieroor sal later in die jaar by Wit Bulle "Comebacks" bygevoeg word. Opgedateerde inligting 1ste span seisoen tot op datum Uitslae van ander wedstryde op die dag asook gedurende die week soos ontvang 2026 wedstrydprogram Volgende wedstryd: vs Jeppe Boys High School (tuis) - 9 Mei 2026 HTS Middelburg se Rooi Bulle het vierkantig in die pad gestaan van Affies en sukses in die Direkteurstrofee / Beeldtrofee kompetisie vanaf 1994 tot 1998. In 1994 se kwarteindstryd verg dit 'n 2de helfte terugvegpoging deur Deon Strydom en sy span om die Rooi Bulle uiteindelik 33 - 21 te klop. In 1995 se finaal word die louere gedeel, 24 elk. Dit nadat die vriendskaplike wedstryd vroeër in die jaar tussen die twee spanne ook gelykop geëindig het, 17 elk. 1996 se drie reg aan die einde van die wedstryd deur Ernst Blom, verseker 'n 24 - 15 oorwinning vir Affies in die finaal en sluit hierdie 1ste span die jaar onoorwonne af teen Suid-Afrikaanse skole. In die 1997 finaal met speeltyd so te sê verstreke, druk skrumskakel Robbie Janse van Rensburg die wendrie en wen Affies die wedstryd 18 - 13. Die uitslag van 1998 se semi-finaal word in ekstra tyd beslis met 'n briljante individuele drie deur die senter Werner Pieterse. Eindtelling 27 - 20 in Affies se guns. Videomateriaal van die drieë wat in die 1995, 1996, 1997 en 1998 wedstryde gedruk is verskyn hieronder. Die bekende internasionale skeidsregter, Andre Watson, het beide die 1995 en 1997 finale hanteer. Goeie herinneringe! 1995 Finaal, weg 1996 Finaal, tuis 1997 Finaal, weg 1998 Semi-finaal, weg Lees ook meer oor van hierdie wedstryde by die volgende skakels:
Wit Bulle "comebacks" en Drieë om te onthou. Truie oorhandiging:
Jack Hart (OA 2016) 1ste span (2015, 2016) SA o/20 (2018) Senior provinsiaal - Leeus & Valke Dit was Saterdag die 9de keer dat die twee skole se 1ste spanne teen mekaar gespeel het sedert 1985. Affies wen al 9 wedstryde. Vir die historiese uitslae, volg hierdie skakels - Skole teen gespeel & HS Outeniqua. Eindtelling: Affies 55 – 26 HS Outeniqua Puntemakers Drieë: Dandré Brink x3, Joshua Gouws, Luan Ferreira x2, Hannes Nagel, Ethan van Zyl, Rico du Plessis Doelskoppe: Reuben Smith x5 Geluk aan Dehan Botha wat vir die eerste keer in ‘n wedstryd vir die 1ste span op die veld verskyn het. Opgedateerde inligting 1ste span seisoen tot op datm Uitslae van ander wedstryde op die dag asook gedurende die week soos ontvang 2026 wedstrydprogram Volgende wedstryd: vs Paarl Boys High School (Wildeklawer) - 27 April 2026
JD Hattingh (OA 2024) en Hendré Schoeman (OA 2024) is ingesluit in die finale groep van 31 spelers wat Suid-Afrika by hierdie jaar se o/20 Rugbykampioenskappe sal verteenwoordig. Baie geluk en sterkte manne!
JD Hattingh (Leeus) Blou Bulle Cravenweek (2023, 2024) SA Skole 'A' span (2024) SA Skole o/18 span (2024) Hendré Schoeman (Blou Bulle) Blou Bulle o/17 7's (2022, 2023) Blou Bulle Cravenweek (2024) SA Skole 'A' span (2024) SA Skole o/18 'A' span (2024) Vir die lys van oud-Affies wat Suid-Afrika in junior nasionale spanne (o/19 - 0/23) verteenwoordig het, volg hierdie skakel - o/19 - o/23 1ste span vir Saterdag se wedstryd:
15. Reuben Venter 14. Dandré Brink (Gr11) 13. Estian Marx 12. Rico du Plessis (Gr11) 11. Joshua Gouws 10. Reuben Smith (Gr11) 9. Fourie Robberts 8. Keegan Fourie (Gr11) 7. Caleb Pretorius (Gr11) 6. Lohan Bitzer 5. Reubenne Vlok 4. Martin van Niekerk (k) 3. Hannes Nagel 2. Charl Els 1. Francois de Beer Truie oorhandiging: Mnr. Jaco Koch 1ste span afrigter sedert 2015 - 12 jaar ononderbroke. Jaco is ook vanaf 2010 betrokke by verskeie junior spanne van die Blou Bulle as assistent- en hoofafrigiter asook kondisionering. Saterdag sal sy 150ste wedstryd wees as deel van Affies se 1ste span. Baie geluk Jaco! Dit was Saterdag die 10de keer dat die twee skole se 1ste spanne teen mekaar gespeel het sedert 1993. Van die 10 wedstryde was Affies 7 keer aan die wenkant. Vir die historiese uitslae, volg hierdie skakels - Skole teen gespeel & Garsfontein. Eindtelling: Affies 34 – 38 Garsfontein Puntemakers Drieë: Fourie Robberts; Joshua Gouws x3; Charl Els x2 Doelskoppe: Reuben Venter x2 Opsomming van al die rugbywedstryde se uitslae tydens die interskole - Wedstryde gespeel: 17 Gewen: 15 (88.2%) Verloor: 2 (11.8%) Opgedateerde inligting 1ste span seisoen tot op datm Uitslae van ander wedstryde op die dag asook gedurende die week soos ontvang 2026 wedstrydprogram Volgende wedstryd: vs HS Outeniqua (Wildeklawer) - 25 April 2026 Truie oorhandiging:
Dr. Pierre Edwards (OA 1970) 1ste rugbyspan - 1970 Noord-Transvaal Curriebeker - 1977 tot 1984 SA Universiteite - 1979 Springbok - 1980 Dr. Edwards is 'n lewende legende van Affies - 'n oud-Affie (1970), onderwyser (vanaf 1979) en later hoof van die skool (1992 tot 2018). Sy bydrae tot die sukses en volhoubaarheid van die skool is van onskatbare waarde. Daar is net een Dok Edwards. Dit was Saterdag die 24ste keer dat die twee skole se 1ste spanne teen mekaar gespeel sedert 1967. Van die 24 wedstryde tot op datum was Affies 7 keer aan die wenkant en 3 wedstryde eindig gelykop. Vir die historiese uitslae, volg hierdie skakels -Skole teen gespeel & Paarl Gimnasium. Eindtelling: Affies 24 – 51 Paarl Gimnasium Puntemakers Drieë: Dandré Brink; Fourie Robberts; Estian Marx x2 Doelskoppe: Reuben Venter x2 Geluk aan Keegan Fourie wat vir die eerste keer in ‘n wedstryd vir die 1ste span op die veld verskyn het. Opsomming van al die rugbywedstryde se uitslae tydens die interskole - Wedstryde gespeel: 24 Gewen: 16 (66.7%) Gelykop: 1 (4.2%) Verloor: 7 (29.1%) Opgedateerde inligting 1ste span seisoen tot op datm Uitslae van ander wedstryde op die dag 2026 wedstrydprogram Volgende wedstryd: vs HS Garsfontein (weg) - 18 April 2026 Truie oorhandiging:
Ruben Pienaar (OA 2024) 1ste rugbyspan (2023, 2024) Blou Bulle Cravenweek (2024) 8 ste op die lys van meeste punte aangeteken in die Wittrui 15de op die lys van meeste punte aangeteken in 'n seisoen vir die 1ste span Verskyn 3 keer op die lys van meeste punte in 'n wedstryd vir die 1ste span Eindtelling: Affies 66 - 19 Grey High School Puntemakers Drieë: Strafdrie; Dandré Brink x2; Joshua Gouws x3; Juan Ferreira; Charl Els; Janno Geyser; Ewald van Niekerk Doelskoppe: Reuben Venter x7 Dit was op rekord die 5de keer dat die twee skole se 1ste spanne teen mekaar gespeel het sedert 1964. Affies was 4 keer aan die wenkant. Vir die historiese uitslae, volg hierdie skakels - Skole teen gespeel & Grey High School Geluk aan Ruan Nagel wat vir die eerste keer in ‘n wedstryd vir die 1ste span op die veld verskyn het. Opgedateerde inligting 1ste span seisoen tot op datm Uitslae van ander wedstryde tot op datum soos ontvang 2026 wedstrydprogram Volgende wedstryd: vs Paarl Gimnasium (tuis) – 11 April 2026 Truie oorhandiging:
1ste span afrigters 2026 Eindtelling: Affies 27 - 29 Michaelhouse Puntemakers Drieë: Dandré Brink; Fourie Robberts x2; Charl Els; Caleb Pretorius Doelskoppe: Reuben Smith x1 Dit was op rekord slegs die 4de keer dat die twee skole se 1ste spanne teen mekaar gespeel het sedert 1995. Affies was 2 keer aan die wenkant. Vir die historiese uitslae, volg hierdie skakels - Skole teen gespeel & Tellings teen Michaelhouse Geluk aan die volgende spelers wat vir die eerste keer in ‘n wedstryd vir die 1ste span op die veld verskyn het: - Alexander Muller - Rossouw Scheepers - Ethan van Zyl - Ewald van Niekerk Opgedateerde inligting 1ste span seisoen tot op datm Uitslae van ander wedstryde tot op datum soos ontvang 2026 wedstrydprogram Volgende wedstryd: vs Grey High School (Pretoria Boys High festival) – 6 April 2026 Truie oorhandiging:
Ruben Groenewald (OA 2025) 1ste rugbyspan (2024, 2025) Blou Bulle Cravenweek (2025, kaptein) SA Skole & SA o/18 rugbyspanne (2025) 1ste span rugby- en krieketkaptein (2025) 15de op die lys van meeste punte aangeteken in 'n seisoen vir die 1ste span Eindtelling: Affies 24 - 13 Hoërskool Durbanville Puntemakers Drieë: Dandré Brink; Reubenne Vlok x2; Joshua Gouws Doelskoppe: Reuben Smith x2 Dit was op rekord slegs die 2de keer dat die twee skole se 1ste spanne teen mekaar gespeel het sedert 2022. Affies was beide kere aan die wenkant. Vir die historiese uitslae, volg hierdie skakels - Skole teen gespeel & Tellings teen Hoërskool Durbanville Geluk aan die volgende spelers wat vir die eerste keer in ‘n wedstryd vir die 1ste span op die veld verskyn het: - Hendré Ehlers - Morne Bisset - Johan Smith Opgedateerde inligting 1ste span seisoen tot op datm Uitslae van ander wedstryde gedurende die week wat verby is 2026 wedstrydprogram Volgende wedstryd: vs Michaelhouse (Pretoria Boys High festival) – 4 April 2026 Die Francois Swart o/15 Rugbyweek skop vandag af met die eerste wedstryd wat reeds 11:00 vanoggend begin. Dit sal vanjaar die 21ste keer wees dat Affies die week aanbied. 48 verskillende skole het oor die jare aan die week deelgeneem. TOEGANG IS GRATIS. Vir die week se bepalings en enkele addisionele inligting, klik hier Francois Swart 0/15 Rugbyweek Dit was op rekord die 7de keer dat die twee skole se 1ste spanne teen mekaar gespeel het sedert 1991. Affies was 6 keer aan die wenkant. Vir die historiese uitslae, volg hierdie skakels - Skole teen gespeel & Tellings teen Oakdale
Truie oorhandiging: Nicolaas Janse van Rensburg (OA 2012) 1ste span speler (2011 & 2012) Springbok (2021) Nicolaas sal vir die res van die seisoen die 1ste en 2de spanne bystaan in 'n tegniese hoedanigheid. Ons wens hom sterkte toe en glo dat hy 'n groot bydrae sal maak tot die sukses van beide spanne asook die ontwikkeling van die spelers waarmee hy gaan werk. Vir ‘n opsomming van Nicolaas se rugbyloopbaan asook ‘n staaltjie oor sy noemnaam, volg gerus die skakel Nicolaas Janse van Rensburg. Eindtelling: Affies 28 - 17 Hoër Landbouskool Oakdale Puntemakers Drieë: Francois de Beer; Kyle van Staden; Estian Marx; Juan Ferreira Doelskoppe: Reuben Smith x4 Opgedateerde inligting 1ste span seisoen tot op datm Uitslae van ander wedstryde gedurende die week wat verby is 2026 wedstrydprogram Volgende wedstryd: vs Hoërskool Durbanville (tuis) - 31 Maart 2026 Dit was op rekord die 26ste keer dat die twee skole se 1ste spanne teen mekaar gespeel het sedert 1946. Affies was 11 kere aan die wenkant en 2 wedstryde eindig gelykop. Vir die historiese uitslae, volg hierdie skakel - Skole teen gespeel & Tellings teen Paul Roos Gimnasium
Truie oorhandiging: Naudé Lourens, hoofseun (2023) & 1ste span speler (2023) Eindtelling: Affies 28 – 43 Paul Roos Gimnasium Puntemakers Drieë: Joshua Gouws x2 ; Dandré Brink; Martin van Niekerk Doelskoppe: Reuben Smith x1 Opsomming van al die rugbywedstryde se uitslae tydens die interskole - Wedstryde gespeel: 31 Gewen: 19 (61.3%) Gelykop: 2 (6.4%) Verloor:10 (32.3%) Opgedateerde inligting 1ste span seisoen tot op datm Uitslae van ander wedstryde op die dag asook gedurende die week wat verby is 2026 wedstrydprogram Volgende wedstryd: vs Hoër Landbouskool Oakdale (tuis) - 28 Maart 2026 |
