AFFIES RUGBY
  • Tuis
  • Agtergrond
  • Blog
  • Seisoen
    • 2022 >
      • 2022 1e Span Seisoen
      • 2022 Ander Spanne UItslae
      • Wedstrydprogram
      • Afrigters
    • 2021 >
      • 2021 1e Span Seisoen
      • 2021 Ander Spanne Uitslae
      • Wedstrydprogram
      • Afrigters
    • 2020 >
      • 2020 1e Span Seisoen Statistiek
      • 2020 Ander Spanne Uitslae
      • Wedstryd Program
      • Oefentye
    • 2019 >
      • 2019 1e Span Seisoen Statistiek
      • 2019 Ander Spanne Uitslae
      • 2019 Wedstryd Program
      • 2019 Afrigters
      • 2019 Oefentye
    • 2018 >
      • 2018 1e Span Wedstryd Statistiek
      • 2018 Ander Spanne Uitslae
      • 2018 Bepalings
      • AHS Afrigters 2018
    • 2017 >
      • 2017 Bepalings
      • 2017 1e Span Wedstryd Statistiek
      • 2017 Ander Spanne Uitslae
      • 2017 Velde en Oefentye
    • 2016 >
      • 2016 Bepalings
      • 2016 1e Span Wedstryd Statistiek
      • 2016 Ander Spanne Uitslae
    • 2015 >
      • 2015 1e Span Wedstryd Statistiek
      • 2015 Ander Spanne Uitslae
    • 2014 >
      • 2014 1e Span Wedstryd Statistiek
      • 2014 Ander Spanne Uitslae
    • 2013 >
      • 2013 1e Span Wedstryd Statistiek
      • 2013 Ander Spanne Uitslae
  • Geskiedenis
    • Het Jy Geweet?
    • Geskiedenis Eerste Span Kleredrag
    • Simbool van die Wit AHS - rugbytrui
    • Toere & Toernooie
    • Francois Swart 0/15 Toernooi
    • Wit Bulle " Comebacks"
    • Affies Skepskop Spesialiste
    • Driee om te Onthou
    • Tradisies
    • Koshuis vs Dorp
    • Affie Rugby en Covid - 19
    • Opsomming per Jaar >
      • 1921 - 1929
      • 1930 - 1939
      • 1940 - 1949
      • 1950 - 1959
      • 1960 - 1969
      • 1970 - 1979
      • 1980 - 1989
      • 1990 - 1999
      • 2000 - 2009
      • 2010 - 2019
      • 2020 - 2029
  • Eerste Span Spelers
    • Alfabetiese Lys 1921 tot op Datum
    • Broers
    • Pa en Seun
    • Oupa, Seun en Kleinseun
    • Oupa en Kleinseun
    • 50 Wedstryde +
    • 3 Jaar +
  • Skole Spanne Verteenwoordig
    • Nasionaal
    • SARU EPD Program
    • N.Tvl & Blou Bulle
    • N.Tvl & BB Ontwikkeling/Akademie/o/19/LSEN
    • BB Skole Sewes
    • NTvl/BB o/17 Akademie
    • BB o/16 Ontwikkeling/Grant Khomo Spanne
    • Ander Skool Spanne
  • Skole teen Gespeel
    • Skole teen Gespeel - Alfabeties
    • Opsomming van Wedstryde Gespeel
    • Wedstryd Tellings per Jaar >
      • Affies vs PBHS Geskiedenis
      • AHS VS PBHS Tellings 1988 - 2019
      • Affies vs Grey College - Geskiedenis
      • Affies vs Grey Tellings 1993 - 2022
      • A,B,C
      • D,E,F
      • G & H
      • J,K,L
      • M,N,O
      • P,Q,R
      • S,T,V
      • W & Z
  • Admin/Direkteurs/Beeld en Versekerbeker
    • Geskiedenis en Statistiek
    • Eerste Span Finale
    • 0/14, 0/15 & 0/16 Span Finale
  • N. Tvl en BB Finale + Super 12 &16
    • Eerste Span
    • 0/14, 0/15 en 0/16 Spanne
    • Super 12 & 16
  • Algemeen
    • Eerste Span Kapteins
    • Eerste Span Afrigters
    • Rugby Speler van die Jaar
    • Ondersteuning Groep
    • Eerste Rugby & Krieketspan Verteenwoordig
    • Ranglyste
    • Onderwysers Afrigters & Administrateurs
    • Algemene Punte Statistiek >
      • Wedstryd
      • Seisoen
      • Wittrui
  • Oud Affies
    • Nasionale Spanne >
      • Springbok Spelers
      • Ander Internasionale Spelers
      • Junior Springbokke, SA "A", SA xv
      • Suid Afrika – o/19, o/20, o/21 & o/23
      • Ander SA Spanne
    • Provinsiale Spanne >
      • N. Tvl & Blou Bulle
      • Ander Provinsiale Spanne
    • Superugby en Pro 14
    • Speel Oorsee
    • Toekennings
    • Administrateurs, Afrigters, Skeidsregters, Spandokters >
      • Administrateurs
      • Afrigters
      • Skeidsregters
      • Spandokters
    • Oud Affies Speel Provinsiaal + >
      • 2022
      • 2021
      • 2020
      • 2019
      • 2018
      • 2017
      • 2016
      • 2015
      • 2014
      • 2013
      • 2012
      • 2011
      • 2010
      • 2009
      • 2008
      • 2007
      • 2006
      • 2005
  • Foto Gallery
  • Bibliografie
E-mail Address

OUD AFFIE REINHARDT LUDWIG - RUGBY CV

6/21/2022

0 Comments

 
Geluk met jou inlsuiting in die SA o20 span wat gaan deel neem aan die Ses Nasies o20 reeks in Italië
Picture
0 Comments

WIT BULLE VS MENLOPARK -  GESKIEDENIS/WEDSTRYD/STATISTIEK

6/4/2022

0 Comments

 
AGTERGROND

Die twee skole speel reeds sedert 1965 teen mekaar. Naas Boys High is Menlo die skool in Pretoria wat Affies die langste 'n verbintenis mee het in jare. Die 3e meeste aantal wedstryde teen mekaar gespeel naas Boys High(116) en Waterkloof(44)

Ek het in 2014 oor die moontlikheid van 'n wedstryd teen mekaar geskryf met meer historiese inligting hoekom daar nie teen mekaar gespeel is, ens. tot 2014. Lees meer hier - https://www.affiesrugby.co.za/blog/menlopark-15maart-2014

Dit was die 39ste keer wat die twee skole teen mekaar speel sedert 1965. Vir die 1e span tellings per jaar kyk hier.

Daar is 9 wedstryde gespeel met Affies wat al 9 wen. Vir die detail tellings kyk hier..

BEGIN SPAN 
15.Migael de Lange

14.Gustav Maritz
13.Tiaan de Wet
12.Heinrich Horn
11.Risima Sambo
10.Stehan Heyman (K)
  9.Rovan Shahia
  8.Dieter Schubert
  7.Beyers Roos
  6.Ewan v Heerden
  5.Andreas Burger
  4.Erich Jooste
  3.Zack Maritz
  2.Hanro Venter
  1.Steyn Truter

BESERINGS
  • CF Delport, Luchan Mouton (Res van seisoen)
​
RESERWES GEBRUIK:
  • JL van Rensburg (15), Stephan Brits (9) en  Anton Grotius( 4). 

​WEDSTRYD

'n Wedstryd wat nie lank onthou sal word nie maar met Affie Guts het die Wit Bulle die wa deur die drif getrek.

Halftyd is die telling 0 - 6 in Menlopark se guns en die gevaar tekens flikker!!

In die 9e minuut van die 2e helfte druk Hanro Venter 'n drie, Stehan verdoel dit en loop die Wit Bulle voor na 39 minute se speeltyd verby is.Tellin 7 - 6.

​Dit was spreekwoordelik van die eenkant na die anderkant van die veld met Menlo wat met 'n 2e strafskop in die wedstryd  nie slaag nie. Met ongeveer 15 minute oor en die telling steeds 7 - 6 in Affies se guns werk die "streaming" nie tot en met die einde van die wedstryd.

Met 'n geelkaart en Risima wat moet gaan skrumskakel speel, speel die Bulle met 14 man vir die laaste gedeelte van die wedstryd. Die Wit Bulle druk twee driee naby die einde en wen 21 - 6.


Stiaan Heymans behaal weer 'n voltal met sy skoppe pale toe deur met 3 uit 3 van sy doelskoppe te slaag.

Dit was die laaste wedstryd vir die Graad 12's op 'n Affie rugbyveld. My vriend Kobus Pieters se woorde " Ek vat altyd 'n wen voor 'n verloor" sal maak dat hulle hierdie laaste wedstryd nooit sal vergeet nie!!! 

Soos Oom Boy Louw gese het "Looks at the scoreboard" !!


PUNTE:
AHS: 21(0)

Driee:Tiaan de Wet, Hanro Venter 2x.

Skoppe: Stehan Heymans 3 x doelskoppe
MENLOPARK: 6(6)

​1e Span seisoen opsomming kyk hier!
0 Comments

AFFIES SKEPSKOP SPESIALISTE

6/1/2022

 
Vir meer oor Johan Geringer en Pierre Potgieter lees hier.

WIT BULLE VS JEPPE -  GESKIEDENIS/WEDSTRYD/STATISTIEK

5/29/2022

 
​AGTERGROND

Dit was die 15e keer wat die twee skole teen mekaar speel sedert 1996. Vir die 1e span tellings per jaar kyk hier.

Daar is 18 wedstryde gespeel met Affies wat al 18 wen. Vir die detail tellings kyk hier..

BEGIN SPAN 
15.Migael de Lange

14.Gustav Maritz
13.Tiaan de Wet
12.Heinrich Horn
11.Karel vd Westhuizen
10.Stehan Heyman (K)
  9.Stephan Brits
  8.Dieter Schubert
  7.Beyers Roos
  6.Ewan v Heerden
  5.Andreas Burger
  4.Anton Grotius
  3.Zack Maritz
  2.Hanro Venter
  1.Steyn Truter

BESERINGS
  • JL v Rensburg - 15.
​
RESERWES GEBRUIK:
  • Abel Pretorius, Erich Jooste, Mikail Kholer, Risima Sambo en FC v Rooyen. 

​WEDSTRYD
'n Wedstryd met geen voorspeler wat 'n drie druk .Na 12 minute druk Tiaan de Wet (no 13) sy eerste van 3 driee. Die Wit Bulle druk nog 'n drie en is halftyd 14 - 3 voor.

eppe slaag daarin om vir groot gedeeltes van die 2e helfte bal besit te behou. Nie-teenstaande druk Tiaan  nog 2 driee waarvan een 'n laaaang een was. Skrum amper op die Bulle se doellyn, Affies kry die bal met Heinrich Horn war deur die verdediging sny en na Tiaan laat loop wat amper van die halflyn af haakskene wys vir die Jeppe snellers. Hy druk 'n drie om te onthou in die hoek net voor die Appelkas.

Tiaan Heymans het 'n voltal met sy skoppe pale toe deur met 5 uit 5 van sy doelskoppe te slaag. Wat weer opvallend vir my was is die doodse stilte wat daar was wanneer die skoppers aangele het pale toe!!.


Die Wit Bulle stap van die velde met 'n welverdiende oorwinning van 35 - 17.

​Vir hoogtepunte van die wedstryd kliek op die volgende skakel. www.youtube.com/watch?v=30PoS7sI9Eg

PUNTE:
AHS: 35(14)

Driee:Tiaan de Wet x3 en Migael de Lange x2 .

Skoppe: Stehan Heymans 5 x doelskoppe
JEPPE
: 17(3)

​1e Span seisoen opsomming kyk hier!

WIT BULLE VS GREY COLLEGE 2022 - GESKIEDENIS/WEDSTRYD/STATISTIEK

5/22/2022

 
​AGTERGROND

Dit was die 45ste keer wat die twee skole teen mekaar speel sedert 1923. Vir die 1e span tellings per jaar kyk hier.

Daar is 27 wedstryde gespeel. Affies wen 18, Grey C 8 en 1 wedstryd is gelykop.
  • Affies se 70% onoorwonne op die dag is die 2e beste sedert 1998 toe dit 74% was. 
  • Die totale aantal punte aangeteken deur die Affie spanne is 840. Die meeste ooit op die Derby dag. Grey C het 695 in punte in 2013 aangeteken.
  • Die punte verskil van 19.5 is die grootste nog sedert 1995 se 19.0 in Grey C se guns.
  • Dit is die 1e keer sedert 1998 dat Affies meer wedstryde wen as verloor in al vier die groeperings nl o/14/15/16 en oop spanne. 
  • Vir die statistiek sedert 1993 van alle wedstryde gespeel op die dag, kyk hier.

Vir 'n kort opsomming van die geskiedenis sedert 1923 lees hier.

BEGIN SPAN 
15.Migael de Lange

14.Gustav Maritz
13.Tiaan de Wet
12.Heinrich Horn
11.Stephan Brits
10.Stehan Heyman (K)
  9.Armand Shahia
  8.Dieter Schubert
  7.Beyers Roos
  6.Anton Grotius
  5.Andreas Burger
  4.Erich Jooste
  3.Zack Maritz
  2.Hanro Venter
  1.Steyn Truter

BESERINGS
  • JL v Rensburg.
  • Risima Sambo het Saterdag 20 min vir die Tiere gespeel.
  • Armand Shahia?
​
RESERWES GEBRUIK:
  • Abel Pretorius, CF Delport, Erich Jooste, en Karel vd Westhuizen.

​WEDSTRYD

Na 10 minute spel en 'n geelkaart vir Affies is die telling 0 - 10 in Grey se guns. Die Wit Bulle antwoord met 'n onverdoelde drie en na 20 min is die telling 5 - 10 in Grey se guns. Voor haftyd druk Grey nog 3 driee en is dit 5 - 27 in die guns van Grey met halftyd.
Was hier nog 'n "comeback" oppad??Met drie driee vir die Wit Bulle na halftyd en 'n strafskop vir Grey is die telling 24 - 29 in Grey se guns. By gese Grey het eers een en op 'n stadium 2 geelkaarte gehad!

Tenspyte van al die Affie Guts wat weer deur gekom het was dit nie die Wit Bulle beskore om die een deur te trek nie. Met nog twee verdoelde driee is die eindtelling    24 - 43 in Grey se guns. Dit is nie die grootste punte verskil nie en ook nie die meeste punte aangeteken in 'n Affie/Grey wedstryd nie..

Geluk aan Grey se 1e span wat op die dag die beter span was!

PUNTE:
AHS: 24(5)

Driee: Hanro Venter 2x, Tiaan de Wet en Heinrich Horn.

Skoppe: Stehan Heymans 2 x doelskoppe.
GREY COLLEGE: 43(27)

​1e Span seisoen opsomming kyk hier!
Wit Bulle, Oud Affies en Leerlinge
na afloop van die wedstryd teen Grey College
Picture

AFFIES vs GREY COLLEGE 1923 - 2019

5/16/2022

 
Geskiedenis opsomming en skakels na 1e span tellings(1923 - 2019) en ander spanne tellings (1993 - 2019).

Lees meer hier.

WITBULLE "COMEBACKS"

5/16/2022

 
Met die uitslag van die wedstryd op 23 April 2022 tussen Affies en Paarl Gimnasium word die vraag gevra. Was dit die grootste “comeback” van ‘n Affie 1e span van alle tye?

Lees meer daaroor hier!
​

WIT BULLE VS  - KING EDWARD VII SCHOOL WEDSTRYD/STATISTIEK/GESKIEDENIS

5/14/2022

 
AGTERGROND

Dit was die 14e keer wat die twee skole teen mekaar speel sedert 1997.
​
​Affies wen 12 en KES 2 keer..Vir details van tellings kyk hier.

Affies het al 20 wedstryde wat vandag teen KES gespeel is gewen. Vir tellings van ander spanne wat vandag gespeel het kyk hier!

Dit is nie eerste keer wat Affies al die wedstryde wen nie. In 2002, 2012 en 2018 wen Affies ook al die wedstryde

BEGIN SPAN 
15.MIGAEL DE LANGE

14.STEPHAN BRITS
13.TIAAN DE WET
12.HEINRICH HORN
11.MARX NEL
10.STEHAN HEYMANS (K)
  9.ARMAND SHAHIA
  8.DIETER SCHUBERT
  7.BEYERS ROOS
  6.EWAN VAN HEERDEN
  5.ANDREAS BURGER
  4.ERICH JOOSTE
  3.ZACK MARITZ
  2.HANRO VENTER
  1.STEYN TRUTER 

BESERINGS
  • Risima Sambo, JL v Rensburg. 
​
RESERWES GEBRUIK:
  • Abel Pretorius, CF Delport, Anton Grotius en Gustav Maritz.

​WEDSTRYD

Na 10 minute is KES met twee strafskoppe 0/6 voor. Die Witbulle antwoord met 'n drie in die 20ste minuut wat nie verdoel word nie en KES is steeds voor, telling 5/6. Voor die ondersteuners hulle oe uitvee druk KES 'n drie onder die pale in die 24ste minuut en loop voor 5/13 wat ook die halftyd telling is.

Die spel beweeg heen en weer in die tweede helfte maar geen punte.word aangeteken voor die 48ste minuut toe Hanro sy 2e drie druk, Stehan verdoel dit en die Wit Bulle is nog steeds agter 12/13. In die 52ste minuut mis Affies 'n strafskop voor die pale.

In die 66ste minuut druk Gustav Maritz net regs van die pale na 'n agterlyn beweging. Dit word verdoel en die Wit Bulle loop vir die eeste keer voor in die wedstryd 19/13.

Menige Affie ondersteuner het naels gekou in die laaste paar minute van die wedstryd maar heelllaas trek  die Wit Bulle die wa deur die drif en wen 19/13!

'n Wedstryd wat nie lank onthou sal word nie!

Sterkte aan die spelers en afrigters met die groot een volgende Saterdag!


PUNTE:
AHS: 19(5)

Driee: Hanro Venter 2x, Gustav Maritz.
.
Skoppe: Stehan Heymans 2 x doelskoppe.
KES: 13(13}

​1e Span seisoen opsomming kyk hier!

WIT BULLE VS GLENWOOD - WEDSTRYD/STATISTIEK/GESKIEDENIS

5/2/2022

 
AGTERGROND

Dit was die 12e keer wat die twee skole teen mekaar speel sedert 2007
​
​Affies wen 8 en Glenwood 4 keer..Vir details van tellings kyk hier.

SPAN 2 MEI 2022
15.MIGAEL DE LANGE

14.STEPHAN BRITS
13.TIAAN DE WET
12.HEINRICH HORN
11.KAREL VAN DER WESTHUIZEN
10.STEHAN HEYMANS (K)
  9.ARMAND SHAHIA
  8.DIETER SCHUBERT
  7.CF DELPORT
  6.EWAN VAN HEERDEN
  5.ANDREAS BURGER
  4.ERICH JOOSTE
  3.ZACK MARITZ
  2.HANRO VENTER
  1.STEYN TRUTER 
  • Karel vd Westhuizen is vir die eerste keer in die beginspan na sy debuut teen Oakdale as reserwe.
BESERINGS
  • Risima Sambo, Gustav Maritz, JL v Rensburg en Anton Grotius.
​
RESERWES GEBRUIK:
  • Abel Pretorius, Ivandre v Wyk, Mikail Kohler, Luchan Mouton, Beyers Roos, FC van Rooyen, Marx Nel en Dian du Toit
  • Geluk aan FC van Rooyen wat vir die eerste keer die Wittrui aantrek.

​WEDSTRYD

Die eerste paar minute van die eerste helfte het dit gelyk of die Witbulle sukkel om ritme te kry? Maar toe hulle lostrek was daar 'n paar teksboek driee deur die agterspelers.

In die 2e helfte het dit gelyk of hulle die voet van die petrol afgehaal het maar nogtans goed genoeg  met nog twee driee teenoor Glenwood se een.

Stehan Heymans se skopvoet was in die kol en met al sy skoppe pale toe geslaag plus 'n drie gedruk vir 'n totaal van 19 punte.

Geluk aan Dieter Schubert wat weer aangewys is as die speler van die wedstryd!!

Dit is die eerste keer sedert 2013 dat die 1e span al  twee wedstryde  by Wildeklawer wen.

PUNTE:

AHS: 49(35)

Driee: Dieter Schubert 2
x, Karel vd Westhuizen 2x, Stehan Heymans, Armand Shahia en Zack Maritz.
Skoppe: Stehan Heymans 7 x doelskoppe.
GLENWOOD: 14(7)

​1e Span seisoen opsomming kyk hier!


Die A spanne wat vandag teen  Glenwood gespeel het se uitslae is as volg:
14A Wen 45 - 0
15A Wen 45 - 7
16A Wen 26 - 0

Tellings van ander spanne tot op datum kyk hier!

AFFIES VS OAKDALE  - AGTERGROND DIE WEDSTRYD EN STATISTIEK

4/29/2022

 
AGTERGROND

Dit was die 4e keer wat die twee skole teen mekaar speel sedert 1991 toe die Wit Bulle in die Kaap getoer het.

​
​Affies wen 3 en  Oakdale 1.Vir details van tellings kyk hier.


AFFIES SPAN 29 APRIL 2022
15.MIGAEL DE LANGE

14.STEPHAN BRITS
13.TIAAN DE WET
12.HEINRICH HORN
11.MARX NEL
10.STEHAN HEYMANS (K)
  9.ARMAND SHAHIA
  8.BEYERS ROOS
  7.DIETER SCHUBERT
  6.EWAN VAN HEERDEN
  5.ANDREAS BURGER
  4.ERICH JOOSTE
  3.ZACK MARITZ
  2.HANRO VENTER
  1.STEYN TRUTER 

BESERINGS
  • Risima Sambo, Gustav Maritz, JL v Rensburg en Anton Grotius is nog steeds beseer

​RESERWES GEBRUIK:
  • CF Delport, Abel Pretorius, Ivandre v Wyk, Karel van der Westhuizen, Mikail Kohler, en Luchan Mouton.
  • Geluk aan Karel en Ivandre wat vir die eerste keer die Wittrui aantrek!!! 

​WEDSTRYD
Na die wen verlede naweek teen Paarl Gim is daar bespiegel op sosiale media dat Affies "overrated" is. Die telling vandag teen Oakdale het 'n paar rugby kenners met 'n bloedneus gelaat!!

Dit was duidelik van die begin van die wedstryd dat ten spyte van die wind die Wit Bulle nie van plan was om hierdie een te verloor nie en was hulle nie vir een oomblik van die wedstryd agter gewees wat die telling aan betref nie.

Affies het die wind wat gepla het baie meer doeltreffend gebruik as Oakdale. Met die wind van agter kon Oakdale nie een keer punte aanteken in die 2e helfte nie. Affies se verdediging was rotsvas. 'n Paar Affie driee het nie gerialiseer in die 2e helfte nie.

Met 'n stewige voorsprong het Affies amper al die reserwes 'n kans gegee in die 2e helfte. Baie geluk aan Dieter Schubert wat aangewys is as die speler van die wedstryd.

Aan die 15 spelers en reserwes baie geluk met die oorwinning, julle het Affies se naam hoog gehou! Sien uit na Maandag se wedstryd teen Glenwood.

PUNTE:

AHS: 25(20)

Driee: Hanro Venter 2
x , Marx Nel 1x.
Skoppe: Stehan Heymans 2 x doelskoppe en 2 x strafskoppe

OAKDALE: 7(7)

​1e Span seisoen opsomming kyk hier!


Die A spanne wat ook vandag teen Oakdale gespeel het se uitslae is as volg:
14A Wen 31 - 0
15A Wen 31 - 3
16A Wen 33 - 0

Tellings van ander spanne tot op datum kyk hier!

AFFIES vs PAARL GIMNASIUM - WAT 'N "COMEBACK"?

4/23/2022

 
AGTERGROND

Dit was die 20ste  keer wat die twee skole teen mekaar gespeel sedert 1967
​Affies wen  7, PG 11 en 2 gelykop. Details van tellings kyk hier.

In die 60's, 70's en 80's is daar teen mekaar gespeel met rugbytoere in skoolvakansies (8 keer). Die Kaap en die Transvaal se skoolvakansies het nie oorvleuel nie buiten die einde van die jaar se Desember vakansie. Daarna volg Paasnaweek toernooie (5 keer) en later ook Wildeklawer.(3 keer).

Dit is die 4e keer dat die 2 skole teen mekaar speel op 'n tuis en weg basis sedert 2017.
  8 Spanne 2017 by PGim
19 Spanne 2018 by Affies
23 Spanne 2019 by PGim
18 Spanne 2022 by Affies


AFFIES SPAN 23 APRIL 2022
15.MIGAEL DE LANGE

14.STEPHAN BRITS
13.TIAAN DE WET
12.HEINRICH HORN
11.MARX NEL
10.STEHAN HEYMANS (K)
  9.ARMAND SHAHIA
  8.BEYERS ROOS
  7.DIETER SCHUBERT
  6.EWAN VAN HEERDEN
  5.ANDREAS BURGER
  4.ERICH JOOSTE
  3.ZACK MARITZ
  2.HANRO VENTER
  1.LUCHAN MOUTON 

BESERINGS
  • Risima Sambo, Gustav Maritz, JL v Rensburg en Anton Grotius

​RESERWES GEBRUIK:
Steyn Truter vir no 1, Abel Pretorius vir no 6 rn CF Delport vir no 8.

​WEDSTRYD

Ek begin met waarmee ek verlede week se skrywe afgesluit het. Daar wag 'n grote volgende Saterdag. Soos met die Noord/Suid teen PRG was die pawiljoene gepak van ondersteuners. Die Oud Affies agter die Noordelike pale was weer 'n paar rye diep!!!

Ja, en was dit nie 'n grote? Met Affies wat eerste bloedruik en met 3-0 voorloop na 'n strafskop laat PGim nie op hulle wag nie en met halftyd is dit PGim wat voorloop 10 - 19.

Met PGim wat in die 42 min. weer 'n drie druk en voorloop met 10 - 26 het menige Affie ondersteuner seker gevoel dat die wal dalk kan breek. Affies antwoord met twee driee in die 54 en 58 min. wat die telling 22 - 26 maak in PGim se guns.

Dit word duidelik dat Affies PGim op die agtervoet het  en in die 62 min. druk Zack Maritz so te se langs die pale. Die vervyfskop  is oor en  Affies is voor met 29 - 26.

Die laaste 8 min. was senutergend met PGim wat alles probeer om die wedstryd te wen. Gelykop was nie goed genoeg vir PGim nie. Met baie min speeltyd oor word 'n strafskop pale toe van die hand gewys en eerder uitgeskop vir 'n moontlike drie.

PGim was in die laaste sekondes van die wedstryd twee keer so te se oor Affies se doellyn maar die skeidregter beslis dat die bal die laaste keer opgehou is en blaas die eindfluitjie.

Nodeloos om te se dat pandenomium uitgebreek het! Al wat Affie leerling en Oud Affie storm op die veld om die 18 Wit Bulle wat gespeel het se hande hoog te hou!!!

Hanro Venter behaal 'n driekuns van driee en is ook dan die Speler van die Wedstryd.

Een van die grootste "comebacks" deur Affies se 1e span wat vir jare onthou sal word!!(Sien nota onderaan skrywe)

Affie Guts het weer gewys!! Ek haal 'n oud onderwyser (Poerie van Rooyen) van Affies aan "Jy het nie gewen teen Affies voor jy in die stort staan nie"!

As ondertseuners van Affie rugby salueer ons die Afrigters en Spelers van 2022!! Die telbord vertel die storie. AFFIES - 29 PAARL GIMNASIUM - 26

Dankie aan die spelers en afrigters van PGim en Affies vir 'n wonderlike dag. Rugby van hoogstaande gehalte is vandag gespeel in 18 wedstryde waar elke speler sy alles geggee het vir sy span en sy skool!!  


PUNTE:

AHS: 29(10)

Driee: Hanro Venter 
3x , Zack Maritz 1x.
Skoppe: Stehan Heymans 3 x doelskoppe en 1x strafskop

PAARL GIMNASIUM: 26(19)

​1e Span seisoen opsomming kyk hier!

Tellings van ander spanne kyk hier!

AFFIE "COMEBACKS"

Sodra ek dit nagevors het, sal ek die wedstryde met elkeen se unieke storie op skrif stel en publiseer op die Affie Rugby Webwerf.

Ek het 'n kortlys van ongeveer 3 of 4 wedstryde buiten vandag se wedstryd teen Paarl Gim. Indien jy weet van 'n wedstryd wat vergelykbaar is laat my weet asseblief. My kontak details is op die Tuisblad van die webwerf.

AFFIES vs BOLAND LANBOU GESKIEDENIS/WEDSTRYD

4/18/2022

 
AGTERGROND

Dit was die 6e keer wat die twee skole teen mekaar speel sedert 2000.
​Affies wen 5 keer en Boland Landbou 1 keer in 2003. Vir details van vorige jare se tellings kyk hier.

Dit was die 9e keer wat Affies deelneem aan die St Johns Festival. Details van Toere en Toernooie sedert 1952 kyk hier.

AFFIES SPAN
15. MIGAEL DE LANGE

14. STEPHAN BRITS
13. TIAAN DE WET
12. HEINRICH HORN
11. MARX NEL
10. STEHAN HEYMANS (K)
  9. ARMAND SHAHIA
  8. BEYERS ROOS
  7. DIETER SCHUBERT
  6. EWAN VAN HEERDEN
  5. ANDREAS BURGER
  4. ANTON GROTIUS
  3. ZACK MARITZ
  2. HANRO VENTER
  1. LUCHAN MOUTON
  • Geluk aan Migael de Lange wat die eerste keer die Wittrui aantrek en ook in die beginspan was.
  • Dieter Schubert is ook vir die eerste keer in die beginspan. ​ 
RESERWES
  • Geen

BESERINGS
  • Risima Sambo, Gustav Maritz en JL v Rensburg

​WEDSTRYD

Dit was 'n regte morsige affere.'n Spreekwoordelike modderbad tussen die twee kwartlyne!! Daar was geen sprake van behoorlike of dan normale rugby nie!!!

Nie 'n wedstryd wat lank sal onthou word nie hoofsaaklik agv die speel toestande. 

Die positiewe aspekte van die wedstryd was dat buiten die wen dit nie lyk of van die spelers beseer is nie! Daar wag 'n grote volgende Saterdag.

PUNTE:

AHS: 12(7)


Driee: Hanro Venter en Ewan v Heerden.. 
Skoppe: Stehan Heymans 1 x doelskop.

BOLAND LANDBOU: 5(5)

​1e Span seisoen opsomming kyk hier!

Tellings van ander spanne kyk hier!

AFFIES VS GARSFONTEIN - AGTERGROND/GESKIEDENIS EN WEDSTRYD

4/10/2022

 

AGTERGROND/GESKIEDENIS

Dit was die 6 keer dat die twee skole teen mekaar speel. Die eerste 4 keer in die 90's as deel van die NTvl A liga. Die 5e keer (2010) in die BB skoleproewe op Zwartkop Hoërskool se veld. Vir details van vorige wedstryde se tellings kyk hier.

Op 'n tegniese punt kan geredeneer word dat die 6e wedstryd (gister) op Affies se velde moes gewees het want die laaste wedstryd in 1996 was op Garsfontein se veld met die Zwartkop wedstryd op 'n neutrale veld!

Hoekom so lank terug teen mekaar gespeel?

1. Affies en Waterkloof neem die laaste keer in 1996 amptelik aan die N.Tvl liga deel. Sekere skole in Pretoria was nie meer bereid om teen die 2 skole te speel nie. In die periode 1997 tot 2006 het Affies en Waterkloof teen mekaar gespeel in ‘n sogenaamde liga wedstryd en albei spanne het dan in die kwart en later die halfeind rondte van die BB liga begin deelneem aan die Beeld reeks. Dit het tot gevolg dat die twee skole ander teenstanders moes kry om teen te speel, wat albei wel gedoen het.
2. Aan die einde van 2006 besluit Affies om nie meer aan die Michelin en Beeld Trofee deel te neem nie.
3. In 2007 besluit al die Blou Bulle skole buiten Waterkloof om nie aan die Beeld Trofee deel te neem nie. Dit is ook die geval in 2008, 2009 en 2010. In hierdie tyd neem Waterkloof en Eldoraigne steeds deel aan die Beeld Trofee. Buiten Affies keer al die Blou Bulle skole terug na die Beeld Trofee reeks in 2011.
4. Affies het in hierdie tyd van “isolasie” sedert 1996 ‘n redelike vaste program van skole wat hulle teen speel opgebou wat wyd versprei was oor die land. Meeste van die teenstanders sedert 1996 het ook ‘n groot hoeveelheid spanne gehad om teen te speel.

Wat daarna gebeur het is wat die meeste ondersteuners kan onthou en het ek nie veel meer by te voeg as om stellings aan te haal soos ek hoor dit, ens. en wat nie in die media gepubliseer is nie.

Die ys is gebreek en die twee skole sal in die jare wat kom nog heelwat teen mekaar speel voor dit gesien sal word as ‘n Pretoria Derby. 

9 APRIL 2022

AFFIES SPAN
15. JL VAN RENSBURG

14. STEPHAN BRITS
13. TIAAN DE WET
12. HEINRICH HORN
11. MARX NEL
10. STEHAN HEYMANS (K)
  9. ARMAND SHAHIA
  8. BEYERS ROOS
  7. CF DELPORT
  6. EWAN VAN HEERDEN
  5. ANDREAS BURGER
  4. ANTON GROTIUS
  3. ZACK MARITZ
  2. HANRO VENTER
  1. STEYN TRUTER
  • Geluk aan Stephan Brits wat die eerste keer die Wittrui aantrek en ook in die beginspan was. ​ 
RESERWES
Die volgende reserwes het opgekom as plaasvervangers:
  • Luchan Mouton in Steyn Truter se plek wat beseer is en Dieter Schubert wat die eerste keer die Wittrui aantrek..

BESERINGS
  • Risima Sambo, Gustav Maritz en Steyn Truter.

​WEDSTRYD

Die wedstryd het aan alle verwagtings voldoen en was daar 'n gepakte pawiljoen met toeskouers aan beide kante agter die pale. Vir die wat nie daar was nie het ek 'n foto geneem van die toeskouers wat hieronder verskyn.

Garsfontein is as die gunstelinge beskou in die media en persone wat ek voor die wedstryd mee gesels het. Met 'n halftyd telling van 7 - 20 in Garsfontein se guns  sou dit geregverdig gewees het. 

Affies het egter in die 2e helfte die bordjies verhang en druk nog 2 driee om die 2e helfte met 12 - 0 te wen. Affies druk in totaal 3 driee teenoor Garsfontein se 2!!

Dit was 'n klipharde wedstryd, met nie een van die twee spanne wat bes wou gee nie. Met baie "Asse" kon enige van die twee spanne gewen het. Die ou spreekwoord geld nog steeds "Looks at the scoreboard"!! 

Geluk Garsfontein ons sien uit na 2023!!!

PUNTE:

AHS: 19(7)


Driee: JL van Rensburg, Hanro Venter en Marx Nel. 
Skoppe: Stehan Heymans 2 x doelskoppe.

GARSFONTEIN: 20(20)

​1e Span seisoen opsomming kyk hier!

Tellings van ander spanne kyk hier!


Picture

AFFIES vs DURBANVILLE - NOORD/SUID 29/03/2022

3/30/2022

 
Dit was die eerste keer wat die twee skole se 1e spanne teen mekaar speel.
AFFIES SPAN
15. JL VAN RENSBURG

14. GUSTAV MARITZ
13. TIAAN DE WET
12. HEINRICH HORN
11. MARX NEL
10. STEHAN HEYMANS (K)
  9. ARMAND SHAHIA
  8. BEYERS ROOS
  7. CF DELPORT
  6. EWAN VAN HEERDEN
  5. ANDREAS BURGER
  4. ANTON GROTIUS
  3. ZACK MARITZ
  2. HANRO VENTER
  1. STEYN TRUTER
  
RESERWES
Die volgende reserwes het opgekom as plaasvervangers in die 2e helfte:
  • Luchan Mouton, Abel Pretorius, Erich Jooste, Dian du Toit en Mikail Kohler.

BESERINGS
  • Risima Sambo 2-6 weke uit agv enkel besering.

​WEDSTRYD

Na die PRG wedstryd  het mens gewonder hoeveel dit uit die spelers gevat het. 'n Telling van 73 - 6 sou in niemand se gedagtes wees gegewe Durbanville se wen teen Helpmekaar.

Met 'n groot getal Affie ondersteuners stel die Witbulle nie teleur en word 'n verskeidenheid van driee gedruk wat voor en agterspelers insluit. Die 3 kuns van driee deur Gustav Maritz was besonders gewees!!

Weereens geluk aan die span (spelers en afrigters) met nog 'n uitstaande vertoning. 


PUNTE:

AHS: 73(40)

Driee: Gustav Maritz 3x, JL van Rensburg 2x, Ewan v Heerden, Beyers Roos, Hanro Venter, Zack Maritz, Andreas Burger en L Mouton. 
Skoppe: Stehan Heymans 9 x doelskoppe.

DURBANVILLE: 6(6)


​1e Span seisoen opsomming kyk hier!

Tellings van ander spanne kyk hier!

AFFIES vs PAUL ROOS GIMNASIUM - NOORD/SUID 2022

3/26/2022

 
Voor ons kyk na die wedstryd en die meegaande statistiek die volgende oor die bywoning van vandag se wedstryd.

Die jaarlikse Derby tussen Affies en Pretoria Boys High is bekend vir toeskouers getalle van 5000 en meer. Vandag was geen uitsondering nie en daar was 'n hele paar duisend toeskouers  wat vanaand die twee spanne kom ondesteun het.  Dit het ingesluit ouers, Oud leerlinge van die twee skole en dan die ondersteuners wat hou van skole rugby.

Die bymekaar kom van die Oud Affies en huidige leerlinge na die tyd was baie spesiaal gewees. Na die wedstryd het Oud Affies rond gedorrel op die veld en in groepies gesels en gekuier. Hulle wou soveel as moontlik van die skool weer herleef en beleef . Dit het verseker by menige 'n knop in die keel gelaat.

Ja, die stelling is gemaak dat daar seker meer toeskouers was by die Affie, PRG wedstryd as op Loftus waar die Bulls teen die Dragons gespeel het? Ek was bevoorreg om die wedstryd met moderne tegnologie te kon kyk vanuit Nelspruit. Een van nog 'n paar duisend ondersteuners wat, wat sou wou gee om daar te gewees het. Wen of verloor!!!

Hoede af vir al die spanne en afrigters wat van die toernooi so 'n sukses/vertoonvenster van skole rugby maak.

Die wenner is skole rugby!!

Dit was vanjaar die 9e Noord/Suid toernooi gewees.


Vandag was die 22 ste keer wat Affies en PRG se 1e span teen mekaar gespeel het. Albei spanne het 10 wedstryde gewen en 2 was gelykop.

​Vir detail tellings per jaar kyk hier.
AFFIES SPAN
15. JL VAN RENSBURG

14. GUSTAV MARITZ
13. TIAAN DE WET
12. HEINRICH HORN
11. RISIMA SAMBO
10. STEHAN HEYMANS (K)
  9. ARMAND SHAHIA
  8. BEYERS ROOS
  7. CF DELPORT
  6. EWAN VAN HEERDEN
  5. ANDREAS BURGER
  4. ANTON GROTIUS
  3. ZACK MARITZ
  2. HANRO VENTER
  1. STEYN TRUTER
  
RESERWES
  • Abel Pretorius vervang CF DElport, Dian du Toit vir  Beyers Roos en Marx Nel vir Risima Sambo.
  • Geluk aan Dian en Marx wat vir die 1e keer die Wiitrui oor die kop trek.

​WEDSTRYD

Wat 'n wedstryd???

Affies teken eerste punte aan met 'n strafskop. Die Wit Bulle sal tot en met die einde nie die voorloop vaandel afstaan nie.

Soos verwag was dit 'n taai wedstryd gewees. Paul Roos met sy swaarder pak voorspelers het Affies laat swaar kry in die skrums maar dit ten spyt het Affies soos een man verdedig en heelwat besit omgekeer op kritieke stadiums van die wedstryd.

Met die telling 24/11 in die Wit Bulle se guns en 15 minute speeltyd oor het dit gevoel of die vreugde vure aangesteek kan word. Met 'n PRG onderskep drie en 'n geelkaart het die Bulle vasgeklou aan die voorsprong en as oorwinnaars uit die stryd getree!!!

Geluk aan Stehan en sy span, dit was wel verdiend gewees! Ons is trtots op julle!!

Affie Guts het vandag geseevier!!!


PUNTE:

AHS: 24(14)

Driee: Gustav Maritz, Stehan Heymans
Skoppe: Stehan Heymans 1 x doelskoppe. 4 x Strafskoppe.

PAUL ROOS GIMNASIUM: 18(8)


​1e Span seisoen opsomming kyk hier!

Ander spanne uitslae kyk hier!

AFFIES vs HELPMEKAAR. 'N KORT OPSOMMING.

3/16/2022

 
Die twee skole speel sedert 1928 teen mekaar. Naas Pretoria Boys High se 116 wedstryde is dit die skool wat die 2e meeste aantal wedstryde teen gespeel is naamlik 65 sedert die ontstaan van Affies in 1920.

Ingesluit vandag, het Affies 40 wedstryde gewen, HM 20 en 5 was gelykop. Tellings van die wedstryde gespeel(jaar vir jaar) kan hier gesien word

WITBULLE vs HELPMEKAAR - 16 Maart 2022
 
SPAN
15. JL VAN RENSBURG

14. GUSTAV MARITZ
13. TIAAN DE WET
12. HEINRICH HORN
11. RISIMA SAMBO
10. STEHAN HEYMANS (K)
  9. ARMAND SHAHIA
  8. BEYERS ROOS
  7. CF DELPORT
  6. EWAN VAN HEERDEN
  5. ANDREAS BURGER
  4. ANTON GROTIUS
  3. ZACK MARITZ
  2. HANRO VENTER
  1. LUCHAN MOUTON
  
RESERWES
  • Steyn Truter haker van die 2e span vervang Luchan Mouton in die 1e helfte. Geluk aan Steyn wat vir die 1e keer die Wittrui oor die kop trek!!! 

​WEDSTRYD

Die Bulle was in beheer vir groot gedeeltes van die wedstryd maar die verdediging van Helpmekaar netsoos  die van Affies was rotsvas. Gelukkig het dit nie gereen nie maar die veld was wel nat onder voet en het die beweeglikheid van die spelers beperk.

Affies is duidelik besig om hard te werk aan hulle verdediging, speel tempo en om as 'n eenheid saam te speel.

Sien uit na die wedstryd teen Paul Roos Gimnasium wat die 1e van die groot kanonne is wat Affies mee te doen gaan kry in de 2022 seisoen.

Sterkte manne en laat Affie Guts julle rugsteun wees in die 2022 seisoen!!

PUNTE:

AHS: 21(7)

Driee: Anton Grotius, Hanro Venter en JL van Rensburg.
Skoppe: Stehan Heymans 3 x doelskoppe. 1x Strafskop nie oor geskop.

HELPMEKAAR 14(14)


​1e Span seisoen opsomming kyk hier!

Tellings van ander spanne kyk hier!


AFFIES VS DIAMANTVELD + NOG INTERESSANTE STATISTIEK

3/13/2022

 
Soos reeds genoem in my vorige skrywe op die Blog was vandag die 9e keer wat die twee  1e spanne teen mekaar speel Die 8e keer sedert 2012 wat die twee skole teen mekaar speel. Vir tellings van die ander spanne kyk hier

​Wat die 1e span aan betref was Affies nog elke keer aan die wenkant ingesluit gister se wedstryd. Die grootste punte verskil was 2020 toe Affies 85 – 10 gewen het

WITBULLE vs DIAMANTVELD - 12 Maart 2022
 
SPAN
15. JL VAN RENSBURG

14. GUSTAV MARITZ*
13. TIAAN DE WET*
12. HEINRICH HORN*
11. RISIMA SAMBO
10. STEHAN HEYMANS (K)
  9. ARMAND SHAHIA*
  8. BEYERS ROOS*
  7. CF DELPORT*
  6. EWAN VAN HEERDEN*
  5. ANDREAS BURGER*
  4. ANTON GROTIUS*
  3. ZACK MARITZ*
  2. HANRO VENTER*
  1. LUCHAN MOUTON*
  
RESERWES
  • Abel Pretorius* vir no 7
  • Ulrich vd Merwe* vir no 13
 
Geluk aan al die spelers met ‘n asterix  wat gister die 1e keer die Wittrui aangetrek het Hulle 1e Affie Cap!!! Een van 1558 spelers wat sedert 1921 vir Affies se 1e span gespeel het!!!

​WEDSTRYD
Geluk aan Stehan Heymans wat as kaptein aangewys is. Die 106e kaptein sedert 1921.

Na twee jaar se Covid 19 het niemand geweet wat om te verwag nie. Die 1e helfte was verseker waarna Affie ondersteuners uitgesien het. Die laaa..ng drie van Risima Sambo sal nog lank onthou word. Ek het voor my rekenaar in Nelspruit gesit en hande klap!!! Met vyf drieë wat al vyf deur Stehan Heymans verdoel is het menige ondersteuner gesigte gesien van ‘n halftyd telling wat gaan verdubbel word.

Dit was toe nie so nie. Dit wat ek gesien het met die verloop van 60 minute se rugby kan net verder op verbeter word. Die grondslag is gelê vir die 2022 seisoen. Voorspoed vir die afrigters en die spelers vir die res van die 2022 seisoen.

PUNTE:

AHS: 40(35)

Driee: Gustav Maritz, Ewan v Heerden, Risima Sambo, Beyers Roos (2x) en Hanro Venter
Skoppe: Stehan Heymans 5 x doelskoppe

​DIAMANTVELD 3(3)


​1e Span seisoen opsomming kyk hier!

MEER OOR SATERDAG SE 1E SPAN TEEN DIAMANTVELD EN STREAMING VAN WEDSTRYDE

3/8/2022

 
1e en 2e Span vir Saterdag
Picture

SPELERS
  • Daar is net G12 spelers in die 1e beginspan vir Saterdag
  • Armand Shahia se Pa, Rouan het in 1987 vir die Witbulle gespeel.
  • Anton Grotius se broer, Van Wyk het in 2021 vir die Witbulle gespeel
  • Spelers in rooi het in 2021 vir die 1e span gespeel
  • Risima Sambo was gekies vir die SA 0/18 span wat in 2021 sou getoer het na Georgië maar agv Covid 19 is die toer afgelas.
DIAMANTVELD
  • Dit sal die 9e keer wees wat die twee skole teen mekaar speel. Die eerste wedstryd van die twee 1e spanne was in 1985 met ‘n rugbytoernooi in Mosselbaai. Affies was elke keer aan die wenkant.
  • Die twee skole het vir die 1e keer teen mekaar gespeel in 2012 op Kimberley.
ALGEMEEN
  • Die A span wedstryde op die A – veld sal gestream word via Digitv. ‘n Skakel sal beskikbaar wees later die week op Diamantveld en ek is seker ook op AHS en AHS Oudbond se facebook. Sal dit ook op twitter tweet - https://twitter.com/johanenazelle
  • Wedstrydbepalings vir 11 en 12 Maart verskyn hieronder
Picture

2022 WEDSTRYD PROGRAM - FINAAL

2/8/2022

 
Program vir 2022 is nou finaal.

Dit is die 1e seisoen sedert 2011 dat Affies teen 16 Suid Afrikaanse skolespanne speel.

In 2010 en 2011 was dit 18 en 16 onderskeidelik.

Kyk hier vir die detail program.

2022 WEDSTRYD PROGRAM

12/31/2021

 
Die 2022 program is soos ons nou al gewoond geraak het in die Covid-19 era 'n voorlopig program. 

Sal dit opdateer indien daar enige veranderings gemaak word.

​2022 Program kyk hier.

​
*******************************

AFFIES KOSHUIS vs DORP  1989 - 2021

9/11/2021

 
So kom 2021, nog 'n abnormale seisoen na 2020 tot 'n einde met die Koshuis vs Dorp wedstryd.

Natuurlik is die telling belangrik maar dit was ook die geleentheid vir 'n hele paar seuns(Gr 12) om die laaste keer op Affies se A veld te speel. Heel gepas is die reels vir wie mag deelneem aan die wedstryd aangepas en kon alle 1e span spelers deelneem aan die wedstryd.

Dit is geskiedenis dat die Dorp gister gewen het met 26 - 12. Dit is ook die 5e keer in 'n ry dat die Dorp die wedstryd wen.

​Vir die Geskiedenis van die Koshuis vs Dorp ontstaan en tellings kyk hier.

​
Opsomming van alle wedstryde gespeel in 2021 sal in die volgende week gepubliseer word. Die belangrikste is, dat ten spyte van die aan/af seisoen al die spanne tenminste een wedstryd gespeel het in 2021.

​                                              *******



AFFIES vs BOYS HIGH TELLINGS - 4/09/'21

9/5/2021

 
Tellings van wedstryde gespeel han hier gesien word.

'n Opsomming van al die spanne sal later in die week geplaas word.

AFFIES VS BOYS HIGH - SATERDAG 4 SEPTEMBER

9/1/2021

 
 Die seioen kom Saterdag heel gepas met die jaarlikse kragmeting teen Boys High tot 'n einde .

Dit sal die 117e keer wees wat die twee skole teen mekaar speel.

Vir 'n kort Geskiedenis van die jaarlikse Derby sedert 1923 lees hier.

Vir die eerste span tellings sedert 1923 kyk hier.

Vir tellings van ander spanne wat ongelukkig nie volledig is nie kyk hier.

**************************************



AFFIES VS KES 28 AUGUSTUS 2021

8/29/2021

 
As gevolg van Covid 19 speel Affies en KES die eerste keer sedert 1997 twee  keer teen mekaar in 'n seisoen.

Dit was die 12e keer wat die twee skole teen mekaar gespeel het. Vir die 1e span tellings sedert 1997 kyk hier.

Tellings van die ander 9 wedstryde wat gister gespeel is kan hier gesien word.

Alhoewel geen toeskouers toegelaat is by gister se wedstryde nie was die ondersteuners bevoorreg om al die wedstryde lewendig te kon kyk via die internet!! Jammer vir die weer wat die eerste wedstryde onderbreek het maar gelukkig was dit vir donderweer en het dit uiteindelik nie gereen soos die geval was met die vorige wedstryd teen KES in Johannseburg nie. Op 'n stadium was daar ongeveer 600 mense  wat die 1e span wedstryd gekyk het!
Miskien sal daar met die volgende seisoen  'n paar regstellings gemaak word soos:
1. Aandui watter spanne speel bv. 4e span. As jy 'n program vir die dag het is dit nie so 'n groot probleem nie.
2. Tyd oor.
3. Telling. Die Affies A veld telbord en C veld uitsending het tellings gehad maar die wedstryde op KES se velde was nie onder Affies se beheer nie.
Dankie tog dat daar nie kommentators was by die 1e span wedstryd!

1e SPAN WEDSTRYD:
KES loop 0 - 8 voor met halftyd maar binne 10 minute van die 2e helfte is Affies 10 - 8 voor. Dit het nie lank gehou nie en KES antwoord met nog twee driee en die eindtelling 10 - 18 in KES se guns.
Geluk aan KES met 'n welverdiende oorwinning! 

AHS: 10 (0)
Driee - Ruvan Loock
Skoppe - Stehan Heymans 1x vervyfskop en 1x strafskop.

KES: 18 (10)

Vir inligting van die 1e span se 2021 seisoen sover kyk hier.

                                 ************************************


AFFIES SE 11e SPRINGBOK!!!!

8/22/2021

 
 NICOLAAS JANSE VAN RENSBURG 
Rugby Details Kyk Hier
​
​
ANDER SPRINGBOKKE

Rugby Details Kyk Hier

<<Previous

    Argiewe

    June 2022
    May 2022
    April 2022
    March 2022
    February 2022
    December 2021
    September 2021
    August 2021
    May 2021
    April 2021
    July 2020
    March 2020
    February 2020
    December 2019
    October 2019
    September 2019
    August 2019
    July 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    August 2018
    July 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016
    September 2016
    August 2016
    July 2016
    June 2016
    May 2016
    April 2016
    March 2016
    February 2016
    January 2016
    December 2015
    October 2015
    September 2015
    August 2015
    July 2015
    May 2015
    April 2015
    March 2015
    February 2015
    January 2015
    December 2014
    October 2014
    September 2014
    August 2014
    July 2014
    June 2014
    May 2014
    March 2014
    February 2014
    January 2014
    November 2013
    October 2013
    September 2013
    August 2013
    July 2013

    RSS Feed

Proudly powered by Weebly