TUIS
AFFIES 1920 - 2020

Op 4 Mei 1920 is 'n “rugbievoetbalklub” gestig met Mnre Sack, Malan en leerlinge Gerrit Bosch, Willem Louw en Jakobus Prinsloo op die eerste bestuur. Op 'n foto van die rugbyspelers blyk dit dat Jan van Niekerk die span se kaptein en Mnr le Roux (Hoof) die afrigter was. Met net 25 seuns in die skool was daar net 'n onder 16 span wat nie vir 'n liga ingeskryf het nie.
Die enigste aanduiding van tellings is deur Nico Visser (Leerling in 1920) gegee toe hy genoem het tydens sy toepraak met die skool se 70 jarige vieringe in 1990 dat hulle 0 - 65 verloor het teen Commercial van Johannesburg. Alle aanduidings is dat die meeste wedstryde verloor is.
Die skool het geen eie velde gehad nie en daar is op Prinsepark, Burgerspark en die Oostelike Sportgronde (later Loftus) se grondveld geoefen en gespeel. Op daardie stadium was daar nie grasvelde nie maar net rooigrond.
Die eerste volwaardige eerste span van die skool, was die 1e span van 1921.
Vir ‘n oorsig van Affie rugby vir die afgelope 100 jaar lees “Het Jy Geweet”.
********************************************

Welkom by die Affies Rugby statistiek webwerf. Die inligting en statistieke op hierdie webwerf is hoofsaaklik gefokus op die 1e Span en waar toepaslik word na ander spanne van AHS verwys.
AHS
Opdatering van inligting:
Sel - 083 564 5057
AHS
- Vir die heel nuutste inligting oor Affie rugby besoek die blog.
- Wedstryd program 2020 kyk hier.
- 1e Span wedstryd statistiek vir 2020 kyk hier.
- Vir uitslae van ander Affie spanne in 2020 kyk hier.
- Francois Swart o/15 week tellings 2019 kyk hier.
- Oud Affies wat Provinsiaal, Oorsee, ens. speel in 2020 kyk hier.
- Springbok spelers profiele kyk hier.
- Ander Internasionale spelers profiele kyk hier.
- Oud Affies wat oorsee speel/gespeel het kyk hier.
Opdatering van inligting:
- Wedstryd tellings teen skole gespeel is nog werk in proses. Die inligting is beskikbaar maar die proses om dit op die webwerf te laai is tydrowend. Enige navrae oor tellings teen 'n spesifieke skool kan aan my gestuur word. Sien e-pos adres hieronder.
- Opsomming en Geskiedenis bevat 'n foto van elke eerste span sedert 1921. Die inligting word gereeld opgedateer met nuwe inligting ontvang. Veral uitstaande tellings en interessanthede van 'n spesifieke jaar wat nog nie opgeteken is nie.
- Enige nuwe historiese inligting van belang sal deur middel van die blog onder besoekers se aandag gebring word.
- Vir navrae, korreksies en voorstelle om inligting verder te verbeter kan Johan Snyman gekontak word of los kommentaar op die blog.
Sel - 083 564 5057