HET JY GEWEET?
1920 – Die Rugbyvoetbalklub van AHS word op 4 Mei gestig. 1920 – Daar is geen wedstryd tellings/inligting van 1920 op rekord nie buiten verwysings in die 1921 AHS Jaarblad dat die meeste wedstryde verloor is. Op die verjaardag vieringe van die skool in 1990 verwys ‘n Oud Affie van 1920 in sy toespraak dat hulle met 64 – 0 teen Commercial (Handelskool) van Johannesburg verloor het. 1921 – Speel vir die 1e keer teen Potch Gimnasium. 1922 - Speel vir die 1e keer teen Rustenburg en Voortrekker Boksburg. 1921,22 & 23 – 'n Paar onderwysers speel vir die 1e Span. 1923 – AHS se 1e span speel vir die eerste keer teen Pretoria Boys High se 1e span. 1923 – AHS speel vir die eerste keer teen Grey College, Monument en Heidelberg Volkskool. 1923 - AHS en Pretoria Boys High speel in die eerste Administrateursbeker wedstryd tussen twee Pretoria skole. 1924 – Speel vir die 1e keer teen Pietersburg en Bethlehem. 1925 - Speel vir die 1e keer teen Bethal, Nylstroom, Ermelo en Belfast. 1928 - Speel vir die eerste keer teen Helpmekaar.. Soos vervat in die Helpmekaar Gedenkuitgawe Jaarblad 1921 - 1942. 1929 – Sewe 1e span spelers van AHS word vir 'n provinsiale span gekies naamlik die TVL 0/19's wat al die skole Noord van die Vaal verteenwoordig. 1933 - Die eerste jaar wat Affies en Boys High die eerste keer teen mekaar speel met al hulle spanne, op een dag 1935 – AHS speel vir die eerste keer teen Dale College 1936 – Jimmy White en Apie de Vliiers is die eerste Oud Affies wat vir die NTvl senior span speel in 1941. 1920’s & 30’s – Affies neem deel aan Pretoria klubrugby in die 3e liga. Heelwat wedstryde is in die tyd teen klubspanne soos Tukkies, Pretoria, Harlequins, Polisie, Spoorweë, Garnisoen, Bereapark, Weermag, ens. gespeel. 1940 - Eerste N.Tvl skool wat na die stigting van die NTRU in 1938 die Admin. Beker wen teen Ventersdorp, telling 21 – 6. 1940 – Slang Malan speel sy vyfde jaar vir die 1e span en drie jaar daarvan is hy ook die kaptein. 1940 – Hans van der Veen(1933) word die eerste Oud Affie wat vir 'n provinsiale span speel naamlik Grens. 1942 – Vanaf 1941 word st.6 deel van die Hoërskool en is daar vir die eerste keer 'n o/13 rugbyspan. 1943 – Vir die 1943 eerste span was daar geen foto in die Jaarblad nie maar slegs ’n fotostaat van die foto wat nie baie duidelik is nie en met geen name nie. Hein Du Toit (Matriek 1943) en Flip Olivier (1e Span 1943/44) het in 2007 gehelp om die name van die 1943 span te identifiseer met behulp van hulle kontakte, die matriekfoto van 1943 en 1e Span foto’s van 1942 en 1944. 1944 – AHS verloor op omstrede wyse in die finaal van die Admin Beker teen Heidelberg Volkskool, telling 0 - 3. 1944 - Affies en Pretoria Boys High speel nie teen mekaar nie. Dit was altyd aanvaar dat dit te doen het met die 2e Wêreld Oorlog maar dit was nie die geval nie. Met Affies wat uitspeel vir die Admin. Beker is daar ‘n verdere 3 wedstryde wat bykom teen die einde van die seisoen. Die wedstryd teen Boys High was duidelik beplan op dieselfde tyd wat die uitspeel wedstryde moes plaasvind. Die twee skole kon nie op ‘n geskikte datum ooreenkom nie en die wedstryd tussen die 1e spanne het nie plaasgevind nie. Omdat Boys High nie aan die Admin Beker deelgeneem het in 1944 was daar ook geen verpligte “liga” wedstryd tussen die twee skole se 1e spanne nie! 1946 – Stickles Redelinghuys rig vir die laaste jaar die 1e span af. In totaal was hy 13 jaar betrokke as afrigter. Die 2e meeste na Sakkie vd Walt. 1946 – AHS speel vir die eerste keer teen Paul Roos Gimnasium. 1946 – P Terblanche en P Bezuidenhout is die eerste 1e Span spelers wat vir die NTvl skolespan speel. 1946 - HJ Kriek is die eerste Oud Affie wat die 1e span afrig en ook vir die 1e span gespeel het vanaf 1935 - 37. 1947 – Twee O/15’s speel vir die 1e Span teen Boys High. 1947 – AHS speel vir die eerste keer teen Paarl Boys High. 1948 - Weens 'n Polio epidemie het Affies eers in die tweede week van Junie begin oefen vir die 1948 seisoen. 1e Span speel net 7 wedstryde. 1948 - In die periode 1920 – 2019 is dit die enigste jaar wat nie vir die Administrateurs/Verseker Beker gespeel is nie. 1950 – AHS speel vir die eerste keer teen HTS Middelburg. 1950 – Oscar Haarhoof is die 1e Oud Affie wat vir ’n SA Nasionale Rugby Span (Junior Springbokke) gekies word. en speel teen Rhodesie. 1952 – Die 1e Span speel vir die eerste keer in die huidige wit trui. 1953 – Tydens die 1e Span wedstryd teen Nylstroom op Nylstroom sak die skeidregter (Hoof van die skool Mnr Whiteman) inmekaar en sterf aan 'n hartaanval. 1957 - Die wedstryd teen Boys High word nie gespeel nie. Die griep-epidemie was in Augustus gewees. Wat Affies en Boys High se jaarblaaie aan betref was dit ‘n herhaling van die 1944 scenario plus die griep-epidemie. Met Affies wat addisonele uitspeel wedstryde moes speel vir die Admin. Beker plus die griep-epidemie speel die twee skole vir die tweede keer nie teen mekaar nie. Die Pretoria News in 1958 verwys na 1957 en dat Affies nie wou speel nie omdat hulle bang was dat hulle spelers sou seer kry voor die Admin. finaal wat ‘n tipiese koerant storie was!!!! 1958 – Dr GJ(Gert) Potgieter(hoof) word verkies as President van die NTRU en hy beklee die posisie tot en met 1965. Gedurende die tydperk was hy ook die Adjunk President van die Suid Afrikaanse Rugbyraad. 1958 – Louis Schmidt word die eerste speler van AHS om vir die Springbokke gekies te word. 1964 – Die afrigter Boet Vorster se seun Willem speel ook vir die 1e span. 1963 – Dr Potgieter is die voorsitter van 'n komitee wat die moontlikheid van 'n SA skoleweek moet ondersoek. Die komitee se voorstel word aanvaar en die eerste Craven week vind plaas in 1964 1964 – AHS speel vir die eerste keer teen Grey High PE. 1965 – AHS speel vir die eerste keer teen Menlopark 1967 – AHS speel vir die eerste keer teen Paarl Gimnasium. 1968 – Riaan Nel wat vir die SAUK rapporteer uit Switserland speel vir die 1968 1e Span. 1968 – Piet Delport (Std 8) word gekies om sy 1e wedstryd vir die 1e span teen Grey College te speel. Hy speel in die oggend vir die 1e Tennis span en in die middag speel hy vir die Wit Bulle. 1969 – Tonie Roux word AHS se 2e Sprinbok rugby speler. 1969 – George Claassen (1933) is die eerste Voorsitter van die nuut gestigte SO.Tvl Hoerskole Rugby Vereniging. George speel nooit vir die AHS 1e Span omdat hy 16 jaar geword het in sy matriek jaar. Hy speel na skool 3 jaar vir Tukkies se o/19 Span. 1970 – AHS speel vir die eerste keer teen Nelspruit. 1970 – 1e Span wen die Admin. Beker vir die 1e keer sedert 1957. Dr P Edwards(Skoolhoof) was in die span. 1970 – Oom Lucas Strachan(Oud NTvl en Springbok speler) is die eerste buitestander wat betrokke is by die 1e span en nogal as motiveerder 1971 – Die akteur Eric Nobbs speel vir die 1971 1e Span agsteman en flank. 1971 – Nick van Rensburg speel vir elke oop span in die skool. Hy begin by die 8ste span en eindig in die 1e Span. 1972 – Marcel Raath (Katvoet) druk die wen drie met die semi finaal teen Tom Naude in die N.W. hoek van AHS se veld. Van daar die naam "Katvoets Corner". 1973 – Die 1e rugby week word aangebied by AHS met Paarl Gimnasium, Welkom Gimnasium, Belville, Langenhoven, Lyttleton en AHS wat daaraan deelneem. 1974 – Tydens die 1e span wedstryd teen Grey College word ’n speler van albei spanne van die veld gestuur na ’n woeste geveg tydens die wedstryd. Dit het tot gevolg dat die jaarlikse kragmeting te. Saen Grey gestop word en speel die 1e span eers in 1992 weer teen Grey. 1975 - Frans van Wijk is die eerste Oud Affie wat vir 'n SA Junior span speell. SA o/21 Toerspan na Suid Amerika. 1975 – Phil Pretorius speel vir die 1e span en is later een van die top afrigters in SA. 1978 – 1e Wedstryd word teen ‘n oorsese span gespeel - St. Johns van Argentinië. 1979 – Louis en Johan Hattingh (tweeling broers) is onderskeidelik Kaptein en Onder-Kaptein van die 1e Span. 1980 – Pierre Edwards word AHS se 3e Springbok rugby speler. 1981 – AHS speel teen Grey met al die spanne buiten die 1e span wat in ‘n Adminbeker wedstryd gespeel het op dieselfde dag. 1979,80,81 - Die AHS 2e span neem deel aan die C- Area se 1e liga en speel in 'n groen trui teen die ander skole se 1e spanne. 1986 – 'n 1e Span das word ontwerp deur Poerie van Rooyen die afrigter van die 1e Span en vir die 1e keer toegeken aan 1e Span spelers van 1986. Die verseiste was oorspronklik dat ‘n speler 3 wedstryde moes speel om ‘n das te ontvang. Dit het met die speel van reserwes verander en huidiglik moet ‘n speler 7 keer ‘n wedstryd begin voordat hy ‘n das ontvang. Ander sportsoorte en kultuur aktiwiteite het daarna gevolg met eiesoortige dasse. 1987 – AHS speel vir die eerste keer teen Waterkloof. 1989 – Die 0/15 span wen die Direkteurs Trofee vir die eerste keer teen Monument. 1988 – Cobus Wessels die Asst. Skeidsregter met die 2009 Super 14 Finaal is ’n Oud Affie en het in 1988 vir die 1e Span gespeel. 1990 – Christo Potgieter word die eerste en enigste Affie tot op datum wat drie jaar aan die Craven Week deelneem. 1991 – Bennie Botes is die eerste Affie wat gekies word om vir die SA Skole span te speel. 1992 – AHS en Grey se 1e spanne speel vir die 1ste keer weer teen mekaar sedert 1974 op 'n rugbydag by HS Nigel. 1984 – Henry Kelbrick en Tobie Le Cornu is die eerste Oud Affies wat in die Super 10/14 reeks speel vir N.Tvl in 1993. 1993 – 1e Span wen teen Waterkloof 75 – 6 1994 – AHS wen die Admin Beker weer sedert 1985 teen Pietersburg. Victor Matfield was in die span van Pietersburg asook die huidige eerste span afrigter Jan-Hendrik Hattingh. 1994 – Is die laaste jaar sedert 1942 wat daar 'n o/13 rugbyspan is. 1995 – Speel vir die 1e keer in ’n Paasnaweek toernooi by St Stithians College. 1995 – Paul Rothman medeaanbieder van Pasela op SABC 2 speel vir die 1994 & 1995 1e Span. 1995 – Affies vs Boys High. In die gees van die Rugby Wereld Beker in SA sing albei skole hulle skoollied voor die aanvang van die 1e span wedstryd. Wayne Erickson Australiese WB skeidsregter was in beheer van die 1e span wedstryd. 1996 – AHS se 1e Span klop vir die eerste keer vir Grey College, 25 - 3. 1996 – AHS neem vir die laaste jaar aan die N.TvL skole rugbyliga deel. 1996 – Erich Small doen 'n besering op in 'n 0/16 wedstryd teen Boys High wat tot gevolg het dat hy permanent in sy onderlyf verlam is. 1996 – Nicolaas Alberts druk 32 drieë wat die meeste is deur 'n 1e Span speler in 'n seisoen. 1996 – AHS speel vir die eerste keer teen Maritzburg College. 1996 – 1e Span dinee word vir die 1e keer gehou in die skoolsaal en sederdien elke jaar. 1996 – Nicolaas Alberts word ’n „Cambridge Blue“ in die jaar 2002 deur vir Cambridge se 1e Rugby en Krieket Span te speel en Cambridge ook te verteenwoordig op die atletiekveld. 1997 – Toer oorsee vir die 1e keer en wel na Groot Brittanje. 1997 – Tiaan Snyman teken 339 punte aan, die meeste nog in ‘n seisoen. 1997 – Hugo Mulder en Schalk van Niekerk druk 4 en 3 driee onderskeidelik teen Jeppe. Die eerste keer wat twee spelers in dieselfde wedstryd 3 of meer driee elk druk. 1997 – Die Beeld Trofee finaal word lewendig oor Radio Pretoria uitgesaai. Die 1e en enigste keer wat sodanige wedstryd oor die radio uitgesaai word. 1997 – Andre Watson was die skeidsregter in die Beeld Trofee finaal. 1997 – Die wedstryd teen Boys High is die 1e wedstryd van AHS wat lewendig op TV(SABC) uitgesaai word. Brian Liebenberg wat later vir Frankryk speel was BH se losskakel en Kaptein. 1997 – Retief Burger die Gospel sanger het vir die 1997 1e Span gespeel. |
1998 – Die 1e Span word vir die eerste keer formeel geborg. Die borg (Mr Price) se logo verskyn op die 1e Span trui. 1998 – Die Witbul (Maskot) maak sy eerste verskyning met die tuiswedstryd teen Waterkloof. 1998 – AHS wen vir die eerste keer meer wedstryde as Grey in hulle jaarlikse kragmeting. 1998 – Na afloop van die Craven Week is Tiaan Snyman aangewys as die speler van die week. 1998/99 – 5 Spelers van die 1996 span speel saam in die SA 0/20 en 0/21 span. (Sarel Eloff, Eugene Marx, Johan Roets, Skipper Badenhorst, Eduard Coetzee) Die SA 0/21 span is die SA span wat die eerste keer die wêreldbeker vir 0/21’s wen. Jake White se claim to fame! 1999 – AHS se 1e Span wen die Beeld trofee vir die sesde jaar in 'n ry. 1999 – Nicol Knoetze speel 69 wedstryde vir die 1e Span. Periode 1997 – 1999. 2000 – Na 'n donderbui net voor die Affies en Grey 1e span wedstryd word daar besluit dat die veld onspeelbaar is. Die wedstryd vind die Dinsdag daarna plaas en is gelykop 17 elk.Francois Swart teken al Affies se punte aan in die gelykop uitslag. Vier strafskoppe en 'n drie. 2000 – AHS word die eerste skool wat die wenners is van die Blou Bul finaal vir die 1e, 0/16, 0/15 en 0/14 spanne. 2000 – AHS het 10 spelers in die Blou Bul Craven week span. Die meeste nog deur een skool tot en met 2010. 2000 – Grant Esterhuizen word AHS se 4e Springbok rugby speler. 2001 – Die 0/16A span behaal die 7e plek tydens die Super 16 maar wen die finaal van die Beeld Trofee. 2001 – Die 1e Span speel vir die 50ste jaar in die wit trui. 2002 – Die 1e Span wen die Blou Bul Finaal vir die 10e jaar in ’n ry. 2002 – Steven Botha (2000 - 2002) het die meeste drieë nog vir die 1e span gedruk naamlik 49. 2002 – AB de Villiers later SA Protea krieketspeler speel vir die 1e Span losskakel. 2002 – Heino Kuhn en AB De Villiers speel en kolf saam vir die Proteas in die Pro 20 wedstryd teen Engeland op Centurion Park in 2009 net soos hulle saam gespeel het as losskakel en skrumskakel vir die 2002 1e rugby span. 2003 – Die 1e Span wen die Super Twaalf trofee vir die 5e jaar in ‘n ry. 2003 – Die 0/16A span wen die Beeld trofee die 5e jaar in ‘n ry. 2004 - Vir die eerste en laaste keer speel 30 spanne van Affies teen Boys High op dieselfde dag met die jaarlikse Derby. 2004 – Sakkie v/d Walt en Carel Kriek is vir 10 jaar in ’n ry saam die 1e Span afrigters. 2004 – Die Francois Swart 0/15 rugby week word vir die eerste keer te AHS aangebied. 2004 – Fourie Du Preez word AHS se 5e Springbok rugby speler. 2004 – Die 1e Span wen die Blou Bul Finaal vir die 25ste keer sedert 1940. 2004 – Gerrie Odendaal word die 11 de Oud Affie wat Super 14 rugby speel in 2009. Speel as plaasvervanger flank in plaas van sy normale posisie as skrumskakel vir die Cheetahs. 2005 – AHS wen slegs die tweede keer teen Grey en wel in Bloemfontein met Grey se 150 jarige bestaans vieringe. Telling 27 – 20. 2006 – Teen Grey College gebeur die volgende met Herman van Dyk: Hy speel vir die 3e span na ‘n besering. Hy is reserwe vir die 2e span en speel as reserwe vir die 2e span. Die afrigters behou hom as reserwe vir die 1e span en hy speel ook vir die 1e span as reserwe. 2006 – Sedert 1996 is dit die 8 ste jaar wat AHS vier spanne het in die Blou Bulle finaal. 2006 – AHS het 4 spanne in die Beeld Trofee finaal. Die 1e skool wat dit regkry sedert die ontstaan van die kompetisie. 2006 – 1e Span wen die Beeld finaal teen Waterkloof nadat hulle die Blou Bulle Finaal en die Super 16 finaal verloor met ’n rekord telling teen Waterkloof. 2006 – Wynand Olivier en Pierre Spies word AHS se 6e en 7e Sprinbok rugby spelers. 2007 – AHS saam met die Blou Bulle skole (Buiten Waterkloof) besluit om vir die derde keer in die Geskiedenis nie aan die Admin/Direkteurs/Beeld Trofee deel te neem nie. 2007 – Speel vir die 1e keer teen Paul Roos en Glenwood met al ons spanne. 2008 – Die o/18 Cravenweek word op AHS aangebied en is ’n reuse sukses. 2008 – 1e Span speel die minste wedstryde sedert 1990 naamlik 14. 2009 – Derick Kuün(2002) is die Kaptein van die Southern Kings wat teen die Britse en Ierse Leeus in PE speel. 2010 – Pepler Stander is die Hoofseun en 1e Span kaptein. Die 1e keer sedert 1989 toe JL Pretorius die Kaptein en Hoofseun was. 2010 – Sakkie van der Walt is afrigter van die 1e Span vir die 13e keer en sy seun Léan speel vir die 1e span teen EG Jansen. 2010 – 7 Oud Affies speel in die Super 14 finaal van 2010. Sien details onder Oud Affies Super 10 -14. 2010 – AHS het vir die 1e keer 3 spelers in die SA Skole span. 2010 – 50 Oud Affies speel vir 0/19 provinsiale spanne en hoër. Die meeste in een jaar sedert statistiek in 2005 gehou word. 2011 – Dean Greyling word Affies se 8ste Springbok rugby speler. 2011–Die Laerskole Cravenweek word by AHS aangebied. 2011 – Die 1e Span speel vir die 60ste jaar in die wit trui. 2011 – Affies speel vir die 1e keer 2 keer in een jaar teen Maritzburg College. 2012 – Oud Affies, Pierre Spies en Wynand Olivier word onderskeidelik aangewys as die kaptein en onder kaptein van die Bulls. 2012 – Die 1e span speel in die wedstryd teen Grey met wat op die oog af lyk na nuwe groen kouse met geen strepe nie. Sonder die medewete van die afrigters het die spelers besluit om die kouse te vou dat dit net groen was sonder strepe. Verduideliking na die tyd is dat hulle gedink het dit lyk mooi sonder die strepe! 2012 – Wen teen Grey College op AHS se tuisveld. 2012 – Vier 1e span spelers word gekies vir die SA skole span. Die meeste nog in een jaar. Pierre Schoeman is ook die Kaptein. 2012 – Speel sonder 7 van die gereelde 1e span spelers teen Glenwood agv die proewe vir die SA skole span. Wen 28-10 met tipiese Affie rugby waar die bal die werk doen.Nico Lee neemwaar as kaptein. 2012 – Affies neem deel aan die BB 7’s toernooi vir die 1e keer en is die naaswenner van die toernooi. Neem ook deel aan die Nasionale Skole toernooi en behaal die 3e plek. 2012 – 5 Spelers van Affies word gekies vir die BB 7’s span wat aan die 0/18 provinsiale toernooi deelneem. 2012 – 5 Oud Affies naamlik Louis Schmidt, Daantjie vd Heever, Pierre Edwards, Fourie du Preez, Wynand Olivier en Pierre Spies is vernoem in die boek van Wim vd berg – “75 Blou Bul Legendes”. 2012 – Sakkie vd Walt (1e span afrigter) word vereer in die Desember uitgawe van Sports Illustrated as een van die 5 beste Skoolafrigters in SA. 2012 – Jurie Linde word gekies vir die SA 0/18 7's span 2013 – Die 1e Span is die 1e span wat onoorwonne is in 'n seisoen. Wen al hulle wedstryde en geen gelykop tellings nie. 2013 – Waterkloof skop ‘n strafskop oor wat die telling 12 - 18 maak in Waterkloof se guns. Met speeltyd so te se verby skop Eduan af en 2 minute 19 sekondes en 15 fases later druk Eduan Keyter die drie der drieë onder die pale. Die bal is 30 keer deur ‘n Affie speler gedra of gehanteer. Affies wen 19 - 18. 2013 – 3, 1e Span spelers word vir die SA skole span gekies. 2014 – A.g.v. reen en natvelde kan die beplande proewe vir 2014 nie plaasvind soos geskeduleer nie. Die eerste wedstryd teen Menlo moes uitgestel en later afgestel word en die 2e wedstryd is uitgestel met 'n verdere 2 dae. Dit het groot druk geplaas op die afrigters en spanne wat hulle voorbereiding vir die 2014 seisoen aan betref. 2015 – 10 Spelers word gekies vir die BB o/18 Craven week span. 2015 – 4 Spelers word gekies vir die SA Skole en SA Skole A span 2015 – Die wen telling van 56 - 3 teen Pretoria Boys High is die grootste punte verskil nog van 53 teen PBHS. 2015 – Die strafskop deur Eddie Fouche in beseringstyd teen Glenwood verander die 2015 seisoen van 'n gemiddelde seisoen na een van die beter seisoene in die geskiedenis van Affie rugby. Affies wen 22 - 20. 2015 – Fourie du Preez is die eerste Oud Affie wat kaptein is van die Springbokke. Fourie is die kaptein in die Wereldbeker wedstryd teen Skotland wat die Springbokke 34 - 16 wen. 2016 – Die 53 punte wat Grey College teen die 1e span aangeteken het was die meeste nog deur enige span. 2016 – Die LSEN(Learners with Special Educational Needs) Cravenweek word op AHS aangebied. 2016 – Ruan de Swardt word die 1e Affie en die 12 e speler in SA sedert 1974 wat vir die SA skole rugbyspan en SA Skole krieketspan speel. 2017 – Die Mr Price borgskap kom tot 'n einde in 2016. Die nuwe borge is Wildswinkel en Morgan Beef. 2017 – Die 1e span wedstryd teen KES word gestop agv swaar weer. 2018 – Met die wedstryd teen Helpmekaar wat afgestel is agv nat velde speel Affies vir die 1e keer 13 wedstryde in 'n seisoen sedert 1983 2018 – Ivan van Zyl en RG Snyman word onderskeidelik Affies se 9e en 10e Springbok. 2019 – Op Dinsdag 9 April 2019 daag 65 spelers op by die 9e en 10e span oefening. 'n Volle 4 spanne!! 2019 – Speel vir die eerste keer met 28 spanne teen Maritzburg College 2020 – Vanaf 2020 word die 1e span geborg deur AFGRI (Agri Dienste) en GIFLO Ontwikkelaars 2020 - Op 14 Maart 2020 word die 2e en laaste wedstryd van die seioen gespeel teen Diamantveld agv Covid 19. Sien skrywe Affie rugby en Covid 19. 2020 - Na 2002 het Dylan du Preez (2016) en Dieter Crafford (2020) 3 jaar vir die 1e span gespeel. 2021 - 23 April 2021 is 'n geskiedkundige dag vir Affie rugby. Die eerste wedstryde wat gespeel word sedert 14 Maart 2020. 1e en 2e Spanne speel teen Noord Kaap en Monument onderskeidelik 2021 - Noord/Suid Toernooi word by Affies aangebied vanaf 27 April - 1 Mei met geen toeskouers nie. Al die wedstryde word lewendig "gestream". 2021 - Die seisoen word weer onderbreek agv Covid na die wedstryd teen KES op 8 Mei en weer voortgesit vanaf 21 Aug. Drie wedstryde word geskeduleer teen Jeppe, KES en Pretoria Boys High. Covid speel weer 'n rol en van die wedstryde teen die onderskeie skole vind nie laas agv positiewe Covid gevalle. Die 1e span wedstryde teen Jeppe en PBHS vind nie plaas nie. Dit is die 2e jaar in 'n ry dat die 1e span wedstryd teen Boys High nie gespeel word met Covid die oorwinnaar. 2021 - Koshuis, Dorp wedstryd word vir die 25ste keer gespeel sedert 1989. Dorp wen 26 - 12. 2022 - Uiteindelik kan die seisoen normaal afskop en ondersteuners by hulle duisende wat die wedstryde teen PRG en PGim bywoon op Adie plaas.. Toe is dit Grey College! Ongetwyfeld die meeste toeskouers nog wat 'n wedstryd op Affies se A veld bywoon! Dit het gekook!!! 2022 - Met die naweek teen Garsfontein word daar met 30 spanne gespeel teen Garsfontein(11), Ellisras(9) en HTS John Vorster(10). Ongelukkig moes 2 wedstryde teen HTSJV gekanselleer word agv. swaar weer! 2022 - Die Koshuis verhang die bordjies na 5 jaar en wen die wedstryde teen die Dorp 20 - 19. 2023 - Geskiedenis word gemaak wanneer 'n o/14i span teen Zayo Academy speel. Tot en met 2022 was die maksimum aantal spanne 7 vir elke ouderdomsgroep. Met 170 spelers wat aanmeld vir die o/14 proewe. Is daar nou ook 'n H en i span!!! 2023 - Die eerste span teken 76 punte aan teen Pretoria Boys High. Die meeste nog! 2023 - Vir die eerste keer wen 'n span op die Affies A veld en teken meer as 100 punte aan. Die 0/16A span wen 104 - 0 teen Pretoria Boys High met die jaarlikse Derby! 2023 - Eerste span wedstryd teen Menlopark word deur Menlo gekanselleer agv van te veel beserings! 2023 - Al die wedstryde teen Menlopark word deur Menlo gekanselleer agv van te veel beserings! 2024 - Die kapteins van die o18 CW (Janco Purchase, o/18 Akademie (Munting Hamman) en o/16 Grant Khomo(Martin van Niekerk) spanne is vir die eerste keer al drie van Affies.. Rugby spanne – AHS het oor die jare een van die skole geword wat die meeste rugbyspanne het naamlik 28 – 30 spanne. |