N.TVL & BLOU BULLE o/18
Hier volg 'n kort opsomming van Affies se betrokkenheid by Tvl, NTvl en Blou Bulle skole rugby sowel as die Cravenweek.
Opsomming
Die ouderdomsperk in die vroeer jare van die CW was o/19 maar dit is nie streng toegepas nie? Dit is eers vanaf 1999 besluit dat die Cravenweek net o/18 spelers sal toelaat. Buiten die CW speel daar nog steeds 0/19 spelers vir skole se 1e spanne regoor SA.
In 1928 verteenwoordig 3 Affie spelers vir die eerste keer 'n provinsiale skolespan. Dit was vir die Transvaalse skolespan in 'n wedstryd teen die Vrystaat op Ellispark. Die wedstryd was 'n voorwedstryd vir die toets tussen die Springbokke en die All Blacks.
Die NTvl skole met die afstigting van Tvl in 1938 was net 3 skole (AHS, PBHS en CBC) in Pretoria. Daar is nie inligting van 'n span wat gespeel het voor 1945.
1. Leon Thom is die eerste Affie speler wat 2 jaar na mekaar vir die NTvl skolespan speel in 1953 en 1954.
2. Christo Potgieter is die enigste Affie speler wat 3 jaar vir die NTvl skolespan speel vanaf 1988 - 1990.
3.Laurie Poole en JP van der Merwe speel in 1964 vir NTvl skole in die eerste CW. Die wapen op die truie en baadjie was 'n Koedoekop vanaf 1964 - '68. Vanaf 1969 is dit die bekende Barberton Daisy. Daar kan geen rede gevind hoekom dit eers 'n bokkop was nie behalwe dat daar dalk 'n gevoel is dat die Junior spanne eers hulle plek moet oopspeel voor die Daisy wapen gebruik kon word.
4. Kaptein van hulle onderskeie spanne.
- 1945 tot 1963 - Johan Botha(50), Ben Hattingh(59)
- 1964 tot 1980 - LM Roussouw(74)
- 1981 tot 2000 - Deon Strydom(94), Tiaan Snyman(98), Francois Swart(00).
- 2001 tot 2010 - Carel Hoffman(01), Derek Kuhn(02), Pierre Spies(03), Phillip Woest(04), Gerrit-Jan van Velze(06).
- 2011 tot 2020 - Pierre Schoeman(12), Francois Steyn(13), Eddie Fouche(15), Schalk Erasmus(16), Jaco Labuschagne(17).
- 2021 tot 2030 - Stehan Heymans(22), Janco Purchase(24).
5. Die kaptein en o/kaptein van die volgende jare was albei van Affies
2001 - Carel Hoffman en Deon Venter
2002 - Derek Kuhn en AB de Villiers
2003 - Pierre Spies en Schalk Wessels
2004 - Phillip Woest en Len Olivier
2015 - Eddie Fouche en Eduan Lubbe
2016 - Schalk Erasmus en Louritz van der Schyff
2024 - Janco Purchase en JD Hattingh
6. Craven Week
- 1997 - Tiaan Snyman met 42 punte die meeste punte op die week.
- 1998 - Tiaan Snyman met 49 punte die meeste punte op die week en vir 'n CW tot op daardie stadium.
- 1998 - Tiaan Snyman speler van die week.
- 2013 - RG Snyman die langste speler op die week.
- 2024 - Janco Purchase agterspeler van die week
8. Die NTvl CW span van 1991 met Poerie van Rooyen van Affies die afrigter was die 1e NTvl span wat die CW finaal gewen het.
9. Aantal jare betrokke as CW afrigter:
- 5 - Sakkie vd Walt
- 4 - Jaco Koch
- 3 - Jan-Hendrik Hattingh
- 2 - Piet Butler, Duif vd Merwe, Poerie v Rooyen, Ruan Jacobs
10. Boet Vorster is die sekretaris van die N.Tvl Skole Rugbyvereniging vanaf die ontstaan in 1945 tot en met 1965 en was ook aktief betrokke by die daarstelling van die CW. Hy was dan heel toepaslik die Bestuurder van die 1964 N.Tvl CW span.
11. Vanaf 2000 tot 2016 is daar elke jaar 'n skrumskakel van Affies wat in of die CW of die Akademiespan speel. Vir 'n detail analise klik hier. Met Johan Mulder se besering in 2017 is die ketting gebreek!
12. Buiten 1965, '67 en '77 toe daar geen Affie speler in die CW span was nie, is 2019 die eerste jaar sedert 1964 wat daar geen Affie agterspeler in die BB Cravenweek span is nie!
13. Die kapteins van die o18 CW, o/18 Akademie en o/16 Grant Khomo spanne van 2024 is vir die eerste keer al drie van Affies.
14. Inligting is opgedateer tot en met die 2024 Craven Week span.