AHS VS PRETORIA BOYS HIGH school - GESKIEDENIS
DERBY
Noord van die Vaal is die wedstryd tussen die twee skole die oudste Derby wat jaarliks plaasvind sedert 1923.
Die wedstryd tussen die twee skole het net in 1944 en 1957 nie plaasgevind nie.
Die oudste twee skole Derbys in SA is:
1873 – SACS en Bishops
1875 – Hilton College en Maritzburg College
GESKIEDENIS
1920
EXCITING GAME OF ’RUGGER’
A Lesson for Seniors
„A Second League Rugby football match on Saturday between the Boys’ High School and Afrikaans High School provided by far the best football fare of the afternoon and the greatest excitement. Both schools had brought along bands of supporters. The High School particularly being strong in school cries and football songs.
As an exhibition of football the game was an object lesson to the Grand Challenge game that came later, for both schools displayed a control of their movements which the senior game lacked. From start to finish the football was waged at a great pace.“
AHS verloor, telling 3 – 6.
**************************************************
“As was expected the meeting of these two schools in the Administrators Cup aroused the most extraordinary enthusiasm and produced a desparate game. A few weeks ago the schools met in the Second League, BHS scoring a victory after a splendid game by six points to three. So far as the Afrikaans School is concerned that team was not a purely school side, as it contained several masters. The match yesterday was between purely school sides, though A.H.S. appeared to be little handicapped by the absence of their masters“.
AHS verloor die wedstryd met ’n "valskop" (skepskop) deur PBHS in die doodsnikke van die wedstryd.
Boys High wen, telling 3 – 4.
***************************************************
„ An excellent curtain raiser was provided by a Second League match between the Boys’ and the Afrikaans High Schools. In this the third the B.H.S. had to strike their colours by nine points to nil.“
AHS wen, telling 9 – 0.
*************************************************
1933
Die laaste wedstryd van die seisoen en boonop teen Boys High is ‘n hoogtepunt vir Graad 12 spelers, leerlinge en hulle ouers. Die Graad 12's trek vir oulaas die groen of die wittrui oor hulle koppe. Wat 'n voorreg!!
Emosies loop hoog. Fotos en selfies is aan die orde van die dag om seker te maak dat soveel moontlik van die dag onthou sal word.
Graad 12 ouers en spelers “dorrel” rond op die veld na die hoofwedstryde om die laaste rugby ondervinding op Affies te laat insink. Hier en daar neem die emosies oor en loop die trane vrylik
Mag die Affie rugby herinneringe vir die Graad 12’s vuurmaakhout vir hulle oudag wees!!!
OPSOMMING 1e SPAN WEDSTRYD STATISTIEK
Wedstryde gespeel: 116
Uitslag:
- AHS wen 65
- PBHS wen 42
- Gelykop 9
Vir detail tellings vanaf 1923 - 2019 kyk hier.
Vir tellings van ander spanne wat beskikbaar is vanaf 1988 - 2019 kyk hier.
Laaste wedstryd gewen PBHS: 2019 (21 - 38)
Laaste wedstryd gelykop: 2007 (20 - 20)
Meeste punte in ‘n wedstryd: 2018 - 82 (62 - 20)
100 ste wedstryd: 2005
Meeste punte in 'n wedstryd:
- AHS 67 (67 - 6 in 2016)
- PBHS 38 (21 - 38 in 2019)
Grootste punte verskil:
- AHS 61 (67 - 6 in 2016)
- PBHS 19 (0 - 19 in 1943)
Aantal wedstryde onoorwonne:
- AHS 19 (1986 - 2002)
- PBHS 11 (1925 - 1931)

- Geen wedstryd tellings/inligting beskikbaar van Affie rugby nie. In die 1921 jaarblad word daar genoem dat daar rugby gespeel is in 1920 maar dat die meeste wedstryde verloor is. Ek het geen twyfel dat daar wedstryde gespeel is teen van Boys High se laer spanne.
- In 1921 en ‘22 speel Affies se 1e span teen Boys High se 2e span.
- In 1923 speel die twee skole se 1e spanne vir die 1e keer teen mekaar en wel drie keer. Daar is verskeie jare waar daar meer as een keer teen mekaar gespeel is. Vanaf 1921-’23 speel ‘n paar onderwysers vir die 1e span. Een van die 3 wedstryde van 1923 was ‘n “Admin. Beker” wedstryd waarin die onderwysers nie toegelaat was om te speel nie.
- Die eerste wedstryde en Pretoria News berig die volgende:
EXCITING GAME OF ’RUGGER’
A Lesson for Seniors
„A Second League Rugby football match on Saturday between the Boys’ High School and Afrikaans High School provided by far the best football fare of the afternoon and the greatest excitement. Both schools had brought along bands of supporters. The High School particularly being strong in school cries and football songs.
As an exhibition of football the game was an object lesson to the Grand Challenge game that came later, for both schools displayed a control of their movements which the senior game lacked. From start to finish the football was waged at a great pace.“
AHS verloor, telling 3 – 6.
**************************************************
- Die tweede wedstryd was ’n Administrateurs Beker wedstryd en Pretoria News berig die volgende:
“As was expected the meeting of these two schools in the Administrators Cup aroused the most extraordinary enthusiasm and produced a desparate game. A few weeks ago the schools met in the Second League, BHS scoring a victory after a splendid game by six points to three. So far as the Afrikaans School is concerned that team was not a purely school side, as it contained several masters. The match yesterday was between purely school sides, though A.H.S. appeared to be little handicapped by the absence of their masters“.
AHS verloor die wedstryd met ’n "valskop" (skepskop) deur PBHS in die doodsnikke van die wedstryd.
Boys High wen, telling 3 – 4.
***************************************************
- Die derde wedstryd en Pretoria News berig die volgende:
„ An excellent curtain raiser was provided by a Second League match between the Boys’ and the Afrikaans High Schools. In this the third the B.H.S. had to strike their colours by nine points to nil.“
AHS wen, telling 9 – 0.
*************************************************
1933
- Die eerste “rugbytoernooi” word teen Boys High gehou op 30 Augustus (3 spanne speel teen mekaar op dieselfde dag).
- Boys High wen met grootste punte verskil naamlik 19. Telling 0 - 19.
- Affies en Pretoria Boys High speel nie teen mekaar nie. Dit was altyd aanvaar dat dit te doen het met die 2e Wêreld Oorlog maar dit was nie die geval nie. Met Affies wat uitspeel vir die Admin. Beker is daar ‘n verdere 3 wedstryde wat bykom teen die einde van die seisoen. Die wedstryd teen Boys High was duidelik beplan op dieselfde tyd wat die uitspeel wedstryde moes plaasvind. Die twee skole kon nie op ‘n geskikte datum ooreenkom nie en die wedstryd tussen die 1e spanne het nie plaasgevind nie. Omdat Boys High nie aan die Admin Beker deelgeneem het in 1944 was daar ook geen verpligte “liga” wedstryd tussen die twee skole se 1e spanne nie!
- Twee O/15’s span spelers speel vir die 1e Span teen Boys High.
- Die 1e span wedstryd teen Boys High op Loftus dien as voorwedstryd vir die besoekende Wallabies teen NTvl. Boys High het ‘n spogspan gehad met verskeie spelers wat drie jaar vir die 1e span gespeel het. Die Sportredakteur van die Pta News (Jimmy Main ’n oud „gal“ ) skryf dat hy sy enigste kerkhoed sal opvreet as Affies Boys High wen. Louis Schmidt het hulle skrumskakel en losskakel heeltemal ontsenu met sy „Tackles” en hulle het meer hulle oë op hom gehad as die bal. Louis het twee drieë in die wedstryd gedruk en nodeloos om te sê het Affies met 9 – 0 gewen. Wat van Jimmy Main se hoed geword het sal net hy weet?
- Die griep-epidemie was in Augustus gewees. Wat Affies en Boys High se jaarblaaie aan betref was dit ‘n herhaling van die 1944 scenario plus die griep-epidemie. Met Affies wat addisonele uitspeel wedstryde moes speel vir die Admin. Beker plus die griep-epidemie speel die twee skole vir die tweede keer nie teen mekaar nie. Die Pretoria News in 1958 verwys na 1957 en dat Affies nie wou speel nie omdat hulle bang was dat hulle spelers sou seer kry voor die Admin. finaal wat ‘n tipiese koerant storie was!!!!
- 'n Trofee waarvoor gespeel word en na die wedstryd oorhandig word aan die wenspan was nooit werklik deel van die Derby nie. In 1987 het die AHS matrieks van 1966 'n wisseltrofee, die 66-Beker, vir die jaarlikse Derby geskenk. Saterdagoggend 20 Junie 1987 is afgeskop met 'n mini-kermis, inwyding van die nuwe Affie kleedkamers en 'n optog wat ook byna tradisie was. Die Boys High doedelsakorkes met daaragter 'n aantal Affies wat op beeshorings blaas en na afloop daarvan die Affiemanne wat lostrek met "Ken jy die land waar die Boerevolk woon?" Affies wen 12 uit die 20 botsings en ook die klipharde hoofwedstryd naelskraap met 13-10 om die eerste houer van die 66-Beker te word. Die trofee was nie lank in gebruik nie
- Volgens inligting was daar vanaf 1988 – 1998 ‘n “Gunston/Boom” span wedstryd gewees. Dit mag dalk vroeer gewees het.
- Affies wen 28 - 9. Die aantal wedstryde gewen en verloor deur die 1e spanne draai vir die eerste keer positief in Affies se guns met 39 wedstryde gewen en 38 verloor.
- In 1992 skenk die borg van die Derby wedstryd die “Bexforce” beker wat soortgelyk was as die 66-Beker. Dit is net tot 1994 gebruik.
- In die gees van die Rugby Wereld Beker in SA sing albei skole hulle skoollied voor die aanvang van die 1e span wedstryd. Wayne Erickson Australiese WB skeidsregter was in beheer van die 1e span wedstryd. Affies wen 30 - 22
- In 1996 gebeur wat niemand ‘n speler wat aan die dag se wedstryde deelneem toewens nie. Affies se Erich Small breek sy nek tydens die 0/16D wedstryd wat tot gevolg het dat hy permanent in sy onderlyf verlam is. Hieronder 'n foto van Erich en sy spanmaats twee weke na hy beseer is.
- Affies wen met die grootste punte verskil nog naamlik 49 en nogal op Boys High se veld. Springbok kaptein John Smit speel vir Boys High se 1e span en was ook die kaptein.
- Die wedstryd teen Boys High is die 1e wedstryd van AHS wat lewendig op TV(SABC) uitgesaai word. Brian Liebenberg wat later vir Frankryk speel was BH se losskakel en kaptein.
- Affies is sedert 1986 tot 2002 onoorwonne teen Boys High, 19 jaar. Dit is die langste nog tot op hede.
- Vir die eerste en laaste keer speel daar 30 spanne in die jaarlikse Derby
- Die 100ste wedstryd word gespeel in 2005. Boys High wen 21 - 25.
- Affies wen al die wedstryde buiten die 1e span wedstryd, Boys High wen op Affies se veld, 15 - 21.
- Heel gepas word die seisoen afgesluit met die laaste wedstryd teen Pretoria Boys High. Dit is nog steeds die geval in 2018.
- Die laaste keer wat daar twee keer in een jaar gespeel is. Die rede hoekom daar twee keer teen mekaar gespeel is was om ‘n “Tuis” en “Weg” tradisie te vestig.
- Die wen telling van 56 - 3 teen Pretoria Boys High is die grootste punte verskil naamlik 53 teen PBHS sedert 1996 se 49 punte
- Die grootste punte veskil van 2015 hou net ‘n jaar en in 2016 rek Affies dit na 61 punte.
- Vanaf 1980 se 15 wedstryde het die aantal wedstryde vermeerder tot 30 in 2004. Dit het daarna gelydelik verminder tot die afgelope drie jaar se 23 wedstryde.
- Affies is vir die afgelope 12 wedstryde onoorwonne.
- Die aantal punte aangeteken in 'n 1e span wedstryd is die meeste ooit naamlik 82 (62 - 20)
- Na 12 oorwinnings sedert 2009 wen Boys High 21 - 38.
- 'n Minuut van stilte voor die hoofwedstryd ter nagedagtenis aan Affie Ian Visser(Gr 12) wat tragies oorlede is in die week wat die wedstryd voorafgegaan het.
- 1944 en 1957 speel Affies en Boys High nie teen mekaar. Met die Covid 19 epidemie is 2020 die derde jaar wat die twee skole nie teen mekaar speel nie!!