EERSTE SPAN AFRIGTERS
1921 - 2024
Tot op datum was daar 54 afrigters.
Statistiek van afrigters verskyn onder aan die lys van afrigters.
Statistiek van afrigters verskyn onder aan die lys van afrigters.
STATISTIEK
ALGEMEEN
AFRIGTERS REUNIE 1990
- Carel Kriek – Carel was 9 keer met die Direkteurs/Beeld Trofee aan die wenkant gewees. Saam met Sakkie vd Walt was hulle 8 keer aan die wenkant. Carel en Sakkie was nooit aan die verloorkant in ‘n Direkteurs/Beeld Trofee finaal nie
- Sakkie van der Walt – In 2016 is Sakkie vir die 19e jaar betrokke by die 1e span as afrigter/bestuurder. Sy seun speel in 2010 vir die 1e span. Hoof-afrigter van die 2012 Blou Bulle 0/18 Cravenweek span wat die CW finaal wen.
- Hennie Kriek - In 1946 word hy die eerste Oud Affie wat die die eerste span afrig. Hy is die 1e span afrigter vir 6 jaar - 1946, ‘47, ‘49 - ‘52
- Bags Cilliers - Vanaf Affies begin Bags by die Universiteit Pretoria in 1945 en was hy vir jare ‘n huishoudelike naam aan die Universiteit van Pretoria waar hy ophou werk in 1980 as Direkteur Openbare Betrekkinge. Sy vrou was die bekende skilder Bettie Cilliers-Barnard.
- Pierre Edwards (Hoof) - Lid van die 1e Span wat Admin. Beker in 1970 wen. Affies se 3e Springbok rugbyspeler in 1980.
- Boet Vorster - Is die Sekretaris van die NTvl Hoërskole Rugby Vereniging, 1945 - 1965
- At Oosthuizen - Sy seun speel in 2011 vir die 1e span.
- Poerie van Rooyen - Oom van Poerie en Rudi wat in 2008 en 2010 se 1e Span speel. Wen die Direkteurs Trofee in 1985. Afrigter van die 1991 NTvl skolespan wat die finaal wen op die Cravenweek.
- Dave Langley - Was die SA verspring kampioen vir 7 jaar in die tyd 1967 - 1976.
- Hein Raath - Lid van die 1e Span wat Admin. Beker in 1970 wen. Hy het ook vir die ”Ou” N.Tvl krieket gespeel.
- O.P.M.(Prof) Prozesky en S.A. (Stickles) Redelinghuys - Prof en Stickles was die afrigters van die 1e Span wat die Admin. Beker in 1940 vir die eerste keer gewen het.
- Stickles Redelinghuys - Redelinghuyspoort hoofingang van die skool, is vernoem na hom.
- Piet Bosua - Die ingang by die koshuis (naby Huis Neethling) is vernoem na hom. Sy twee seuns speel in 1967, ’72 en ’73 vir die 1e span.
- F.(Pa) Le Roux (Hoof) - In 1921 en '22 is hy afrigter en speel ook vir die 1e span.
- G Wilsenach - Sy drie seuns speel in 1940, ’50 en 51/52 vir die 1e span.
AFRIGTERS REUNIE 1990