DIE NAAM WIT BULLE!
AGTERGROND
Daar word gereeld gevra wanneer die naam Wit Bulle van die AHS 1e span ontstaan het. Dit is nie net Affies wat die naam gebruik nie en aan die einde van die skrywe verwys ek na ander skole wat dit ook gebruik.
Daar was sedert 1921 verskillende gelukbringers/mascots gewees bv. ‘n beertjie in 1948,49,61,62,63 en 59 ‘n haas. Nie een het ooit ‘n instelling geword soos die naam Wit Bulle as ook die “Wit Bul” self nie?
ONTSTAAN
Daar is nie ‘n “WOW’’ oomblik of ‘n spesifieke jaar wat die naam van die 1e span die 1e keer die Wit Bulle geword het nie.
Jack van Rensburg (Affie afrigter) vertel dat hy die o/13A(’74), 14A(’75), 15A(’76) spanne afgerig het en hulle die Bulletjies genoem het.

BULLETJIES van 1974
Voor: J Mare, L Oosthuizen, F Bezuidenhout(k), Mnr J v Rensburg,
L Putter(o/kapt), N Roesch, A Greyling.
2e Ry: J Fouche, H Meyer, P Maritz, H Botha, C Kruger, M Voges.
3e Ry: E Smit, R Roux, A v Wyk, N de Beer, C Bekker, V Schmidt.

Jack was vir die eerste keer 1e span afrigter in 1978 toe van die 1974 spelers ook 1e span gespeel het. Die bulletjies het die Bulle geword wat die Admin Beker wen in 1978. Jack bly die naam Bulle gebruik totdat hy vir die laaste keer die 1e span in 1981 afrig. Danie Mostert (’79 en ‘80 1e span) bevestig wat Jack noem oor die gebruik van die woord Bulle in Jack se tyd as 1e span afrigter.
BULLE van 1978
Voor: F. Swart, W. Pienaar, Mnr. J. van Rensburg, F. Bezuidenhout (k),
Mnr. N. Roesch (hoof), C. Bekker, Mnr. D. de Vos, W. de Kock, H. Meyer
2e ry: R. Roux, N. Hager, D. Meyer, A. Swiegers, G. Hoberg, D. Marx,
W. Malan, L. Putter,, N. Roesch
3e ry: C. Kruger, P. van Rensburg, L. Hattingh, J. de Beer,
K. Oosthuizen, P. Buys, C. Barnard
*****

Gareth Britz (1979 – 83) onthou:
“In 1979 het ons std 6 seuns altyd verwys na die 1stes as die Wit Bulle - dit was nie sover ek bewus is enigsins amptelik so gedoen deur die skool of afrigters nie, maar ek dink as Jack wat in 1978 die eerstes afgerig het, van die Bulle praat, het ons almal (die hele Affie gemeenskap) geweet dis die Wit Bulle of die 1ste rugby span. Tydens my skool loopbaan op AHS het ons as seuns altyd na die 1stes verwys as die Wit Bulle - algemene spreektaal onder onersteuners eerder as 'n erkende naam van die 1ste span.
In die 1981 Jaarblad en Stroom Op asook die ’82 Stroom Op word daar verwys na die spelers van die 1e span as die Bulle..
In die '82 Stroom Op word geskryf: “Dit is waar dit opgebou het en dit het alleen die vyftien Bulle in die Wittruie geweet. Met byna foutlose tegniek is ons Bulle bo-oor hulle teenstanders met die gevolg dat helfte van hulle seuns op die grond bly Iê het”.
In die 1983 Jaarblad skryf die Rugby Organiseerder "Ook ’n woord van gelukwensing aan die A-Driedrukspan wat hul afdeling van die kompetisie gewen het. Die Span kan nog mooi ontwikkel en Transvaal se skole gaan in 1984 weer met moeilike Wit Bulle te doen kry"! Duif vd Merwe (afrigter 1e span) gebruik die woorde Wit Bulle vir die 1e keer in sy Rugbyverslag.

WIT BULLE van 1983
Voor: R. Alberts, G. Swart, Dr. D. vd Merwe (afrigter), R. Louw (kapt),
Mnr. N. Roesch (hoof),,J. Vermaak, A. Hay
2e ry: M. Booyens, C. Auret, J. Maritz, P. Potgieter, R. Schultz, S. Esterhuizen, N van Wyk.
3e ry: J. Nel, K. Pretorius, M. Minnaar, B. du Plessis, J. Papenfus, H. Kelbrick, S. Coetzee
Nie op foto: D Engelbrecht.

In die 1984 Jaarverslag verwys die afrigter weer na die Wit Bulle. Dit is of daar iets ontdek is? In die 1984 Jaarblad en Stroom Op word daar na die Wit Bulle verwys by meer meer as een geleentheid.. In die 1984 Stroom Op (foto hieronder) lees die onderskrif by die foto ”Papie lei die Wit Bulle op die veld”. Papie was die kaptein Janse Papenfus. Janse is vroeg in die seisoen beseer en was Schalk Coetzee kaptein vir die res van die seisoen..
Vanaf 1983/84 was die naam Wit Bulle sinoniem met die AHS se 1e rugbyspan. Foto hiernaas in die 1987 Jaarblad
In die 90’s was een van die vrae wat die Graad 8’s moes beantwoord in hulle Inskakelingstoets:
"Wat is die troetelnaam vir Affies se eerste span?" – (Wit Bulle).
In die 1991 Stroom Op verskyn die kort berig oor die1e span.

In die 90’s voor die eerste span opgehardloop het, het die Affie seuns op die pawiljoen hulle geroep – Wit Bulle, Wit Bulle……. Ons Laaaaaaik julle!!!! Die res is geskiedenis en het die gebruik van die naam Wit Bulle gestoomroller.
Die kersie op die koek was toe die Wit Bul in 1998 lewensgroot by die tuiswedstryd(liga) teen Waterkloof ge-ariveer het.
DIE WIT BUL
Die Bul (Blou/grys vanaf Loftus) het ’n geskiedenis. Johann van Graan en Johnny van Deventer het die Bul in 1998 die Vrydag voor die liga wedstryd teen Waterkloof gaan „leen“ by Loftus? Johann, Johnny en Ryan Adams het die Bul met kalk geverf. Die Bul maak sy eerste verskyning by die 1e span wedstryd teen Waterkloof op Affies se A veld.
Die Bul het daarna agter die krieketnette gestaan tot met die Julie Rugby Festival in 1998 by Affies. Na die Festival verdwyn die Bul! Daar was ‘n sterk vermoede dat leerlinge van Waterkloof dit „verwyder“ het. Johann, Johnny, Kruger van Wyk en Edward Janse van Rensburg is toe een middag Waterkloof toe. Na ‘n lang gesoek het hulle niks gekry nie. Hulle het ‘n werker „iets“ aangebied as hy hulle sou wys waar die Bul is. Hy het hulle toe gewys en siedaar agter ‘n hoë muur langs die Waterkloof pawiljoen. Die vier van hulle het toe die Bul regdeur die Waterkloof trompoppies wat besig was om te oefen gedra en op Edward se bakkie gelaai terug Affies toe. Die Bul se horings was afgesaag en was minus van sy onderdele!!
Die Bul is toe gestoor agter Sakkie vd Walt se huis op die skool terrein waar die Bul reggemaak en oorgeverf is. Met die Beeld finaal teen Waterkloof op AHS se veld in 1998 het die Bul sy 2e verskyning gemaak. In 1999 met die K600 “5 In ’n Ry Funksie“ het Barend van Graan (Hoof UItvoerende Beampte vd Blou Bulle) die Wit Bul amptelik aan die skool geskenk. Die Bul was heel gepas teenwoordig die aand soos gesien kan word hieronder.
Die Wit Bul het sederdien ’n instelling geraak by elke tuiswedstryd.

WIT BUL IN AKSIE
1998 - Beeld Trofee finaal teen Waterkloof + Harold Holscher (Dirigent)
1999 - K600 Vyf in 'n Ry funksie
Hugo Mulder , Phillip Heydenreich en Francois Prinsloo van die 1988 eerste span

2004 - Inwyding van die Rugbyondersteuners Klubhuis
Oppad na Grey College vir een van die jaarlikse Derby's
2022 - Noord/Suid Toernooi by Affies
2022 - Die Wit Bul en die 1e span spelers na afloop van die laaste wedstryd teen Boys High!
******************************
ANDER SKOLE 1e SPANNE WAT BEKEND STAAN AS DIE WIT BULLE
Dit is duidelik dat niemand die naam Wit Bulle vir hulle self kan toe-eien nie. Buiten Affies is daar ook ander skole se 1e spanne wat bekend staan as die Wit Bulle. Daar mag dalk meer wees as die wat ek kon opspoor naamlik, Monument (Monnas), HS Montana, HS Pionier van Vryheid en Oakdale Landbou.
Hoërskool Monument - Krugersdorp
BRONNE:
- Mnr Riaan Mulder van Hoërskool Pionier.
Johan Snyman
Desember 2022
Hoërskool Monument - Krugersdorp
- Monnas se 1e span trui is wit met swart kortbroek sedert 1936.
- In die boek “Monnas se Witbulle” is daar ‘n foto van Monnas leerlinge/ondersteuners met ‘n banier waarop die woorde “Die Wit Bulle” geskryf is. Dit was met die Admin Beker finaal van 1980 teen Hugenote Springs.
- Na ‘n gesprek met Hans Coetzee (Monnas 1e span afrigter) en skrywer van die boek “Monnas se Witbulle 1921 - 2007" word die naam Wit Bulle vanaf ongeveer 1979 gebruik!.
- Montana se 1e Span trui is oorwegend wit met strepe en ‘n wit kortbroek sedert 1983.
- Die gebruik van die naam Wit Bulle het ‘n instelling geraak na die 1e span toer na die Oos Kaap in 1990.
- Vanaf vroeg 90’s het die 1e span ‘n Witbul kreet wat net gedoen word as die 1e span wen.
- ‘n Unieke bulletjie is ontwerp wat aangebring is op die 1e span trui sedert 2000.
- Daar is ‘n skrywe oor die ontstaan van die naam, ens. “Witbul Legende”.
- Pionier se 1e Span trui is oorwegend wit met strepe en ‘n wit kortbroek.
- Die naam Wit Bulle word gebruik deur die leerlinge en die media. Die naam het gekom van ‘n liedje wat geskryf is deur een van die skool se leerlinge met die woorde - Wit Bulle ons laaik julle
- Daar is geen spesifieke datum/tyd van wanneer af dit gebruik word maar is beslis na die 90’s.
- 1e Span trui is oorwegend wit met ‘n blou kortbroek.
- Dit is slegs die media wat partykeer na die Oakdale se Wit Bulle verwys instede van net die Bulle!
BRONNE:
- Jack van Rensburg (Onderwyser en afrigter AHS 1974 – 1981)
- AHS Jaarblaaie
- AHS Stroom Op
- Montana Witbul Alumni – Facebook
- Montana Witbul Legende - Skrywe
- Monnas se Witbulle ’n rugby Oorsig 1921 – 2007 (Hans Coetzee)
- Johann v Graan – OA 1998
- Gareth Britz – OA 1983
- Danie Mostert – OA 1980
- Hoërskool Pionier
- Mnr Riaan Mulder van Hoërskool Pionier.
- Internet berigte en skrywes van Oakdale 1e span.
Johan Snyman
Desember 2022