AFFIES RUGBY
  • Tuis
  • Agtergrond
  • Blog
  • Seisoen
    • 2025 >
      • 1e Span Seisoen
      • Ander Spanne Tellings
      • 2025 Wedstryd Program
    • 2024 >
      • 1e Span Seisoen
      • Ander Spanne Tellings
      • 2024 Wedstrydprogram
      • 2024 Sewes Tellings
      • Noord Suid Bepalings
      • Noord Suid Tellings
    • 2023 >
      • 1e Span Seisoen
      • Ander Spanne Uitslae
      • Sewes Tellings
      • 2023 Wedstrydprogram
      • 2023 Noord/Suid Bepalings
      • 2023 Noord Suid Tellings
      • Afrigters
      • Oefentye
    • 2022 >
      • 2022 1e Span Seisoen
      • 2022 Ander Spanne UItslae
      • 2022 Sewes Tellings
      • Wedstrydprogram
      • Afrigters
    • 2021 >
      • 2021 1e Span Seisoen
      • 2021 Ander Spanne Uitslae
      • Wedstrydprogram
      • Afrigters
    • 2020 >
      • 2020 1e Span Seisoen Statistiek
      • 2020 Ander Spanne Uitslae
      • Wedstryd Program
      • Oefentye
    • 2019 >
      • 2019 1e Span Seisoen Statistiek
      • 2019 Ander Spanne Uitslae
      • 2019 Wedstryd Program
      • 2019 Afrigters
      • 2019 Oefentye
    • 2018 >
      • 2018 1e Span Wedstryd Statistiek
      • 2018 Ander Spanne Uitslae
      • 2018 Bepalings
      • AHS Afrigters 2018
    • 2017 >
      • 2017 Bepalings
      • 2017 1e Span Wedstryd Statistiek
      • 2017 Ander Spanne Uitslae
      • 2017 Velde en Oefentye
    • 2016 >
      • 2016 Bepalings
      • 2016 1e Span Wedstryd Statistiek
      • 2016 Ander Spanne Uitslae
    • 2015 >
      • 2015 1e Span Wedstryd Statistiek
      • 2015 Ander Spanne Uitslae
    • 2014 >
      • 2014 1e Span Wedstryd Statistiek
      • 2014 Ander Spanne Uitslae
    • 2013 >
      • 2013 1e Span Wedstryd Statistiek
      • 2013 Ander Spanne Uitslae
  • Geskiedenis
    • Het Jy Geweet?
    • Geskiedenis Eerste Span Kleredrag
    • Die naam Wit Bulle
    • Simbool van die Wit AHS - rugbytrui
    • Toere & Toernooie
    • Francois Swart 0/15 Toernooi
    • Wit Bulle " Comebacks"
    • AHS se Ierland Konneksie
    • Affies Skepskop Spesialiste
    • Driee om te Onthou
    • Tradisies
    • Koshuis vs Dorp
    • Affie Rugby en Covid - 19
    • Opsomming per Jaar >
      • 1921 - 1929
      • 1930 - 1939
      • 1940 - 1949
      • 1950 - 1959
      • 1960 - 1969
      • 1970 - 1979
      • 1980 - 1989
      • 1990 - 1999
      • 2000 - 2009
      • 2010 - 2019
      • 2020 - 2029
  • Eerste Span Spelers
    • Alfabetiese Lys 1921 tot op Datum
    • Broers
    • Pa en Seun
    • Oupa, Seun en Kleinseun
    • Oupa en Kleinseun
    • 50 Wedstryde +
    • 3 Jaar +
  • Skole Spanne Verteenwoordig
    • Nasionaal
    • SARU EPD Program
    • N.Tvl & BB Skole spelers
    • N.Tvl & BB o/18 Ontwikkeling
    • BB o/17 - 7's
    • NTvl & BB o/17 Ontwikkeling
    • BB o/16 Grant Khomo & Ontwikkeling
    • BB o/15 Ontwikkeling
    • Ander Skool Spanne
  • Skole teen Gespeel
    • Skole teen Gespeel - Alfabeties
    • Opsomming van Wedstryde Gespeel
    • Wedstryd Tellings per Jaar >
      • Affies vs PBHS Geskiedenis
      • AHS VS PBHS Tellings 1988 - 2024
      • Affies vs Grey College - Geskiedenis
      • Affies vs Grey Tellings 1993 - 2024
      • A,B,C
      • D,E,F
      • G & H
      • J,K,L
      • M,N,O
      • P,Q,R
      • S,T,V
      • W & Z
  • Admin/Direkteurs/Beeld en Versekerbeker
    • Geskiedenis en Statistiek
    • Eerste Span Finale
    • 0/14, 0/15 & 0/16 Span Finale
  • N. Tvl en BB Finale + Super 12 &16
    • Eerste Span
    • 0/14, 0/15 en 0/16 Spanne
    • Super 12 & 16
  • Algemeen
    • Eerste Span Kapteins
    • Eerste Span Afrigters
    • Rugby Speler van die Jaar
    • Ondersteuning Groep
    • Eerste Rugby & Krieketspan Verteenwoordig
    • Ranglyste
    • Onderwysers Afrigters & Administrateurs
    • Algemene Punte Statistiek >
      • Wedstryd
      • Seisoen
      • Wittrui
  • Oud Affies
    • Nasionale Spanne >
      • Springbok Spelers
      • Ander Internasionale Spelers
      • Junior Springbokke, SA "A", SA xv
      • Suid Afrika – o/19, o/20, o/21 & o/23
      • Ander SA Spanne
    • Provinsiale Spanne >
      • Eerste OA wat Provinsiaal Speel
      • N. Tvl & Blou Bulle
      • Ander Provinsiale Spanne
    • OA Speel Oorsee >
      • Eerste OA wat oorsee speel
      • Spelers
    • Superugby en Pro 14
    • Toekennings
    • Administrateurs, Afrigters, Skeidsregters, Spandokters >
      • Administrateurs
      • Afrigters
      • Skeidsregters
      • Spandokters
    • Oud Affies Speel Provinsiaal + >
      • 2025
      • 2024
      • 2023
      • 2022
      • 2021
      • 2020
      • 2019
      • 2018
      • 2017
      • 2016
      • 2015
      • 2014
      • 2013
      • 2012
      • 2011
      • 2010
      • 2009
      • 2008
      • 2007
      • 2006
      • 2005
  • Foto Gallery
  • Bibliografie
E-mail Address

1e Span 2013 Wedstryd statistiek


OPSOMMING 2013 SEISOEN
Individuele Wedstryd inligting verskyn na die opsomming

Picture
MEESTE PUNTE IN 'N WEDSTRYD:
  • Dawie Venter - 20 (HTS John Vorster)
  • Ivan van Zyl - 18 (HTS John Vorster)
  • Ivan van Zyl - 17 (Grey College)

MEESTE PUNTE:
  • Ivan van Zyl - 133
  • Jurie Linde - 70
  • Thys van Wyk, Eduan Keyter, Tiaan Schmulian - 50
  • RG Snyman - 47

DRIEË  GEDRUK: - 
92
  • Agterspelers 63 (69%) en voorspelers 29.
    Meeste in 'n wedstryd
  • Dawie Venter - 4 (HTS John Vorster) Met Dawie se 4 drieë sluit hy hom aan by 1e Span spelers wat 4 of meer drieë gedruk het in 'n wedstryd. Hy is die agste speler wat 4 drieë in 'n wedstryd druk.
    Seisoen      
  • Jurie Linde - 14
  • Thys van Wyk, Eduan Keyter, Tiaan Schmulian - 10
  • RG Snyman - 9
  • Dawie Venter – 7
     Drie om te onthou
  • Waterkloof skop ‘n strafskop oor wat die telling 18 -12 maak in Waterkloof se guns. Met speeltyd so te se verby skop Eduan af en  2 minute 19 sekondes en 15 fases later druk Eduan Keyter die drie der drieë onder die pale. Die bal is 30 keer deur ‘n Affie speler gedra of gehanteer.

SPELERS:
  • 27 Spelers speel vir die 2013 1e span. 16 Spelers speel vir die 1e keer in 2013 vir die Witbulle.
  • Derik Bezuidenhout, Ivan van Zyl, Thys van Wyk en Eduan Keyter was in die beginspan van elke wedstryd en het in al 14 wedstryde gespeel.
  • Tiaan Meintjies is die "super sub'. Hy het 11 keer opgekom as’n  reserwe. 
  • Jan van der Merwe word die 27ste Van der Merwe wat vir die 1e span speel. Die vanne wat volg is Pretorius 26 en Malan 22.
  • 9 Spelers verteenwoordig die Blou Bulle Skolespan by die Craven Week.
  • Francois Steyn is die Kaptein van die Blou Bulle Craven Week span.
  • 3 Spelers word gekies vir die SA Skolespan.

BROERS:
  • Slabbert Francois             03
  • Slabbert Robert                 05
  • Slabbert Jandré                 13

OUPA EN KLEINSEUN
  • Jurgens D                            58
  • Jurgens Damiën                13

LYS VAN ALLE TYE
  • % Wedstryde gewen (Teen skole in Suidelike Afrika)  - 1e (100%). Die 1e span van 2013 word die eerste, Affie 1e span wat al hulle wedstryde wen. 1996 en 2001 Was onoorwonne maar het elkeen een wedstryd gelykop gespeel.

  • Totale Punte                                    - 15e (579)
  • Gem. punte pw.                               - 2e (41.4) 
  • Gem. punte verskil pw.                  - 3e (27.7)
  • Totale aantal drieë gedruk            - 11e (92)
  • Gem. aantal drieë pw.                   - 1e (6.6)
  • Meeste punte in ‘n wedstryd         - 3e (88 teen HTS John Vorster)

ANDER
  • Skoppe pale toe - 55% suksesvol
  • Affies neem suksesvol deel aan die Maritzburg College 150 jaar paasnaweek toernooi sowel as die jaarlikse Wildeklawer toernooi wat ook op Maritzburg College aangebied word.
  • Sakkie vd Walt afrigter van  die 1e span vir die 16e jaar.
  • Henry Kelbrick is die spandokter ononderbroke vir die 16e jaar.
  • Heinrich van Jaarsveldt en Perry Joynt sluit hulle aan by Dirk de Vos en Duif van der Merwe wat die 1e span ononderbroke vir 4 jaar afrig.
  • Ivan van Zyl is die 90ste Kaptein van die AHS 1e Span
  • Met die wedstryd teen HTS John Vorster word die truie oorhandig aan die spelers deur Schűbel O' Reilly wat die Kaptein was van die 1952, 1e span.
  • Henry Kelbrick neem  fotos van die 1e span wedstryd teen KES wat sover kon vasstel die  eerste kleur fotos is van ‘n aandwedstryd op AHS se veld.
  • Affies klop Grey College vir die 2e keer 2 jaar na mekaar. Die vorige keer was 2005 en 2006.
  • Damiën Jurgens kom op as reserwe teen Maritzburg College om vir die 1e keer die wittrui oor sy kop trek. Die emosies van Damiën en sy familie na die wedstryd was tiperend van  die voorreg wat dit is om die wittrui te kan aantrek. Trane van blydskap en trots het vrylik gevloei. Damian se glimlag (van oor tot oor) het Affie trots uitgestraal. Om dit nog meer spesiaal te maak volg Damiën in sy Oupa se voetspore wat in 1958 vir Affies se 1e span sowel as NTvl skole gespeel het.
  • SA Skole ranglys posisie -  Deel die No.1 posisie met Paarl Gim (Affies no.1 op 3 en PG no.1  op 3 van die 6 ranglyste gepubliseer)



******************************************************************************************************************

PRETORIA BOYS HIGH SCHOOL 3 AUGUSTUS 2013

AGTERGROND:

Saterdag is die 110 de wedstryd teen Pretoria Boys High. Sedert 1923 is daar buiten 1944 (2e Wereld Oorlog) en 1957 (Griep epidemie) nog elke jaar en party jare meer as een keer teen mekaar gespeel. In 2005 speel die twee skole die 100ste keer teen mekaar. 
Boys High lewer 3 Springbokke op naamlik Robbie Brink (1995), John Smit (2000 – 2011) en Chilliboy Ralepele (2006 – 2013).

Wat min mense weet is dat Boys High in die begin jare van die Admin. Beker (nou die Beeld Trofee) dit oorheers het en dit 4 keer gewen het vanaf 1920 - 1928. Boys High neem nie deel aan die kompetisie vanaf 1929  tot en met 1978 nie. Vanaf ongeveer 1985 het hulle nog nie weer aan die kompetisie deelgeneem nie. 

WEDSTRYDE GESPEEL

Die wedstryd tellings oor die jare plus statistieke soos die grootste wen telling van elke skool kan gesien word deur hier te klik. Opsomming van die wedstryde gespeel sedert 1923 is as volg:

Gespeel  – 109
Wen         –   59
Verloor    –   41
Gelykop   –     9

In 1991 draai die skaal van die hoeveelheid wedstryde gewen teenoor verloor die eerste keer positief vir Affies met 39 en Boys High 38 wedstryde gewen. Boys High wen eers weer in die periode 2000 – 2009,  3 wedstryde wat hulle totaal opstoot na 41. Die wedstryde gewen opgebreek in dekades is as volg:

TUISVELD VOORDEEL

Wedstryde teen Boys High op hulle tuisveld is nooit maklik nie en is altyd 50/50. Die statistiek oor die jare bevestig dit en ‘n voorbeeld daarvan is 1998 toe Affies tuis met  49 – 0 wen en later die jaar gelukkig is om met 21 elk gelykop te speel op Boys High se veld.
Wedstryde gewen op Boys High se veld sedert 1923:

  • AHS – 53%
  • PBHS  - 47%

SPAN
15.Keyter Eduan
14.Schmullian Tiaan
13.Linde Jurie
12.Orffer Philip
11.Van Wyk Thys
10.Venter Dawie
9.Van Zyl Ivan(K)
8.Slabbert Jeandre
7.Allison Calvonn
6.Bezuidenhout Derik
5.Snyman RG
4.Vreken Hanrich
3.Eloff WP
2.Venter Louis
1.Du Plessis DP

WEDSTRYD
Die laaste wedstryd van die seisoen is heel van pas die jaarlikse "derby" gewees teen  Boys High. Alhoewel ek nie die wedstryd kon bywoon nie was dit soos altyd spesiaal en moes die spanning veral in die1e helfte ondraaglik gewees het. 
Affies loop vroeg voor na 'n drie deur Jurie. Boys High maak dit gelykop  met 'n drie  en die telling bly 5 elk tot en met halftyd. Boys High het in die 1e helfte in Affies se helfte van die veld geboer en met ongeveer 4 strafskoppe misluk. Ja, ja alhoewel dit 12 punte is, is dit net die 1e een wat tel as mis. Hoekom? As dit oor was sou die res van die wedstryd heeltemal anders gewees het want dan sou die afskop van die middellyn gewees het en nie die kwartlyn nie!

Kort na halftyd begin Eduan met die bal hardloop vanuit Affies se kwartgebied wat uitloop op 'n drie vir RG. Daarna druk Affies met reelmaat nog sewe driee met die laaste een deur WP Eloff om die telling 50 - 12 te maak.

RG wat 'n uitstaande wedstryd gehad het kry 'n geelkaart in die 2e helfte.

Die punte verskil in 2013 naamlik 38 is die 4e grootste naas 1996/1998(49) en 2011(44)

PLAASVERVANGERS:
Louis Venter (Frans Steyn), Tiaan Meintjies (Hanrich Vreken), Wihan Barnard (DP Du Plessis), Morne van Staden (Philip Orfer) en Damien Jurgens(Calvonn Allison)

PUNTEMAKERS:

AFFIES: 50 (5)

Driee: Jurie Linde (2), RG Snyman (1), Tiaan Schmulian (1), Jeandre Slabbert (1), Thys van Wyk (1) en WP Eloff (1)
Skoppe: Doelskoppe - Ivan van Zyl (5)

PRETORIA BOYS HIGH: 12(5)

*****************************************************************************************************************************************

GLENWOOD 27 Julie 2013

AGTERGROND:
Affies en Glenwood speel 6 keer sedert 2007 teen mekaar. Affies wen 4 en Glenwood 2 keer. Vir detail tellings per jaar klik hier.
Glenwood bestaan sedert 1910 en het 6 Springbokke sedert 1921 opgelewer. Die laaste was John Allen wat haker vir die Springbokke gespeel het.
9 Spelers van Glenwood verteenwoordig Kwa-Zulu Natal by die 2013 Craven Week.

Buiten Salmon van Huyssteen wat sy knie beseer het op die Craven Week is al die ander spelers reg vir Saterdag teen Glenwood. Salmon sal eers in 2014 weer kan speel.

SPAN:
15.Keyter Eduan
14.Schmullian Tiaan
13.Linde Jurie
12.Orffer Philip
11.Van Wyk Thys
10.Venter Dawie
9.Van Zyl Ivan(K)
8.Slabbert Jeandre
7.Allison Calvonn
6.Bezuidenhout Derik
5.Snyman RG
4.Vreken Hanrich
3.Eloff WP
2.Venter Louis
1.Du Plessis DP

WEDSTRYD:
Met die afskop na Glenwood se eerste drie en die telling 11 - 3 in die guns van Glenwood druk Affies hul eerste drie. Daarna was dit net een span op die veld soos die finale telling aandui.

In die 2e helfte was daar blykbaar 'n woeste vuisgeveg en is die slot van Glenwood af met 'n geelkaart. 
Affies verloor Thys van Wyk en Jeandre Slabbert vroeg in die 1e helfte vir bloed nadat hulle koppe teen mekaar gestamp het. Jeandre kom weer later terug.

Sewe van die agt drieë word deur die agterspelers gedruk.

Jan van der Merwe trek die wittrui vir die eerste keer aan toe hy opkom as plaasvervanger vir Thys van Wyk.  Jan is die 27ste speler wat vanjaar vir die 1e span speel. 

Jan word die 27ste speler met die van, Van der Merwe wat vir die 1e span speel. Die vanne wat volg is Pretorius 26 en Malan 22.

PLAASVERVANGERS:

Jan van der Merwe (Thys van Wyk), Tiaan Meintjies (Jeandre Slabbert), Philip Orffer (Morne van Staden),Louis Venter (Francois Steyn) en Tiaan Meintjies (Calvonn Allison)

PUNTEMAKERS:


AFFIES: 53 (32)

DRIEE: Tiaan Schmulian 2), Philip Orffer (2), Eduan Keyter (1), WP Eloff (1),Ivan van Zyl (1) en Jurie Linde (1).

SKOPPE: Doelskoppe - Ivan van Zyl (5)
                  Strafskoppe - Ivan van Zyl (1)

GLENWOOD: 23 (11)


******************************************************************************************************************************************

MARITZBURG COLLEGE 20 JULIE 2013

AGTERGROND:

Affies en Maritzburg College  speel 18 keer onafgebroke teen mekaar sedert 1996. Affies wen 16 en Maritzburg College 2 keer. Vir die detail tellings per jaar en opsomming klik hier.

Maritzburg College lewer 9 Sprinbokke op.  Die bekendste Springbokke is  Keith Oxlee, Joel Stransky, Butch James en Peter Grant. Wat opmerklik is dat hulle almal losskakel gespeel het vir die Springbokke. 

Elke jaar word daar met ongeveer 26 rugbyspanne teen mekaar gespeel. Daar word ook in ander sportsoorte soos tennis, hokkie, ens. meegeding.

Soos met  die jaarlikse interskole teen Grey College is deelnemers in die begin jare per trein na en vanaf Pietermaritzburg/Pretoria vervoer maar dit is sederdien vervang met bus vervoer.

Salmon van Huyssteen en Francois Steyn is beseer. Salmon sal heel moontlik nie verder die seisoen speel nie.

DAG:

Vandag was soos elke jaar in die verlede 'n spesiale dag vir alle graad 12 rugbyspelers wat hulle laaste wedstryd op hulle tuisveld gespeel het.  Affies maak dit 'n voltal en wen al 27 wedstryde.

Vir een van die 1e span spelers was dit 'n baie spesiale dag. Damian Jurgens kom op as reserwe om vir die 1e keer die wittrui oor sy kop trek. Die emosies van Damian en sy familie na die wedstryd was tiperend van wat 'n voorreg dit is om die wittrui te kan aantrek. Trane van blydskap het vrylik gevloei en met Damian se glimlag van oor tot oor wat Affie trots uitgestraal het. Om dit nog meer spesiaal te maak volg Damian in sy Oupa se voetspore wat in 1958 vir Affies se 1e span sowel as N.Tvl skole gespeel het.

SPAN:
15.Keyter Eduan
14.Schmullian Tiaan
13.Linde Jurie
12.Orffer Philip
11.Van Wyk Thys
10.Venter Dawie
9.Van Zyl Ivan(K)
8.Slabbert Jeandre
7.Allison Calvonn
6.Bezuidenhout Derik
5.Snyman RG
4.Vreken Hanrich
3.Eloff WP
2.Venter Louis
1.Barnard Wihan

WEDSTRYD:
In die 1 e helfte wou die Affie masjien net nie op alle silinders loop nie en was Maritzburg College  op stadiums voor gewees. Die wedstryd draai met Affies  wat voorloop  met 22 - 17.

In die 2e helfte met Affies wat speel van Noord na Suid kom die Affie masjien aan die gang en  was Maritzburg College gelukkig om 3 punte aan te teken. RG Snyman en Phillip Orffer kuier elkeen 3 keer agter die doellyn. Ongelukkig was die skopwerk nie so akkuraat nie en is slegs 3 uit 9 van die doelskoppe oorgeskop. RG Snyman verdoel sy derde en die laaste drie wat reg onder die pale was.  

PLAASVERVANGERS:

Tiaan Meintjies (Derik Bezuidenhout), Damian Jurgens (Jeandre Slabbert)

PUNTEMAKERS
:

AFFIES: 51(22)

Drieë: RG Snyman (3), Philip Orffer (3), Ivan van Zyl (2) en Jurie Linde (1).
Doelskoppe: Ivan van Zy l(2), RG Snyman (1).

MARITZBURG COLLEGE: 20(17)


******************************************************************************************************************************************

WATERKLOOF 25 MEI 2013

SPAN

15.Keyter Eduan
14.Schmullian Tiaan
13.Linde Jurie
12.Orffer Philip
11.Van Wyk Thys
10.Venter Dawie
9.Van Zyl Ivan(K)
8.Van Huyssteen Salmon
7.Allison Calvonn
6.Bezuidenhout Derik
5.Snyman RG
4.Vreken Hanrich
3.Eloff WP
2.Steyn Francois
1.Du Plessis DP
AGTERGROND

Affies en Waterkloof speel sedert 1987 teen mekaar. Dit sal die 38ste keer wees wat die twee skole teen mekaar speel. Vir die tellings per jaar en opsomming klik hier.
In 2007 besluit AHS om nie meer aan die Beeld Trofee en die Michelin reeks deel te neem nie en Affies en Waterkloof speel vir die eerste keer met alle spanne weer teen mekaar in 2012 op Waterkloof se veld.
Pretoria Boys High(109), CBC(55) en Helpmekaar(39) het meer wedstryde teen Affies gespeel. In 2006 speel die 1e spanne 4 keer in een jaar teen mekaar.

Affies en Waterkloof speel vir die 1e keer teen mekaar in die Beeld Trofee finaal in 1998 en weer in 2002 en 2006. Affies is elke keer aan die wenkant. In 1998 is Waterkloof die 1e naaswenner van ‘n streek wat in die Beeld Trofee finaal speel en in 2006 is Affies die eerste naaswenner van ‘n streek wat die Beeld Trofee finaal wen.

Waterkloof se laaste 2 Sprinbokke is – Gary Botha en Wikus van Heerden.


WEDSTRYD:

Met speeltyd verby en Affies agter 12 - 18 behou Affies besit. Na 'n klomp fases druk Eduan Keyter onder die pale vir Ivan van Zyl om te verdoel. Nodeloos om te se daarna het pandemonium uitgebreek.

Omdat ek self nie daar kon wees nie het my kontak by die veld my  halftyd geskakel en was hy baie  bekommerd oor die verloop van die wedstryd. Ek noem toe aan hom dat as hy bygelowig is verseker ek hom dat wanneer Affies van Noord (tennisbaan kant) na Suid speel in die 2e helfte hulle selde indien ooit verloor!!!!!

'n Beskrywing van die laaste drie van waar Affies besit gekry het tot hulle onder die pale gedruk het sal sodra dit beskikbaar is op die Blog geplaas word.

Al die ander spanne het gewen buiten die 0/14B span wat gelykop gespeel het. Kliek hier vir die uitslae per wedstryd.

PUNTEMAKERS:

AFFIES: 19(7)
Drieë:Thys van Wyk (1), Tiaan Schmulian (1) en Eduan Keyter (1).
Skoppe: Ivan van Zyl -  Vervyfskoppe (2)

 WATERKLOOF: 18(12)

 PLAASVERVANGERS: 
Tiaan Meintjies (Hanrich Vreken)

**************************************************************************************************

GREY COLLEGE 11 mei 2013

SPAN

15.Keyter Eduan
14.Schmullian Tiaan
13.Linde Jurie
12.Orffer Philip
11.Van Wyk Thys
10.Venter Dawie
9.Van Zyl Ivan(K)
8.Van Huyssteen Salmon
7.Allison Calvonn
6.Bezuidenhout Derik
5.Snyman RG
4.Vreken Hanrich
3.Eloff WP
2.Steyn Francois
1.Du Plessis DP
AGTERGROND

Affies en Grey speel sedert 1953 teen mekaar. Dit sal die 37ste keer wees wat die twee skole teen mekaar speel. Vir die tellings per jaar en opsomming klik hier.

1953 - 1959 (Speel)
1960 - 1965 (Speel nie)
1966 - 1968 (Speel)
1969 (Speel nie)
1970 - 1974 (Speel). Tydens die 1e span wedstryd teen Grey College in 1974 word ’n speler van albei spanne na ’n woeste geveg van die veld gestuur. Dit het tot gevolg dat die jaarlikse kragmeting tussen Affies en Grey gestop word en speel die 1e spanne eers in 1992 weer teen mekaar.
1981 (Speel). Affies speel teen Grey met al die spanne buiten die 1e spanne. Affies se 1e Span moes op die dag in ‘n Adminbeker wedstryd speel.
1992 -  2012 (Speel). 
  • In 1996 wen Affies vir die eerste keer teen Grey sedert 1953.
  • In 1998 wen Affies  vir die eerste keer meer wedstryde as Grey in hulle jaarlikse kragmeting
  • In 2000 speel die 1e spanne nie teen mekaar nie agv ‘n hewige donderstorm voor die hoofwedstryd. Die wedstryd word uitgestel en die 2 spanne speel op ‘n weeksdag daarna teen mekaar. Telling 17 elk.
  • In 2006 gebeur die volgende met Herman van Dyk van Affies. Na hy vir die 1e span in die begin van die jaar gespeel het, speel hy vir die 3e span na ‘n besering teen Grey. Hy is reserwe vir die 2e span en speel as reserwe vir die 2e span. Die afrigters behou hom as reserwe vir die 1e span en hy speel ook vir die 1e span as reserwe.
Een van die groot ervarings teen Grey was natuurlik die treinrit met die wegwedstryd en daar is langgg stories wat vertel word oor wat op die treinritte gebeur het! Dit is iets van die verlede en sal nie gou indien ooit weer deel word van die Interskole met Grey nie.

Grey College is naas Paul Roos die skool wat die meeste Springbokke opgelewer het naamlik 38 en die laaste drie Springbokke is Coenie Oosthuizen, Tiaan Liebenberg en Johan Goosen.

WEDSTRYD:
Met die telling 37 - 17 het dit gelyk of die punteverskil van 1996 naamlik 22 punte verby gesteek gaan word. Grey het teruggekom en die verskil was met die blaas van die eindfluitjie slegs 6 punte. 
Phillip Orffer kry 'n geelkaart met 1 minuut se speeltyd oor.
Wat op die einde van die dag onthou sal word is dat Affies in 2013 gewen het. Geluk aan die afrigters en spelers van die 2013 span om slegs die 2e keer sedert 2005 op Grey se tuisveld te wen.

PUNTEMAKERS:

AFFIES: 37 (22)
Drieë:Francois Steyn (1), Jurie Linde (2), Thys van Wyk (1) en Ivan van Zyl (1)
Skoppe: Ivan van Zyl -  Vervyfskoppe (3) en strafskoppe (2)

 GREY COLLEGE: 31(14)

 PLAASVERVANGERS: Jandre Slabbert (Derik Bezuidenhout – bloed), Jandre Slabbert ( Calvonn Allison)
Wat is fout met die kouse wat die spelers van Affies op die foto hieronder aan het? Klik hier en kyk op "Het Jy Geweet" 2012  vir die antwoord! 
Picture

******************************************************************************************************************

paul roos 4 Mei 2013 (WILDEKLAWER)

SPAN

15.Keyter Eduan
14.Schmullian Tiaan
13.Linde Jurie
12.Orffer Philip
11.Van Wyk Thys
10.Van den Berg Deon
9.Van Zyl Ivan(K)
8.Van Huyssteen Salmon
7.Slabbert Jeandre
6.Bezuidenhout Derik
5.Snyman RG
4.Vreken Hanrich
3.Eloff WP
2.Steyn Francois
1.Du Plessis DP

AGTERGROND

Affies en Paul Roos speel 16 keer teen mekaar vanaf 1946. Seder 2005 word daar elke jaar teen mekaar gespeel. Vir die detail tellings per jaar en opsomming klik hier.
Paul Roos is die skool wat die meeste Springbokke tot nou toe opgelewer het en die laaste drie is Andries Bekker, Juandre Kruger en Francois Hougaard.

WEDSTRYD
Koud en nat onder voet. Wedstryd van 2 helftes. Paul Roos wat die septer swaai in die eerste helfte en Affies wat die oorhand het in die tweede helfte.

Ivan van Zyl - "Man of the match"

PUNTEMAKERS


Affies 17(0): Drieë: Jurie Linde(1),DP duPlessis (1)
Doelskoppe: Ivan van Zyl (2),Strafskoppe(1)

Paul Roos10(10): 

PLAASVERVANGERS
Gavin Forster (Derik Bezuidenhout - bloed), Wihan Barnard (DP du Plessis), Dawie Venter (Deon van den Berg), Tiaan Meintjies (Jeandre Slabbert) en Gavin Forster( Hanrich Vreken).

******************************************************************************************************************

framesby 2 mei 2013 (wildeklawer)

15.Keyter Eduan
14.Schmullian Tiaan
13.Linde Jurie
12.Orffer Philip
11.Van Wyk Thys
10.Van den Berg Deon
9.Van Zyl Ivan(K)
8.Van Huyssteen Salmon
7.Forster Gavin
6.Bezuidenhout Derik
5.Snyman RG
4.Vreken Hanrich
3.Barnard Wihan
2.Steyn Francois
1.Du Plessis DP


AGTERGROND

Speel net een keer teen Framesby op die Grey High paasnaweek toernooi in 1997 . Affies wen 18 - 0.

WEDSTRYD

Wedstryde is 30 minute aan 'n kant en geen ekstra tyd word toegelaat vir beserings nie. Die klok bly hardloop.

Salmon van Huyssteen "Man of the Match"

PUNTEMAKERS


Affies 41(29): Drieë: Eduan Keyter (2), Thys van Wyk (2), Francois Steyn (1) & Jurie Linde(1).
Doelskoppe: Ivan van Zyl (4),Strafskoppe(1)

Framesby21(9): 

PLAASVERVANGERS

Louis Venter(Frans Steyn),Jeandre Slabbert(Gavin Forster), Tiaan Meintjies (Hanrich Vreken), WP Eloff (Wihan Barnard) en Dawie Venter (Jurie Linde)

******************************************************************************************************************

jeppe boys high  27 April 2013

SPAN:

1. DP du Plessis
2. Francois Steyn
3. Wihan Barnard
4. Calvonn Allison
5. RG Snyman
6. Derik Bezuidenhout
7. Gavin Forster
8. Salmon v Huyssteen
9. Ivan v Zyl (K)
10. Deon vd Berg
11. Thys v Wyk
12. Dawie Venter
13. Jurie Linde 
14. Tiaan Schmulian
15. Eduan Keyter

AGTERGROND

Affies speel 7 keer teen Jeppe Boys High sedert 1996. Affies wen al 7 die wedstryde. Vir die detail tellings per jaar klik hier.

Daar is huidiglik 'n verbintenis tussen die 2 skole met Oud Affie Con Purchase wat die Adjunk Hoof is van Jeppe.

Jeppe lewer 3 Springbokke op sedert 1924 waarvan James Dalton die bekendste is.

WEDSTRYD

Calvonn Allison kry 'n rooikaart ongeveer 5 minute voor die einde van die 1e helfte. Die skrumreels vir skole bepaal dat die ekstra speler in Jeppe se span nie aan die skrum mag deelneem nie.

PUNTEMAKERS


Affies 36(17):
Drieë: Dawie Venter (1), Tiaan Schmulian (1), Thys van Wyk (1), RG Snyman(1). DP DuPlessis (1) en Jurie Linde (1)
Doelskoppe: Ivan van Zyl (3)

Jeppe 18(3): 

PLAASVERVANGERS

Philip Orfer (Dawie Venter), Andrew Langridge(Philip Orfer)

******************************************************************************************************************

King edward High school  24 APRIL 2013

SPAN:

1. D P du Plessis
2. Francois Steyn
3. Wihan Barnard
4. Hanrich Vreken
5. R G Snyman
6. Derik Bezuidenhout
7. Calvonn Allison
8. Salmon v Huyssteen
9. Ivan v Zyl (K)
10. Deon vd Berg
11. Thys v Wyk
12. Dawie Venter
13. Jurie Linde 
14. Tiaan Schmulian
15. Eduan Keyter

AGTERGROND

Affies en KES speel 4 keer teen mekaar sedert 1997. Affies wen al 4 die wedstryde, Sien details per jaar deur hier te klik. Die Springbokke Joe van Niekerk en Bryan Habana was op KES op skool.

WEDSTRYD


Dit was 'n aand wedstryd gewees. Die spelers het gesukkel om by die nat gras aan te pas.  Die telling van 46/6 is die grootste punte verskil teen KES sedert hulle die 1e keer teen mekaar gespeel het in 1997. 
WP Eloff speel nie as gevolg van iets wat hom gebyt het aan sy arm en ontsteek het.
Wihan Barnard speel in sy plek
Frans Steyn  kry 'n geelkaart vroeg in die 2e helfte vir 'n "tip tackle".
Henry Kelbrick neem kleur fotos wat die eerste fotos is van die Eerstespan aandwedstryd op AHS se veld.

PUNTEMAKERS


Affies 46(15): Drieë: Eduan Keyter (1), Dawie Venter (1), Tiaan Schmulian (2), Thys van Wyk (1), Francois Steyn (1) & RG Snyman(1).
Doelskoppe: Ivan van Zyl (4),Strafskoppe(1)

KES 6(3): 

PLAASVERVANGERS
Louis Venter(Frans Steyn geelkaart),Gavin Forster (Calvonn Allison), Tiaan Meintjies (RG Snyman) en Philip Orfer (Jurie Linde)

**************************************************************************************************

HTS john voRster 13 April 2013

SPAN

15. E Keyter
14. T Schmulian
13. M vd Heever
12. D Venter
11. T v Wyk
10. D Hendricks
9. I v Zyl (k)
8. S v Huyssteen
7. G Forster
6. D Bezuidenhout
5. C Allison
4. H Vreken
3. W.P Eloff
2. F Steyn
1. D.P du Plessis

Picture
Dale ontvang se trui van Schubel
AGTERGROND
Affies speel 25 keer teen HTS John Vorster sedert 1964. Affies wen 18 en  verloor 7 wedstryde. Alhoewel Affies sedert 2006 nie aan die Beeld Trofee deelneem nie, speel die twee skole onafgebroke teen mekaar sedert 2007.

RG met 'n kuit en Jurie met 'n lies beserings is nie oorweeg vir Saterdag se wedstryd nie.

WEDSTRYD

Die 1e span truie word oorhandig aan die spelers deur Schűbel O' Reilly wat die Kaptein was van die 1952 1e span. Schűbel het in 1951 vir die 1e span gespeel asook vir N.Tvl vanaf 1957 - 1959 (16 wedstryde). Hy was ook 'n N.Tvl skeidsregter en betrokke by die bestuur van die NTvl Skeidsregters Vereniging vanaf  1964 - 1978. In 1952 speel die 1e Span vir die eerste keer in die Wittrui.

Affies se telling van 88 punte was die 3e meeste nog deur 'n AHS 1e span aangeteken en die meeste nog op AHS se tuisveld. Die telling van 88 - 9 is die grootse punte verskil nog teen HTS John Vorster. Die vorigste grootste was 58 - 0 in 2011.

Dawie Venter se 4 drieë sluit hom aan by 1e Span spelers wat 4 of meer drieë gedruk het in 'n wedstryd. Hy is die agste speler wat 4 drieë in 'n wedstryd druk.

Deon van den Berg speel vir die eerste keer in die Wittrui toe hy opkom as losskakel in die plek van Dale Hendricks wat sy skouer halfpad deuer die 1e helfe ontwrig het.

PUNTEMAKERS:
Affies 88(43): Drieë: Gavin Forster (2), Eduan Keyter (1), Dawie Venter (4), Tiaan Schmulian (2), Thys van Wyk (2),WP Eloff (1), Francois Steyn (1) & Tiaan Meintjes (1).
Doelskoppe: Ivan van Zyl (9)

HTS John Vorster 9(9): Strafskoppe (3)

PLAASVERVANGERS:
Deon van den Berg( Dale Hendricks), Tiaan Meintjes(Calvon Allison) en Philip Orfer (Marchant van den Heever).

   


******************************************************************************************************************

DALE COLLEGE 3 APRIL 2013 (Pietermaritzburg)

SPAN
1.DP du Plessis
2.Francois Steyn (O/K)
3.WP Eloff
4.Hanrich Vreken
5.RG Snyman
6.Derick Bezuidenhout

7.Gavin Foster
8.Salmon van Huyssteen
9.Ivan van Zyl (K)
10.Dale Hendricks
11.Tiaan Schmulian
12.Dawie Venter
13.Marchant van den Heever
14.Thys van Wyk
15.Eduan Keyter


RESERWES 
Louis Venter

Wihan Barnard
Tiaan Meintjes
Calvonn Allison
Jeandre Slabbert
Jurie Linde
Andrew Langridge
Morne van Staden
Philip Orfer
AGTERGROND
Affies speel 4 keer teen Dale College sedert 1935. Affies wen 2 keer, verloor 1 en 1 is gelykop. Die laaste wedstryd was in 2000 wat Affies 28 -7 wen.

Francois Steyn is die Onder Kaptein

WEDSTRYD
Van die vyf wedstryde gespeel tot nou toe is 51 - 0 die grootste punte verskil nog.

Eduan Keyter het 2 driee gedruk. Die eerste een het hy behoorlik deur die hele Dale span gehardloop en was die drie van die wedstryd.

Eduan word aangewys as die speler van die wedstryd.

Philip Orfer kon gespeel het maar omdat dit gereen het is daar nie 'n kans met hom gewaag nie. Geen ernstige beserings na vandag se wedstryd nie. Al die spelers sal reg wees vir die volgende wedstryd op die 13e April teen HTS John Vorster.


Lees Wim Pretorius(Oud Affie ) se wedstryd verslae op Rugby365/Schools. Puntemakers hier gepubliseer is met die afrigters van Affies bevestig.

PUNTEMAKERS
Affies 51(27): Drieë: Marchant van den Heever, RG Snyman, Salmon van Huyssteen (2), Gavin Foster (2), Eduan Keyter (2) en Dawie Venter.
Doelskoppe: Ivan van Zyl (2), Marchant vd Heeveer (1)

Dale College 0(0):

PLAASVERVANGERS
Louis Venter, Tiaan Meintjes, Calvonn Allison, Jeandre Slabbert, Andrew Langridge en Morne van Staden

******************************************************************************************************************

GREY HIGH PE 1 APRIL 2013 (Pietermaritzburg)

SPAN
1.WP Eloff
2.Francois Steyn
3.Wihan barnard
4.Hanrich Vreken
5.RG Snyman
6.Derick Bezuidenhout

7.Salmon van Huyssteen
8.Calvon Allison
9.Ivan van Zyl (Kaptein)
10.Dale Hendricks
11.Andrew Langridge
12.Dawie Venter
13.Jurie Linde
14.Thys van Wyk
15.Eduan Keyter


RESERWES
Louis Venter

DP du Plessis
Tiaan Meintjes
Jeandre Slabbert
Calvonn Allison
Jurie Linde
Andrew Langridge
Philip Orfer
Morne van Staden
AGTERGROND
Affies speel 3 keer teen Grey High sedert 1964. Affies wen 2 keer en verloor die laaste wedstryd 17 - 19 in 2003.

Ivan van Zyl word aangewys as die Kaptein vir die seisoen.

Tiaan Schmulian speel vir Affies 1e span krieket maar word onttrek agv 'n handbesering.

Dawie Venter speel sy eerste wedstryd in die wittrui.

WEDSTRYD
Die wedstryd was baie fisies en vanaf die afskop kry 'n speler van Grey 'n geelkaart.  Salmon en RG het albei 'n geelkaart gekry in die 1e helfte vir 'n" tip tackle". Die Witbulle se verdediging was uitstaande.  

Volgens Oud Affie Wim Pretorius druk Jurie weer  'n langggggg drie waar hy sy hakskene vir verskeie Grey-verdedigers gewys het en goed 40meter gehardloop het om te gaan druk. 

Ivan van Zyl was die speler van die wedstryd

Van die drie wedstryde gewen tot nou toe is 31 - 3 die grootste punte verskil nog. In 1997 was dit 25 - 15.

As gevolg van die beserings aan Marchant vd Heever, Tiaan Schmulian en Philip Orfer word Morne van Staden nader getrek vanaf die Vryheid Rugby toernooi. Morne kom op as reserwe vir die laaste 10 minute in Jurie Linde se plek en speel sy eerste wedstryd in die wittrui.

Geen nuwe beserings na die wedstryd teen Grey en hopelik sal al die spelers oorweeg kan word vir die wedstryd teen Dale College.

PUNTEMAKERS
Affies 31 (12): Drieë: Dale Hendricks, Thys van Wyk, Calvonn Allison, Salmon van Huyssteen en Jurie Linde.
Doelskoppe: Ivan van Zyl (3)

Grey High 3 (3):

PLAASVERVANGERS
Gavin Foster (Calvonn Allison),Tiaan Meintjes (RG Snyman), DP Du Plessis (Wihan Barnard) en Morne van Staden(Jurie Linde)

******************************************************************************************************************

QUEENS COLLEGE 30 MAART 2013 (Pietermaritzburg)

SPAN
1.WP Eloff
2.Louis Venter
3.DP du Plessis
4.Tiaan Meintjes
5.RG Snyman
6.Derik Bezuidenhout
7.Salmon van Huysteen
8.Jeandre Slabbert
9.Ivan van Zyl (Kaptein)
10.Marchant van den Heever
11.Tiaan Schmulian
12.Andrew Langridge
13.Jurie Linde
14.Thys van Wyk
15.Eduan Keyter

AGTERGROND
Tiaan Meintjes en Gavin Foster speel die eerste keer vir die Witbulle. Andrew Langridge speel die eerste keer die jaar vir die 1e span. Louis Venter, DP du Plessis en Marchant vd Heever is in die beginspan nadat hulle teen Diamantveld as reserwes opgekom het. 

Die kaptein is Ivan van Zyl

Affies speel 2 keer teen Queens College naamlik 1981 en 2008. Affies wen albei wedstryde, 25-18 en 44-19.

WEDSTRYD
Jurie druk sy eerste drie in die eerste helfte na hy amper deur die hele Queens span hardloop.

Marchant van den Heever kry 'n geelkaart 2 min in die tweede helfte. 

Queens College druk 'n drie na die tyd reeds verby is.

Jurie Linde was die speler van die wedstryd!


PUNTEMAKERS
Affies 27 (17): Drieë: Jurie Linde (2),Tiaan Schmulian (1) en WP Eloff (1) 
Doelskoppe: Ivan van Zyl (2). Strafskoppe: Ivan van Zyl (1)
Queens College 13 (0):

PLAASVERVANGERS: 
Dale Hendricks (Losskakel) in die 2e helfte.

******************************************************************************************************************

Diamantveld 16 Maart 2013 (Kimberley)

Picture

AGTERGROND
In die 1e span is daar 8 spelers (in groen) wat in 2012, 1e Span gespeel het en 4 spelers( in rooi) wat Graad 11 is. Francois Steyn is die Kaptein en Ivan van Zyl die O/Kaptein. 
Sedert 1985 is dit die 3e keer  wat Affies teen Diamantveld speel. Die vorige 2 wedstryde was die tellings 29/0 en 24/10 in Affies se guns.
Jeandre Slabbert en Robert Slabbert( haker 2005) is broers en speel vir die Wit Bulle.

PUNTEMAKERS
Affies 32 (15): Drieë: Jurie Linde (2), RG Snyman (2), Philip Orffer (1), Eduan Keyter (1). Doelskoppe: Dale  Hendricks (1).
Diamantveld 7 (0):

PLAASVERVANGERS
Louis Venter ( Haker - Bloed), DP du Plessis (Voorry - Geelkaart), Marchant vd Heever (Losskakel) en Dale Hendricks gaan speel skrumskakel

*****************************************************************************************************************************************
Proudly powered by Weebly