AHS - IERLAND KONNEKSIE
o/15A Span VAN 1968
Dit wat in 1968 gebeur het kan net in perspektief gestel word deur te begin by die begin toe die groep spelers vir die eerste keer bymekaar gekom het in 1966. Ek kon Sjaas Reyneke wat die span afgerig het vanaf 1966 tot 1968 (o/13 – o/15) opspoor in 2015 waar hy woon in Florida in Johannesburg. Na ‘n besoek aan Sjaas het het ek ‘n skrywe van hom ontvang oor die 3 jaar wat hy saam met die groep spelers gespandeer het. Ek haal graag die volgende aan uit die skrywe ontvang van hom.
SJAAS AAN DIE WOORD:
Ek het in 1966 die voorreg gehad om my onderwysloopbaan by die Afrikaanse Hoër Seunskool te begin. Omdat ek toe al ‘n geruime tyd in rugby uitgeblink het, het ek verwag om sommer so met die intrapslag die eertse span af te rig. Toe Mnr Fourie die werksindeling vir die jaar bekend maak, word die o/13 span tot my ontsteltenis aan my toegeken.
Tydens die eerste rugby-oefening haal ek my frustrasie op die arme junior spelers uit. Omdat ek selfs redelik fiks was, doen ek al die uitmergelende oefeninge saam met hulle. Hulle moes die hindernisbaan etlike kere trotseer, en selfs my ou Volkswagen kewer om die atletiekbaan stoot. Toe ek die stuk of veertig uitasem seuns bymekaar roep om oor die samestelling van die o/13 spanne te besin, kom ek agter dat ek tussen ‘n hele klompie talentvolle spelers in dieselfde posisies sal moet kies. Noodgedwonge moes ek na die eerste paar oefenige van die seuns na ander posisies toe skuif.
Tydens die eerste paar oefeninge word dit vir my gou duidelik dat ek met uiters talentvolle rugbyspelers te doen het. Spelers wat reeds meer gevorderde vaardighede het en ‘n passie vir die spel besit. Ek kom ook agter dat die seuns hoë eise aan my as afrigter begin stel, dat hulle gereed is om vining en doelgerig vordering te maak. Ek vind dit nodig om hulle die fynere kunsies soos skêrbewegings en taktiese skoppe te laat bemeester, bewegings en spelpatrone wat gewoonlik eers later in die senior fase ingeoefen word.
1966, o/13A span se seisoen was as volg:
13 Wedstryde gespeel, 313 punte vir, 13 punte teen, geen wedstryde verloor en wenners van die NTvl liga.
1967, o/14A Span se seisoen was as volg:
15 Wedstryde gespeel 234 punte vir, 27 punte teen, verloor net teen Grey College en wen weer die NTvl liga.
Die spogspan van Affies slaag steeds om met uitnemende rugby die tonge in rugbykringe los te maak.
Dit bring my by die jaar 1968. Die o/15A span speel steeds die soort rugby wat rugbykenners se belangstelling en komplimente uitlok. Dit is veral die ondernemende spel wat die span opdis wat die aandag trek. Die Britse Leeus het reeds met hulle toer in SA begin, en hulle is geskeduleer om Op Loftus Versveld teen Noord Transvaal kragte te meet op Woensdag 3 Julie 1968. Dan kom die verrassende aankondiging dat Affies se o/15A span die voorwedstryd vir die belangrike hoofwedstryd gaan speel. Die teenstanders is CR Swart, ‘n span wat ook rugby van beduidende gehalte lewer. Ek sit op die paviljoen tussen duisende rugbyliefhebbers en kan nie glo wat ek voor my sien gebeur nie. Affies speel ‘n wedstryd wat my afrigtingswerk by verre oorskry. Veral Johan Geringer se spel getuig van ‘n afgerondheid en ondernemingsgees wat selfs die afrigter se verwagtinge oortref. Hy skepskop, voer systapbewegings uit wat die opponente na lug laat gryp en sy taktiese skopwerk is direk verantwoordelik vir vleuel Jacques Malan se drieë. Affies behaal ‘n klinkende oorwinning oor CR Swart. Wanneer die eindfluitjie blaas, is ek bewus van ‘n gevoel van trots wat my so oorweldig dat ek selfs bewoë raak.
Maar dus nie die einde van die verrassing nie. Tom Kiernan, die besoekende Britse Leeus se heelagter en Kaptein, is so beindruk met die gehalte rugby wat die span opgedis het, dat hy sy Ierse trui aan die span skenk. Die trui is blykbaar aan Lukas Strachan oorhandig na afloop van die hoofwedstryd met die kommentaar deur Tom Kiernan “They play rugby from a different planet”!
Ek aanvaar aan die begin van 1969 ‘n pos aan die Universiteit van Port Elizabeth. Ek het die trui saam met my geneem PE toe en dit laat raam. Ek stuur toe die trui per lugpos terug na Jan Smuts. Ek vra toe my goeie vriend Johannes Geringer senior, ‘n ouer wat sy seun en die span op ‘n merkwaardige wyse ondersteun het, dat ek dit sal waardeer as hy die trui namens die skool en die span sal gaan afhaal op die lughawe.
Dan gebeur die tragiese. Ek kry ‘n oproep van Johan Geringer (junior) om my die skokkende nuus mee te deel dat sy pa op pad na die lughawe in ‘n noodlottige motorongeluk betrokke was. Een van die mees belowendste losskakels in NTvl het sy mentor en grootste ondersteuner aan die dood afgestaan! In plaas van ‘n heuglike ontvangs en oorhandiging van die kosbare geskenk, woon ek saam met die Geringer gesin, hulle familie, AHS personeel, rugbymaats die begrafnis van Johannes Geringer senior by. Ek worstel met die kwelvraag of die dood van ‘n betrokke vader by sy seun se rugby, ‘n gewaardeerde vriend en ‘n ondersteuner duisend die prys van die gesogte trui werd was? “Die wee van Ons Vader is vir ons duister”.
Johan Geringer, na my beskeie mening saam met Naas Botha een van die twee beste losskakels in NTvl in die 70’s, is in 2013 oorlede.
1968, o/15A span se seisoen was as volg:
16 Wedstryde gespeel, 420 punte vir, 24 punte teen, geen wedstryde verloor en wenners van die NTvl liga vir die 3e jaar in ‘n ry.
Die trui was vir jare in die vertoonkaste in die skoolsaal se portaal. Met opknapping van die skoolsaal wat voltooi is in 2002 het die trui op ‘n stadium daar rondgelê en het die Hoof Francois Deysel gevra om dit te bêre. Francois het dit in ‘n kas in sy kantoor bewaar. Eers toe Francois op ‘n keer met Geries gesels (hulle was saam in matriek op Affies) en Johan hom vra of hy weet wat van die trui geword het, het Francois besef dat daar ‘n storie agter die trui is.
Francois het die trui vir my gewys in 2015 en ek het belowe om ondersoek in te stel. Ek het met Gordon vd Spuy gesels wat my op Johan se broer Anton en sy Ma se spoor gesit het asook Sjaas Reyneke die afrigter. Die trui, hierdie nota, program en koerant berigte in die Hoofstad en Pretoria News is nou in die AHS Argief
Die statistiek van die onderskeie jare is verkry uit Jaarblaaie en notaboekies wat Johan Geringer se ma gehou het van elke wedstryd. Die notaboekies is deur haar aan die skool geskenk in 2016 en is nou deel van die AHS Argief.
Die 1968 jaarblad spanfoto van die o/15A span verskyn hieronder plus die berig wat die volgende dag in die Hoofstad koerant van 4 Julie 1968 verskyn het plus 'n foto van die trui in die Argief
Dit is nie waar dit opgehou het nie:
Johann van Graan (1998) is die Hoof Afrigter van Munster Rugby vanaf 2017 - 2022
Quinn Roux (2011) speel vir Ierland in 16 toetse vanaf 2016 - 2020.
Johan Snyman
Opgedateer April 2024

Voor: J Grobler, P le Grange
Sittend: M van der Spuy, J Geringer (o/kapt), P Terblanche (kapt), Mnr S Reynecke (afrigter),J Smuts, J Malan,
J Bouwer.
Middel: W Roome, H Raath, R Hogewind, P Edwards, G Geldenhuys, E Sevenster, R du Preez, R Scribante.
Agter: P van Heerden, M Nel, S van Tonder, J Lessing.
**************************************************************************