DRIEË OM TE ONTHOU
1972 – Met ongeveer 40 sekondes oor van die semi finaal teen Tom Naude en Tom Naude wat voorloop 13 – 12 gooi Louis Hansmeyer die bal in by die lynstaan. Hendrik Marx wen die bal en die bal beweeg uit na Nico van Rensburg, na Konrad Le Roux, na Ettienne Hugo (wat wou skop), na LM Rossouw wat die verdediging trek en die bal na Katvoet voer en wat op kenmerkende wyse oop lê doellyn toe. Die Oostelike pawiljoen se dak was op daardie stadium af en toe Katvoet sy 20ste drie van die seiseon druk het daar feitlik chaos geheers. Van daar die naam "Katvoets corner". Die finale telling, Affies 16 ,Tom Naude 13.
1984 - Nadat Affies teen Brandwag in die Admin. Beker kwarteindstryd met 7 – 3 reg teen die einde gewen het volg die halfeindstryd teen Potch Gimnasium op Loftus Versfeld. Phil Pretorius berig dat met geen speeltyd oor Affies ‘n beweging begin het wat twee minute geduur het en die bal 22 keer gehanteer is voordat Henry Kelbrick (Voorry) drie Gimmies op hom getrek het en Mark Minnaar (Flank) in die hoek oorgestuur het vir ‘n drie. Hiedie drie het die kroon gespan op ‘n briljante wedstryd waarin Gimmies halfpad deur die 1e helfte met 13 – 3 voorgeloop het en met die drie teen die einde wen Affies 18 – 16. Seker die beste drie wat in jare op Loftus Versfeld gedruk is.
1984 – In die einstryd van die Admin. Beker teen Monument was die telling 10 – 6 in die guns van Monnas met speeltyd amper verstreke. Maar toe weer Mark Minnaar wat voor om die lynstaan bars en ‘n drie druk wat die telling gelykop maak Ongelukkig was die doelskop rakelings mis en Affies deel die beker met Monnas voor ‘n skare van ongeveer 10,000 mense op Krugersdorp.
1985 - Christo Potgieter druk die wen drie in die laaste minuut van die halfeindrondte van die N.Tvl uitspeel teen Menlopark in die Appelkas hoek van die A -veld en van daar die naam "Pottie's Corner".Die telling was 10 elk, en Christo se drie het Affies 14 - 10 laat wen.
1989 - Met ‘n minuut se speeltyd oor en ‘n ontasbare veggees, druk Jan-Lodewyk Pretorius (kapt) die wendrie in die N.Tvl-finaal teen Menlo Park van ‘n beweging wat in AHS se eie kwartgebied begin het.
1995 - In die semi-finaal van die Direkteurstrofee teen HTS Springs en die wind wat ons amper weg waai druk Abri Coetzee ‘n drie laat in die wedstryd om ons te laat seevier, 14 – 8. (Affie toeskouers en leerlinge moes op die gras sit omdat daar nie plek op die paviljoen was nie.)
1996 – Met die telling op 17 – 15 en HTS Middelburg wat by bly met vyf strafskoppe, skop Gerrie ’n „Up en under“. HTS se heelagter vang die bal mis dit spring in Ernst Blom se hande wat ’n drie druk en AHS wen die Admin Finaal, 24 – 15.
1997 – Met die Beeld Trofee finaal teen HTS Middelburg is Affies 11 – 13 agter met ongeveer 5 minute oor. Na ‘n skop van HTS begin Ian v Heerden hardloop vanaf ons kwartlyn, na Tiaan Snyman, na Eduard Coetzee wat soos ’n wafferse senter vir Bakkies Botha(Springbok) weghardloop, na Jannie Gouws wat 5 meter van die doellyn gekeer word en Johnny van Deventer is daar om die bal vas te maak. Toe HTS dink die bal gaan wyd, druk Robbie Janse van Rensburg die drie langs die losskrum. Die drie word verdoel en AHS wen 18 – 13! In die agtergrond van die video hoor jy hoe die Radio Pretoria kommentator die wedstryd uitsaai.
1998 – In die Beeld Semi-finaal druk Werner Pieterse in ekstra tyd ’n drie teen HTS Middelburg nadat Tiaan Snyman besluit om uit ons kwart gebied vanaf ’n skrum die bal te laat loop. Werner is deur die gaping en druk ’n onvergeetlike drie nadat hy die bal vorentoe skop en dit toeval langs die pale. Sou seker ’n strafdrie gewees het want van die HTS spelers het Werner geduik voordat hy die bal toegeval het.
2003 - Affies het op die St Stithians rugby toernooi teen Bishops gespeel. Bishops se agterlyn was die dag kookwater en het Affies baie probleme besorg. Met slegs ‘n paar minute beseringstyd oor was Affies nog 17–6 agter. Affies het ‘n strafskop in Bishops se kwartgebied gekry en verkies om te skrum. Affies het die bal in die skrum gewen en Pierre Spies het van die skrum af ver vorentoe gedryf. Affies het onder die pale gedruk. Len Olivier het die bal sommer oor gedrop. Die telling was 17- 13 in Bishops se guns.
Die skeidsregter besluit daar is nog tyd. Van die afskop af het Affies die bal teruggeklap en een van die Bishops spelers het dit onderskep en was dwarsdeur. In ‘n desperate duikslag het Jacques Botes die speler ‘n meter van die doellyn geduik. Bishops was op die aanval in die noord-westelike hoek (B-veld of boonste veld) en moes score met ‘n overlap baie naby aan Affies se doellyn.Was net ‘n kwessie van een of hoogstens twee aangeë en ‘n man trek. Die Bishops speler het egter baie casual die bal na sy buitekant geflip. Pierre Spies het die bal amper op ons doellyn en baie na aan die kantlyn onderskep en deurgehardloop (al langs kantlyn) vir die wendrie. Affies wen 18 – 17.
2003 - Affies was op Affies se tuisveld agter met die laaste beweging van die wedstryd met Maritzburg op Affies se doellyn en daar kom ‘n omgekeerde besit. Pierre Spies hardloop langs die kantlyn af en drie verdedigers probeer hom duik reg voor Maritzburg se doellyn. Met die spelers wat op hom hang dryf hy oor die lyn en druk die wendrie. Affies wen 25-24.
2004 – In die liga wedstryd teen Waterkloof word twee onvergeetlike drieë gedruk.
2005 – Teen Grey College was Affies 20 – 7 agter met halftyd maar Affies kom terug en maak die telling gelykop, 20 elk. Braam Gerber druk die wendrie reg teen die einde en AHS wen 27 – 20 in Bloemfontein met Grey se 150 jaar vieringe.
2007 - Affies speel teen Eldoraigne die week nadat Eldoraigne die Michelin Trofee gewen het teen Monument. Met 4 minute oor is die 1e span telling 12-12. Affies behou besit op die halflyn & die skrumskakel, Danie Faasen gee ‘n skoppie oor die losgemaal wat reg voor Eldoraigne se vleuel hop. Die speler mis die bal en die bal skiet op vir Simpiwe Mtimkulu (binnesenter) wat dit reg onder die speler se neus opraap en regdeur hardloop om in die hoek te druk. Direk daarna, met ‘n minuut oor bars die flank, Mark Hennig deur die Eldoraigne verdediging en gaan druk onder die pale. Affies wen 24-12 na die telling met 4 minute oor 12-12 was.
2013 - Affies speel op ons tuisveld vanaf die tennisbaan kant na die treinspoor in die 2e helfte. Na ‘n strafskop deur
Waterkloof en die telling 12 -18 in Waterkloof se guns is daar ongeveer 1 minuut se speeltyd oor.
Ek is seker daar is nog meer drieë wat vermeld moet word. Laat my weet en dan maak ons dit ’n laaaang lys van drieë om te onthou.
https://youtu.be/1yZOjDUPVzM

- Op ons doellyn kry AHS die bal vanaf ‘n “turnover” en Braam Gerber ontvang die bal in ons doelgebied van Jacques Botes, laat loop na Len Olivier wat tot op die kwartgebied hardloop en vir Kruger van Heerden gee wat op die halflyn weer die bal na binne aangee na Braam Gerber wat reg deur hardloop en die drie afrond onder die pale. Een van daardie kenmerkende langgggg drieë wat oor die jare deur die 1e Span gedruk is.
- In dieselfde wedstryd teen Waterkloof vat Emile Verster ’n tikskoppie in die doodsnikke van die wedstryd vanaf ’n strafskop op ons eie tien tree lyn en hardloop regdeur die Waterkloof span om langs die pale te druk. Wat ’n drie!!! Andre Watson was die skeidsregter in die wedstryd.
2005 – Teen Grey College was Affies 20 – 7 agter met halftyd maar Affies kom terug en maak die telling gelykop, 20 elk. Braam Gerber druk die wendrie reg teen die einde en AHS wen 27 – 20 in Bloemfontein met Grey se 150 jaar vieringe.
2007 - Affies speel teen Eldoraigne die week nadat Eldoraigne die Michelin Trofee gewen het teen Monument. Met 4 minute oor is die 1e span telling 12-12. Affies behou besit op die halflyn & die skrumskakel, Danie Faasen gee ‘n skoppie oor die losgemaal wat reg voor Eldoraigne se vleuel hop. Die speler mis die bal en die bal skiet op vir Simpiwe Mtimkulu (binnesenter) wat dit reg onder die speler se neus opraap en regdeur hardloop om in die hoek te druk. Direk daarna, met ‘n minuut oor bars die flank, Mark Hennig deur die Eldoraigne verdediging en gaan druk onder die pale. Affies wen 24-12 na die telling met 4 minute oor 12-12 was.
2013 - Affies speel op ons tuisveld vanaf die tennisbaan kant na die treinspoor in die 2e helfte. Na ‘n strafskop deur
Waterkloof en die telling 12 -18 in Waterkloof se guns is daar ongeveer 1 minuut se speeltyd oor.
- Eduan (heelagter) skop in vanaf die middellyn na regs in die rigting van Klub 600. Waterkloof speler vang die bal tussen die kwartlyn tien tree lyn. Tiaan Meintjies (slot) tackle die Waterkloof speler en Francois (haker) neem die bal af en Affies is in besit (fase 1).
- Beweeg na links. Ivan (skrumskakel) gee uit na Dawie (losskakel) na Phillip (binnesenter) wat terugbreek na die voorspelers en Derik (flank) verseker dat Affies die bal weer terugkry plus strafskop voordeel (fase 2)
- Beweeg na links. Ivan gee uit na Dawie na Jurie (buitesenter) wat die buitegaping probeer vat. Word getackle maar hy kry die bal terug na Dawie wat dit verder vorentoe vat tot tussen die doellyn en kwartlyn van Waterkloof waar hy grond toe gebring word en Affies die bal weer terug kry (fase 3)
- Beweeg na regs. Met geen losskakel laat Ivan die bal ver loop na Francois wat soos ons hom ken met ‘n kenmerkende lopie vanaf die kwartlyn deurbreek tot ongeveer 5 treë van die Waterkloof doellyn waar hy getackle word reg voor die pale (fase 4).
- Affies behou beheer plus 2e strafskop voordeel. Bal kom terug na Ivan wat die bal na regs uitgee na Tiaan Schmullian (regter vleuel) wat onder druk die bal tussen sy bene deur pass na Philip wat amper teen die kantlyn is voor K600. Philip op sy beurt bring die bal weer binneveld en breek binne en word gestop tussen die kwartlyn en die doellyn en Affies behou steeds besit (fase5)
- Beweeg na links. Ivan na Dawie na Thys (linker vleuel) wat na binne breek en getackle word en Affies behou besit voor die pale (fase 6).
- Met 3e strafskop voordeel laat Ivan die bal loop na regs na Calvonn (flank) wat sterk deurdryf tot 5 tree van die Waterkloof doellyn. (fase 7)
- “Pick up and drive” deur Derik na links en Affies behou besit (fase 8)
- “Pick up and drive” deur Francois na links en Affies behou besit (fase 9)
- “Pick up and drive” deur Salmon in die middel af en Affies behou besit ( fase 10)
- “Pick up and drive” deur Derik na links en Affies behou besit op Waterkloof se doellyn (fase 11)
- “Pick up and drive” na regs deur RG(slot) met Calvonn wat bal by hom vat en verder dryf en Affies behou besit net regs van die pale en ongeveer 5 tree van die doellyn af. (fase 12/13)
- Beweeg na regs en Ivan gee ‘n “back flip pass” na WP(voorry) wat die bal opvat, teruggedryf word maar hy kom weer terug en word kort van die doellyn gestuit en Affies behou besit (fase 14)
- “Pick up and drive” na links deur Calvonn en Affies is steeds in beheer net regs van die pale en ongeveer 5 tree van die Waterkloof doellyn (fase 15)
- Ivan kry die bal en pass na links vir Eduan wat op losskakel staan en met ‘n buite/binne swenk is hy tussen 2 Waterkloof verdedigers deur om onder die pale te druk..