AFFIE RUGBY EN COVID 19
GESKIEDENIS
1918/19 SPAANSE GRIEP
1929 – 1934 GROOT DEPRESSIE
ANDER FAKTORE WAT DIE SPEEL VAN WEDSTRYDE BEÏNVLOED HET
Tot so paar jaar gelede was ons gewoond dat die weer selde of ooit ‘n rol gespeel het of wedstryde gespeel is al dan nie. Reen, sneeu of hael rugby is gespeel!!
1918/19 SPAANSE GRIEP
- Soldate keer terug na 1e Wêreld Oorlog en land in Durban en Kaapstad. Soos hulle terugkeer na hulle tuis bestemmings versprei die Spaanse griep soos ‘n veldbrand regoor SA. Alhoewel dit net oor die 100 jaar gelede was, was die gevolge van die verspreiding van die griep soortgelyk aan wat in SA en regoor die wêreld ervaar word in 2020.
- Sopkombuise is opgestel, kos is aangery na huise, tydelike hospitale is ingerig in skole wat gesluit is, kwarentyn van mense wat die griep gehad het, permitte om te ry, almal moes 7:30nm in hulle huise wees, kerkdienste is verbied, winkels sluit 1:00nm en Saterdae 4:00nm, kroeë was gesluit, huise wat griep gevalle gehad het moes ontsmet word, dra van maskers, ens.
- Daar word geskat dat ongeveer 3 - 500,000 Suid Afrikaners gesterf het van die griep wat 3-4% was van SA se bevolking.
- Met Affies se deure wat vir die eerste keer in 1920 open het die Spaanse griep geen invloed op die skool se aktiwiteite gehad nie.
1929 – 1934 GROOT DEPRESSIE
- Die depressie het geen invloed gehad of rugby gespeel is al dan nie. In die tyd is minder gespeel teen skole wat lang afstande na toe moes gery word.
- 1944 - Affies en Pretoria Boys High speel nie teen mekaar nie. Dit was altyd aanvaar dat dit te doen het met die 2e Wêreld Oorlog maar dit was nie die geval nie. Met Affies wat uitspeel vir die Admin. Beker is daar ‘n verdere 3 wedstryde wat bykom teen die einde van die seisoen. Die wedstryd teen Boys High was duidelik beplan op dieselfde tyd wat die uitspeel wedstryde moes plaasvind. Die twee skole kon nie op ‘n geskikte datum ooreenkom nie en die wedstryd tussen die 1e spanne het nie plaasgevind nie. Omdat Boys High nie aan die Admin Beker deelgeneem het in 1944 was daar ook geen verpligte “liga” wedstryd tussen die twee skole se 1e spanne nie!
- Weens die epidemie het Affies eers in die tweede week van Junie begin oefen vir die 1948 seisoen. 1e Span speel net 7 wedstryde.
- In die periode 1920 – 2019 is dit die enigste jaar wat nie vir die Administrateurs/Verseker Beker gespeel is nie.
- Die 1e span wedstryd word gestop nadat die skeidregter(Hoof van Hoërskool Nylstroom) Mnr Whiteman inmekaar sak en sterf aan ‘n hartaanval. Toe die wedstryd gestop is het Nylstroom voorgeloop, 3 – 14.
- Die griep-epidemie was in Augustus gewees. Wat Affies en Boys High se jaarblaaie aan betref was dit ‘n herhaling van die 1944 scenario plus die griep-epidemie. Met Affies wat addisonele uitspeel wedstryde moes speel vir die Admin. Beker plus die griep-epidemie speel die twee skole vir die tweede keer nie teen mekaar nie. Die Pretoria News in 1958 verwys na 1957 en dat Affies nie wou speel nie omdat hulle bang was dat hulle spelers sou seer kry voor die Admin. finaal wat ‘n tipiese koerant storie was!!!
ANDER FAKTORE WAT DIE SPEEL VAN WEDSTRYDE BEÏNVLOED HET
Tot so paar jaar gelede was ons gewoond dat die weer selde of ooit ‘n rol gespeel het of wedstryde gespeel is al dan nie. Reen, sneeu of hael rugby is gespeel!!
Oktober 2018 het AHS riglyne neergelê wat swaar weer/weerlig voor of tydens ‘n wedstryd aanbetref. Dit is in oorleg met die “Safety at Sports and Recreational Events Act” (Wet 2 van 2010) opgestel.
Die skool het sy eie weerligalarm en app. Sodra die alarm afgaan is daar weerlig/swaar weer binne ‘n 15km radius vanaf Affies. Almal moet dan uit gevaar areas beweeg na ‘n skuiling bv. pawiljoen. Wedstryd word gestaak en geen spel vind verder plaas voordat die weerlig/swaarweer buite die 15 km radius beweeg het.
Hier volg insidente wat op rekord is waar reën en swaar weer ‘n rol gespeel het:
2020 SEISOEN
VOORSEISOEN
Na die aanstelling van ‘n Hoof van Rugby, afrigters, ens. het Affie ondersteuners uitgesien na die 2020 seisoen. Die 2020 wedstrydprogram het 6 van die top 10 (2019) 1e rugby spanne ingesluit asook die aanbieding van die World Schools Festival. 8 Wedstryde sou tuis wees wat ingesluit het die Festival(2), Helpmekaar, Diamantveld, Paarl Gim, Grey Kollege en Jeppe. Die kersie op die koek is die laaste wedstryd van die seisoen teen Pretoria Boys High, veral na 2019 se verloor!

- 1980 vs HUGENOTE SPRINGS(Springs)
- Na ‘n hewige donderbui op Springs is die kleedkamers onderwater en die veld onspeelbaar. Die 1e span wedstryd word gekanselleer.
- 2000 vs Grey College (Affies)
- Na ‘n hewige donderstorm net voor die begin van die hoofwedstryd op Affies is die veld onspeelbaar en word die 1e span wedstryd afgelas. Daar word ooreengekom om die wedstryd in die week daarna op Affies te speel. Die wedstryd eindig gelykop 17 elk. Francois Swart teken al 17 Affies se punte aan.
- 2017 vs KES (Affies)
- Met swaar weer en reën in die 1e helfte word die1e span wedstryd tydelik gestaak. Affies het nog nie ‘n weerlig alarm gehad nie. Met behulp van KES se hoof word daar ingeskakel op die Boys High weer applikasie wat aandui dat die weer nog ‘n hele ruk so gaan wees. Die Hoofde en die skeidsregter neem die ongewilde besluit dat die wedstryd gestop word. Op daardie stadium het KES voorgeloop, 7 – 17. Die wedstryd is nie oorgespeel nie!
- 2018 vs HELPMEKAAR (Affies)
- In die week voor die jaarlikse “Derby” op Affies teen Helpmekaar reën dit emmers vol. Met sopnat velde word al die wedstryde gekanselleer. Die alternatief was om op Helpmekaar se velde te speel maar hulle velde was ook onspeelbaar weens die reën.
2020 SEISOEN
VOORSEISOEN
Na die aanstelling van ‘n Hoof van Rugby, afrigters, ens. het Affie ondersteuners uitgesien na die 2020 seisoen. Die 2020 wedstrydprogram het 6 van die top 10 (2019) 1e rugby spanne ingesluit asook die aanbieding van die World Schools Festival. 8 Wedstryde sou tuis wees wat ingesluit het die Festival(2), Helpmekaar, Diamantveld, Paarl Gim, Grey Kollege en Jeppe. Die kersie op die koek is die laaste wedstryd van die seisoen teen Pretoria Boys High, veral na 2019 se verloor!
Wat fasiliteite aan betref is die pawiljoen aan die Suidekant van die A veld voltooi, elektroniese telbord is opgerig, die Appelkas het ‘n gedaanteverwisseling ondergaan, opgradering van spreiligte en klankstelsel en ‘n TV uitsaailosie. Die losie op die Westelike pawiljoen se dak verseker dat TV uitsendings sonder enige steurnis vir toeskouers opgeneem kan word. Die TV uitsaailosie sal dit ook moontlik maak om met gemak meer wedstryde van Affies te “stream” wat ondersteuners reg oor die wêreld na kan kyk!!
Met die skool se 100 jaar vieringe, suksesvolle 2020 atletiek en swem seisoen was die tafel spreekwoordelik gedek vir die 2020 rugbyseisoen!!!
Met die skool se 100 jaar vieringe, suksesvolle 2020 atletiek en swem seisoen was die tafel spreekwoordelik gedek vir die 2020 rugbyseisoen!!!
SEISOEN EN COVID-19
Die eerste krake het begin wys toe die organiseerders van die Festival met ‘n maand voor die afskop van die toernooi nog nie die oorsese spanne wat sou deelneem kon bevestig nie
Op 5 Maart 2020 maak Carinet Sports Marketing bekend dat die toernooi nie sal plaasvind nie. Die Corona virus wat in China uitgebreek het en wat sy pad Europa toe gevind het is as rede aangevoer toe die organiseerders die handdoek ingegooi het.

Daar was sprake dat Affies die reëlings van die toernooi sou oorneem met die Francois Swart o/15 week wat jaarliks sedert 2004 by Affies aangebied word deel van die week sou uitmaak. Die ‘’nuwe’’ toernooi sou bekend staan as die Francois Swart Eeufees Week. ‘n Voorlopige program (soos hieronder) wat uit SA spanne en drie oorsese spanne bestaan is opgestel. Voordat dit amptelik aangekondig is het die Corona virus en later bekend as Covid-19 ‘n stokkie daarvoor gesteek.
Op Sondag 15 Maart kondig die President van SA aan:
Met die “lockdown’’ wat gevolg het op 26 Maart 2020 en die besluit dat skole later gaan heropen word die een na die ander toernooi gekanselleer wat die Cravenweek en later die Verseker beker reeks vir 2020 insluit.
Die aankondiging dat skole nie gaan open na die Paasnaweek nie en wanneer dit open alle buitemuurse aktiwiteite gestaak word tot die einde van die jaar, was die finale spyker in skolerugby se kis vir 2020.
Dra van maskers , was van hande, 1.5 meter “social distancing” saam met tonne ander regulasie wat mens laat terugdink aan 1918 het die daagkikse norm geword!!!
Vir die impak en ‘n toekoms blik lees die volgende artikel geskryf deur Tony Stoops op 6 Junie 2020:
“- MATRICS, MONEY, RUGBY & CORONAVIRUS https://www.stoopstats.co.za/articles/new-blog-post-127/
Die 1e span speel slegs 2 wedstryde voor die skool op 18 Maart sluit. In totaal speel al die spanne van Affies 46 wedstryde teenoor ‘n gemiddeld van 309 wedstryde ‘n jaar die afgelope 6 jaar. Een troos is dat al 28 spanne ten minste een wedstryd gespeel het voor die “seisoen” geëindig het.
- Alle skole sluit vroeër naamlik op die 18e Maart tot na die paasnaweek.
- Daar sal geen skolesport wees in die vakansietyd nie.
Met die “lockdown’’ wat gevolg het op 26 Maart 2020 en die besluit dat skole later gaan heropen word die een na die ander toernooi gekanselleer wat die Cravenweek en later die Verseker beker reeks vir 2020 insluit.
Die aankondiging dat skole nie gaan open na die Paasnaweek nie en wanneer dit open alle buitemuurse aktiwiteite gestaak word tot die einde van die jaar, was die finale spyker in skolerugby se kis vir 2020.
Dra van maskers , was van hande, 1.5 meter “social distancing” saam met tonne ander regulasie wat mens laat terugdink aan 1918 het die daagkikse norm geword!!!
Vir die impak en ‘n toekoms blik lees die volgende artikel geskryf deur Tony Stoops op 6 Junie 2020:
“- MATRICS, MONEY, RUGBY & CORONAVIRUS https://www.stoopstats.co.za/articles/new-blog-post-127/
Die 1e span speel slegs 2 wedstryde voor die skool op 18 Maart sluit. In totaal speel al die spanne van Affies 46 wedstryde teenoor ‘n gemiddeld van 309 wedstryde ‘n jaar die afgelope 6 jaar. Een troos is dat al 28 spanne ten minste een wedstryd gespeel het voor die “seisoen” geëindig het.
Ek kry ‘n traan in die oog as ek na die foto kyk!!! Wie sou kon dink dat dit die laaste wedstryd van die 2020 seisoen sou wees? Ja, die 2020 seisoen was gewees en ek haal CJ Langenhoven aan.
Met die water wat verby is sal jou meule nooit weer maal nie, wat verby is, is verby!
Tony Stoops se woorde
Nothing will ever be the same again!
Johan Snyman
20 Julie 2020.
Met die water wat verby is sal jou meule nooit weer maal nie, wat verby is, is verby!
Tony Stoops se woorde
Nothing will ever be the same again!
Johan Snyman
20 Julie 2020.