WIT BULLE " COMEBACKS"!!!
Met die uitslag van die wedstryd op 23 April 2022 tussen Affies en Paarl Gimnasium word die vraag gevra:. Was dit die grootste “comeback” van ‘n Affie 1e span van alle tye?
AGTERGROND
- Definisie van “comeback” - The act of making up a deficit, as in a contest or game.
- Die inligting is in jaar volgorde en geensins ‘n aanduiding van watter wedstryde die “grootste” was nie.
- Twee elemente wat elke wedstryd aan betref:
- Telling en punteverskil toe die “comeback” begin het.
- Aantal punte (onbeantwoord deur teenstander) wat die Wit Bulle aanteken
- Vir die spelers/toeskouers van die wedstryde gelys was dit met baie emosie belaai. Elke wedstryd se spelers en toeskouers sal nie maklik oortuig word dat die wedstryd wat hulle gespeel het en gekyk het nie die grootste “comeback” was nie!
- Met die koms van TV en “streaming” is daar soveel meer ondersteuners wat kan deel daar in. Die twee wedstryde teen Paul Roos en Paarl Gim in 2022 bevestig dit!
- Wedstryde wat die 90’s en vroeër gespeel is raak nie net vergete nie maar is daar ook nie Videos/DVD’s en die internet om dit te herleef nie. Net die spelers en enkele ondersteuners onthou dit.
- Die spelers in die wedstryde gelys het die uitdrukking “Affie Guts” versinnebeeld.‘n Afrigter van die Affie 1e span in die 80’s en 90’s en daarna van HTSM het genoem “ ‘n Wedstryd teen Affies is nie gewen voordat jy in die stort staan nie.”
**********************************
1993
AHS vs FH Odendaal
Noord Transvaal Finaal
FH Odendaal - A veld
Van die details is nog uitstaande??????
1994
AHS vs HTS MIDDELBURG
Kwarteindrondte Direkteurs Trofee
AHS - A veld
Agtergrond:
Wit Bulle verloor in hulle 2e wedstryd van die seisoen teen HTSM, 15 – 32.
'n Wen in die kwarteindrondte van die Direkteurs Trofee sal die Wit Bulle nog ‘n stappie nader bring om vir die eerste keer sedert 1985 die Direkteurs Trofee te wen.
Wedstryd:
- HTSM loop aanvanklik 0 – 14 voor halfpad deur die 1e helfte. Met rustyd is Affies met die rug teen die muur 7 – 21. Affies wen 33 – 21.
- Menige Affie-ondersteuners het halftyd oorweeg om die pad te vat.
- Met rustyd iets van die verlede openbaar die 1994 Wit Bulle ‘Affie guts’ en veggees en speel begeesterde rugby in die 2e helfte.
- Beeld berig “HTSM sal seker vandag nog wonder hoe hulle toegelaat het dat Affies hulle wurggreep van die 1e helfte kon afskud. In die tweede skof het Affies 26 punte aangeteken met geen antwoord van die besoekers nie”.
- Voel steeds effe skaam oor die taal en intensiteit van die gesprek gedurende die breek. Die afrigters Mnre Kriek en Oosthuizen het ons herinner aan die datum van die finaal van die Direkteurs Trofee. Ek het vir die coaches gesê dat ek sal praat en dat ons verantwoordelikheid sal vat. Niks wat hulle gedoen het, het gemaak dat ons so ver agter was nie. Die afrigters is toe uit die kring.Toe hulle uit is het ek gevra. Gaan ons so hier klaarmaak? Was vandag die laaste keer wat jy jou baadjie in die kleedkamer opgehang het? Daarna het ek voortgegaan en genoem dat ons doel was om die beker-droogte op te los na byna n dekade. Nog ‘n paar woorde het gevlieg! Groot klem op "jy sal altyd onthou toe jy die laaste keer hier gespeel het.....dit sal jou vir altyd bybly....”.Op die veld gegaan en begin speel....res is geskiedenis!
Met die wen teen HTSM baan die 1994 Wit Bulle die weg na die Direkteurs Trofee finaal wat hulle dan ook wen. Die Wit Bulle sal vanaf 1994 – 1999 die wenners wees van die Trofee!!
Statistiek:
- Punte verskil, 14(21-7)
- Onbeantwoorde punte, 26(33-7)
Wit Bulle se “comeback” punte 26
Gerhard Beukes - 2 drieë
Eugene Marx - 1 drie
Dirkie Strydom - 3 s/skoppe en 1 doelskop
***********************************
2000
AHS vs PAUL ROOS GIMNASIUM
St Johns Rugbyfees
St Johns A veld
Agtergrond:
In 1999 neem Affies vir die 1e keer deel aan die St John’s Rugbyfees. Met die hoofwedstryd op die laaste dag in 1999 moes die Wit Bulle die knie buig voor PRG na ‘n 60 meter strafskop in beseringstyd.
Verloor 23 – 26 teen PRG.
Wedstryd:
- Jaarblad “ Teen Paul Roos koel Neil du Plessis af en Paul Roos druk 2 keer, met 7 minute oor, is ons 12 – 29 agter”.
- Anton de Wet(kapt) praat hard! Steven Botha(vleuel) en Rudolf vd Westhuizen (slot) bars oor vir drieë waarvan Francois Swart een verdoel.
- In beseringstyd storm Carl Hoffman(flank) ‘n skop af naby PRG se doellyn en druk die laaste drie om die telling gelykop te maak 29 elk. Francois Swart verdoel die drie uit die hoek uit. Wit Bulle wen 31 – 29.
- Net die spelers en ‘n handjievol Affie toeskouers wat die wedstryd bygewoon het sal die wedstryd teen Paul Roos in 2000 onthou!
- Die twee driee wat gedruk is tydens my afwesigheid was beide gedruk deur agterspelers van PRG en om die sout in die wonde te vryf is hulle gedruk reg voor my, waar ek by die reserwes sit en “afkoel” het. Nodeloos om te sê, het ek gevoel of ek die span “gedrop” het op daai stadium. Myself belowe om meer te gee sodra ek terug is op die veld. Daai laaste sewe minute was sekerlik van die meeste “Affie Guts” wat ek al ooit ervaar het. Die manne het almal diep gegrawe en vir mekaar en die Affie wapen op die bors gespeel. Ek onthou nog hoe Anton my in die oë kyk terwyl hy praat en sê “manne ons kan die game wen!” Ek skryf daardie dag se resultaat toe aan pure “Affie Guts” en broederskap. Die wil om alles op die veld te los vir mekaar.
Statistiek:
- Punte verskil, 17(29-12)
- Onbeantwoorde punte, 19(31-12)
Wit Bulle se “comeback” punte 19
Steven Botha - 1 drie
Rudolf vd Westhuizen - 1 drie
Carel Hoffman - 1 drie
Francois Swart - 2 doelskoppe
*************************************
2005
AHS vs GREY COLLEGE
Grey College A veld
Agtergrond:
2005 Is Grey College se 150 jarige bestaan vieringe. Die Wit Bulle het in 1996 vir die 1e keer teen GC gewen by Affies, 3 keer gelykop gespeel waarvan eenkeer in 2001 by Grey C. was. Buiten die afstand wat gery word om die wedstryd te speel is enige wedstryd teen Grey C. op Bloemfontein, spreekwoordelik met die rug teen die muur!
Wedstryd:
- Halftyd is die telling 3 – 17 in Grey College se guns met slegs ‘n skepskop deur Deon Anderson vir Affies. Grey skop ‘n strafskop oor vroeg in die 2e helfte en die telling is 3 – 20 in GC se guns.
- Na die strafskop deur Grey C. is Affies vir ‘n groot gedeelte van die 2e helfte onder druk en vind meeste van die spel plaas in die Affie helfte van die veld. Hoop vlam op toe Braam Gerber (senter) ‘n mooi beweging afrond met ‘n drie wat Deon Anderson verdoel telling 10 – 20 vir GC. Deon skop ‘n strafskop oor en telling is 13 – 20 vir GC.
- Met Affies op die aanval op GC se doellyn druk Carlo Bruwer(no 9) ‘n drie wat Deon verdoel. Telling 20 elk!!
- Met die telling 20 elk loods Frans Steyn(Springbok) een van sy lang skepskoppe pale toe. Menige Affie ondersteuner hou hulle asem op en gelukkig vir Affies is die bal teen die regop-paal en nie oor nie!!
- Met beseringstyd wat oorbly hardloop Affies met die bal uit hulle halfgebied en Braam Gerber druk net links van die pale. Clinton Lang vervyf en die eindfluitjie blaas. Die Oud Affies en toeskouers agter die pale waar die laaste drie gedruk het was in ekstase!!! Vir die eerste keer sedert 1996 wen die Wit Bulle teen Grey C en die eerste keer op Grey se tuisveld. Telling, 27 – 20
- Sal nooit vergeet nie. Tyd was verby toe telling nog 20 elk was. Ons het ‘n inskop van ons eie 22 gehad waar die span gesê het. Dalk moet ons gaan vir n draw? Ek onthou goed dat ek gesê het, ons het nie al die pad gekom vir n draw nie, ons kan geskiedenis maak, ons het niks om te verloor nie, moet net nie diep afskop nie, probeer die bal wen en ons speel wat ons sien voor ons. Na n vinnige 22 afskop waar Grey bietjie onkant gevang is het ons die bal terug gekry en gespeel van ons eie 22 af. Carlo Bruwer het n breek gemaak langs die ruck op Grey se 10 tree en vir Clinton Lang ge-pass, hy weer vir Braam Gerber wat die wen drie gedruk het wat deur Clinton Lang verdoel is”.
Statistiek:
- Punte verskil, 17(20-3)
- Onbeantwoorde punte, 24(27-3)
Wit Bulle se “comeback” punte: 24
Braam Gerber - 2 drieë
Carlo Bruwer - 1 drie
Deon Anderson - 1strafskop, 2 doelskoppe
Clinton Lang - 1 doelskop
***************************************
2022
AHS vs PAARL GIMNASIUM
AHS - A veld
Agtergrond:
PGim is voor die wedstryd teen Affies onoorwonne en no 1 op die SA School Sports ranglys vir 2022. Die laaste 5 wedstryde teen PGim het die Wit Bulle 4 verloor en 1 gelykop gespeel.
Wedstryd:
- Halftyd is die telling 10 – 19 in PGim se guns. PGim druk ‘n drie in die 42e min. en die telling is 10 – 26 in PGim se guns.
- Op hierdie stadium het Affie ondersteuners begin dink dat die wal kan breek en dan?
- Wat gevolg het is geskiedenis en is daar foto’s, video’s, ens. om spelers en toeskouers te herinner aan die drama wat uitgespeel het op die veld.
- In die 54e min druk Hanro Venter sy 2e drie wat Stehan Heymans verdoel. Telling 17 – 26 in PGim se guns.
- In die 58e min druk Hanro Venter sy derde drie wat nie vervyf word nie. Telling 22 – 26 in PGim se guns.
- Die wiele is besig om te draai en met ‘n paar vars bene op die veld druk Zack Maritz in die 62e min. net regs van die pale wat Stehan verdoel. Wit Bulle is voor vir die eerste keer sedert die begin van die wedstryd se strafskop, Telling 29 – 26 in die Wit Bulle se guns.
- Die laaste 8 min. was senutergend met PGim wat alles probeer om die wedstryd te wen. Gelykop was nie goed genoeg vir PGim nie. Met baie min speeltyd oor word 'n strafskop pale toe der PGim van die hand gewys en eerder uitgeskop vir 'n moontlike drie. PGim was in die laaste sekondes van die wedstryd twee keer oor Affies se doellyn maar die skeidsregter beslis dat die bal die laaste keer opgehou is en blaas die eindfluitjie. Wit Bulle wen 29 – 26.
- Met die aanloop na die wedstryd het niemand ons ‘n kans gegee om die sogenaamde nommer een span te klop nie, maar ons het geweet ons kan die wa deur die drif trek. Die atmosfeer was ongelooflik..elektries. Boereplaas was stampvol gepak. Duisende Oud Affies agter die pale.
- Halftyd was almal in die kringetjie kalm. Die kalmte voor die storm…
- Met 20 minute speeltyd oor was ons 10 – 26 agter. Affie-guts het ingeskop. AB de Villiers het die dag voor die wedstryd by hulle reunie groep gesê dat sy matriek groep “magic” was. Wat in die laaste 20 minute gebeur het, was “magic”. Na ons eerste drie in die 2e helfte het ek geweet hier kom iets wat vir altyd onthou sal word… en die res is geskiedenis. Affie -guts het weer geseëvier!
Statistiek:
- Punte verskil, 16(26-10)
- Onbeantwoorde punte, 19(29 – 10)
Wit Bulle se “comeback” punte: 19
Hanro Venter - 2 drieë
Zack Maritz - 1 drie
Stehan Heymans - 2 doelskoppe
****************************************
Daar is heel moontlik ander wedstryde wat as “comeback” wedstryde kwalifiseer? Laat weet en ek volg dit op. My kontakinligting op Tuisblad kyk hier.
Hier is nog twee in kort:
1997
AHS vs PBHS
AHS – A Veld
- Soos met die jaarlikse Derby tussen die twee skole is die pawiljoene gepak met die 1e span wedstryd wat vir die eerste keer lewendig oor SABC TV uitgesaai word. Boys High se kaptein sorg dat hulle met 0 - 9 voor is halftyd. Met nog ‘n strafskop is Boys High 0 - 12 voor met ongeveer 15 min oor. Met ‘n blitzkrieg van 4 drieë, ‘n strafskop en 3 doelskoppe wen die Wit Bulle die Derby. Telling 29 – 12.
1997
AHS vs HTSM Beeld Trofee Finaal
HTSM A Veld
- Na 'n drie en 'n strafskop is die Wit Bulle 0 – 13. agter tot diep in die 2e helfte. Na ’n drie en strafskop is die halftyd telling 8 – 13. Met ‘n strafskop vroeg in die 2e helfte is die telling 11 – 13. Laat in die 2e helfte druk die Wit Bulle ‘n tweede drie uit hulle halfgebied. Ian v Heerden na Tiaan Snyman na Eduard Coetzee(CEO Sharks) wat vir Bakkies Botha(Springbok) die hakskene wys na Jannie Gouws(vleuel) wat kort van die doellyn neergetrek word met ‘n daaropvolgende losskrum en Robbie Janse v Rensburg (no. 9) wat oorval vir ‘n drie wat Tiaan Snyman verdoel. Wit Bulle loop vir die eerste keer in die wedstryd voor, 18 – 13. Met HTSM wat alles in die stryd werp in die laaste paar minute blaas die eindfluitjie. Die Wit Bulle wen die Direkteurs Trofee vir die 4e agtereenvolgende jaar. Telling 18 – 13
********************************************