AFFIES RUGBY
  • Tuis
  • Agtergrond
  • Blog
  • Seisoen
    • 2022 >
      • 2022 1e Span Seisoen
      • 2022 Ander Spanne UItslae
      • Wedstrydprogram
      • Afrigters
    • 2021 >
      • 2021 1e Span Seisoen
      • 2021 Ander Spanne Uitslae
      • Wedstrydprogram
      • Afrigters
    • 2020 >
      • 2020 1e Span Seisoen Statistiek
      • 2020 Ander Spanne Uitslae
      • Wedstryd Program
      • Oefentye
    • 2019 >
      • 2019 1e Span Seisoen Statistiek
      • 2019 Ander Spanne Uitslae
      • 2019 Wedstryd Program
      • 2019 Afrigters
      • 2019 Oefentye
    • 2018 >
      • 2018 1e Span Wedstryd Statistiek
      • 2018 Ander Spanne Uitslae
      • 2018 Bepalings
      • AHS Afrigters 2018
    • 2017 >
      • 2017 Bepalings
      • 2017 1e Span Wedstryd Statistiek
      • 2017 Ander Spanne Uitslae
      • 2017 Velde en Oefentye
    • 2016 >
      • 2016 Bepalings
      • 2016 1e Span Wedstryd Statistiek
      • 2016 Ander Spanne Uitslae
    • 2015 >
      • 2015 1e Span Wedstryd Statistiek
      • 2015 Ander Spanne Uitslae
    • 2014 >
      • 2014 1e Span Wedstryd Statistiek
      • 2014 Ander Spanne Uitslae
    • 2013 >
      • 2013 1e Span Wedstryd Statistiek
      • 2013 Ander Spanne Uitslae
  • Geskiedenis
    • Het Jy Geweet?
    • Geskiedenis Eerste Span Kleredrag
    • Simbool van die Wit AHS - rugbytrui
    • Toere & Toernooie
    • Francois Swart 0/15 Toernooi
    • Wit Bulle " Comebacks"
    • Affies Skepskop Spesialiste
    • Driee om te Onthou
    • Tradisies
    • Koshuis vs Dorp
    • Affie Rugby en Covid - 19
    • Opsomming per Jaar >
      • 1921 - 1929
      • 1930 - 1939
      • 1940 - 1949
      • 1950 - 1959
      • 1960 - 1969
      • 1970 - 1979
      • 1980 - 1989
      • 1990 - 1999
      • 2000 - 2009
      • 2010 - 2019
      • 2020 - 2029
  • Eerste Span Spelers
    • Alfabetiese Lys 1921 tot op Datum
    • Broers
    • Pa en Seun
    • Oupa, Seun en Kleinseun
    • Oupa en Kleinseun
    • 50 Wedstryde +
    • 3 Jaar +
  • Skole Spanne Verteenwoordig
    • Nasionaal
    • SARU EPD Program
    • N.Tvl & Blou Bulle
    • N.Tvl & BB Ontwikkeling/Akademie/o/19/LSEN
    • BB Skole Sewes
    • NTvl/BB o/17 Akademie
    • BB o/16 Ontwikkeling/Grant Khomo Spanne
    • Ander Skool Spanne
  • Skole teen Gespeel
    • Skole teen Gespeel - Alfabeties
    • Opsomming van Wedstryde Gespeel
    • Wedstryd Tellings per Jaar >
      • Affies vs PBHS Geskiedenis
      • AHS VS PBHS Tellings 1988 - 2019
      • Affies vs Grey College - Geskiedenis
      • Affies vs Grey Tellings 1993 - 2022
      • A,B,C
      • D,E,F
      • G & H
      • J,K,L
      • M,N,O
      • P,Q,R
      • S,T,V
      • W & Z
  • Admin/Direkteurs/Beeld en Versekerbeker
    • Geskiedenis en Statistiek
    • Eerste Span Finale
    • 0/14, 0/15 & 0/16 Span Finale
  • N. Tvl en BB Finale + Super 12 &16
    • Eerste Span
    • 0/14, 0/15 en 0/16 Spanne
    • Super 12 & 16
  • Algemeen
    • Eerste Span Kapteins
    • Eerste Span Afrigters
    • Rugby Speler van die Jaar
    • Ondersteuning Groep
    • Eerste Rugby & Krieketspan Verteenwoordig
    • Ranglyste
    • Onderwysers Afrigters & Administrateurs
    • Algemene Punte Statistiek >
      • Wedstryd
      • Seisoen
      • Wittrui
  • Oud Affies
    • Nasionale Spanne >
      • Springbok Spelers
      • Ander Internasionale Spelers
      • Junior Springbokke, SA "A", SA xv
      • Suid Afrika – o/19, o/20, o/21 & o/23
      • Ander SA Spanne
    • Provinsiale Spanne >
      • N. Tvl & Blou Bulle
      • Ander Provinsiale Spanne
    • Superugby en Pro 14
    • Speel Oorsee
    • Toekennings
    • Administrateurs, Afrigters, Skeidsregters, Spandokters >
      • Administrateurs
      • Afrigters
      • Skeidsregters
      • Spandokters
    • Oud Affies Speel Provinsiaal + >
      • 2022
      • 2021
      • 2020
      • 2019
      • 2018
      • 2017
      • 2016
      • 2015
      • 2014
      • 2013
      • 2012
      • 2011
      • 2010
      • 2009
      • 2008
      • 2007
      • 2006
      • 2005
  • Foto Gallery
  • Bibliografie
E-mail Address

                 AFFIES VS GREY COLLEGE GESKIEDENIS en Statistiek                   
                                                         1923 - 2022                                                           OPGEDATEER 22/5/2022

Picture
Picture
​
Affies en Grey speel vir die 1e keer in 1923 teen mekaar. 

'n Kort opsomming van die pad wat geloop is vandat die eerste wedstryd in 1923 gespeel is:
  • 1923 - In die AHS jaarblad is daar ‘n verwysing na ‘n wedstryd teen ‘n skool van Bloemfontein. In Januarie 2016 is dit vasgestel dat dit teen Grey College was en die eerste wedstryd tussen die 2 skole in 1923 gespeel is en nie in 1953. In die Volkstem van September 1923 is daar geskryf dat daar ‘n wedstryd beplan was tussen die sterkste skole van die Vrystaat(Grey College) en Transvaal (Pretoria Boys High). Vir een of ander rede kon PBHS nie speel nie en het Affies en Grey vir die eerste keer op 29 September 1923 teen mekaar gespeel in Pretoria. Dit was die eerste jaar wat Affies teen PBHS se 1e span gespeel het sedert Affies se ontstaan in 1921. Grey wen die wedstryd 0 – 7. Verwysing na die wedstryd verskyn ook op bl. 35 van die Grey College School Magazine van 1923.
  • 1924 - 1952 Speel nie)
  • 1953 - 1959 (Speel)
​          Net die  1e en o/15A spanne speel teen mekaar. 
  • 1960 - 1965 (Speel nie)
  • 1966 - 1968
          In 1966 vind die eerste volwaardige interskole plaas met 16 spanne wat teen mekaar speel in Pretoria. Grey wen 11,
          Affies wen 4 en 1 wedstryd is gelykop.
         
         
Ander spanne se tellings vir 1967,68.70,71,72,73 en 74 is uitstaande. Kan jy help? My kontak inligting is op die
          Tuisblad.


  • 1968 - Piet Delport (Std 8) word gekies om sy 1e wedstryd vir die 1e span teen Grey College te speel. Hy speel in die oggend vir die 1e tennisspan en in die middag speel hy vir die 1e rugbyspan.
  • 1969 - (Speel nie)
  • 1970 - 1974 (Speel)
    Tydens die 1e span wedstryd teen Grey College in 1974 word ’n speler van albei spanne na ’n woeste geveg van die veld gestuur. Dit het tot gevolg dat die jaarlikse kragmeting tussen Affies en Grey gestop word en speel die 1e spanne eers in 1992 weer teen mekaar.
  • 1975 - 1980(Speel nie)
  • 1981 - Affies speel teen Grey met al die spanne buiten die 1e span. Affies se 1e Span moes op die dag in ‘n Adminbeker wedstryd speel. Tellings van al die spanne wat in 1981 teen mekaar gespeel het uitstaande.
  • 1982 - 1991 (Speel nie)
  • 1992 -  2013 (Speel). 
  • 1992 - Speel net die 1e spanne teen mekaar op 'n rugbydag  in Nigel. Andre Watson was die skeidsregter gewees.
  • 1993 - Affies en Grey speel met al hulle spanne  vir die eerste keer weer teen mekaar in Bloemfontein. 1e Spanne speel gelykop 23 elk. Die wedstryd is opgeneem met 'n video kamera. Eniege iemand wat kan help met 'n afskrif daarvan? 
  • 1994 - 5e Span telling uitstaande
  • 1996 - Affies wen vir die eerste keer teen Grey.
  • 1998 - Affies wen vir die eerste keer meer wedstryde as Grey in hulle jaarlikse kragmeting - 67%
  • 2000 - Na 'n hewige donderstorm voor die hoofwedstryd (Affies A veld) word die 1e span wedstryd uitgestel na ‘n weeksdag in die week daarna. Die wedstryd eindig gelykop 17 elk en Francois Swart teken al Affies se punte aan.
  • 2005 - Affies wen
  • 2006 - Affies wen
  • 2006 - Herman van Dyk van Affies het die volgende ervaring gehad in 2006. Na hy vir die 1e span in die begin van die jaar gespeel het, speel hy na n besering vir die 3e span teen Grey. Hy is reserwe vir die 2e span en speel as reserwe vir die 2e span. Die afrigters behou hom as reserwe vir die 1e span en hy speel ook vir die 1e span as reserwe.
  • 2011 - Die treinrit met die wegwedstryd is nou 'n busrit vanaf 2011. Die laaaaaang... stories wat vertel word oor wat op die treinritte gebeur het is stories wat nie sommer op skrif gestel sal word nie!
  • 2012 en 2013 - Na 2005/6 is dit slegs die 2e keer dat Affies se 1e span tuis en weg teen Grey wen.
  • 2012 - Die Wit Bulle speel in die wedstryd  teen Grey met wat op die oog af lyk na nuwe groen kouse met geen strepe nie. Sonder die medewete van die afrigters het die spelers besluit om die kouse  te vou dat dit net groen was sonder strepe. Verduideliking na die tyd is dat hulle gedink het dit lyk mooi sonder die strepe!
  • 2015 - Affies wen
  • 2017 - Affies wen 61% van die wedstryde op die dag. Die eerste keer sedert 2008 en die tweede meeste sedert 1998.
  • 2018 - Vir die eerste keer in die geskiedenis wen albei skole eweveel wedstryde, 14 elk.
  • 2019 - 27 Wedstryde gespeel
  • 2020 - Covid 19
  • 2021 - Covid 19
  • 2022 - Affies wen 67% van die 27 wedstryde gespeel op die dag. 

OPSOMMING - 1e Span 1923 - 2022

Gespeel                 45
Wen                         6 – 96, 05,06,12,13,15.
Verloor                   34
Gelykop                   5 – 56, 93, 98, 00, 01.
 
Grootste wen vir Grey  47 - 10 in 2007
Grootste wen vir Affies  25 - 3 in 1996
Meeste punte in 'n wedstryd 82 in 2016

MEESTE WEDSTRYDE GEWEN OP DIE DAG 1993 - 2022 (28 Jaar)

Grey College - 18 keer
Affies - 9 keer
Gelykop -  1 keer in 2018 

Die minste aantal wedstryde gespeel met die Interskole sedert 1993 was 18 in '93 en '94 en die meeste was 29 in 2014.

 
Vir die historiese tellings van die 1e span per jaar kyk hier.
​
Vir die tellings van al die spanne sedert 1993 kyk hier.
Proudly powered by Weebly