AGTERGROND
Inligting is verkry vanaf verskeie bronne soos vervat in die Bibliografie.
Voorbeelde van hoe inligting bekom is:
Oud Affies word nie vergeet nie veral die wat by rugby betrokke was en nog steeds is as speler, afrigter, skeidsregters en administrateur.
Dankie aan Tiaan Snyman wat die bymekaar maak van die statistiek begin het in 2001 en verantwoordelik was vir meer as 90% van die inligting asook die uitleg daarvan. Groot dank aan die gewese Hoof Dr Pierre Edwards vir sy ongelooflike geheue en passie vir die Geskiedenis van AHS en AHS Rugby. Ek haal hom aan ”As jou seun wil rugby speel is daar ’n span vir hom op Affies om in te speel”.
Die inligting is sover bekend korrek. Alles moontlik is gedoen om dit so korrek as moontlik te kry, daar is sekerlik foute veral met die spelling van name, vanne/voorletters en tellings van wedstryde, ens.
Hoop dat die inligting hierin vervat vir Oud Affies die „onthou jy nog“ momente weer ’n werklikheid maak. Mag skolerugby liefhebbers die inligting wat hulle soek oor Affie rugby (histories en huidiglik) op die webwerf vind.
Voorbeelde van hoe inligting bekom is:
- Vir die 1943 1e Span was daar geen foto in die Jaarblad nie maar slegs ’n fotostaat van die foto wat nie baie duidelik is nie en met geen name nie. Hein Du Toit (Matriek 1943) en Flip Olivier (1e Span 1943/44) het gehelp om die name van die 1943 span te identifiseer met behulp van hulle kontakte, die matriekfoto van 1943 en 1e Span foto’s van 1942 en 1944.
- Van die broers wat vir die 1e Span gespeel het is verkry nadat die alfabetiese lys opgestel is en foto’s van die verskillende spanne vergelyk is om familietrekke te identifiseer.