ANDER SKOOL SPANNE
TRANSVAAL
In 1928 verteenwoordig 3 Affie spelers vir die eerste keer 'n provinsiale skolespan. Dit was vir die Transvaalse skolespan in 'n wedstryd teen die Vrystaat op Ellispark. Die wedstryd was 'n voorwedstryd vir die toets tussen die Springbokke en die All Blacks.
Op die 1928 Transvaal 0/19 spanfoto hierna verskyn Mnr. F Le Roux (AHS Hoof) en 3 Affie spelers. Dit was 'n toernooi waaraan Transvaal, Vrystaat en Natal skolespanne deelgeneem het in 1928 en 29.
Program en spanlys van Tvl en Vrystaat skolespan wat gespeel het teen mekaar in 'n voorwedstryd vir die Springbokke teen die All Blacks in 1928 op Ellis Park
TRANSVAAL BONDE
Die span is na afloop van die CW gekies uit die Cravenweek spanne van die Tvl Bonde. Die span het teen 'n verskeidenheid spanne oor die jare gespeel bv. SA Polisie 0/19, SA Kolleges, ens.
Die span is na afloop van die CW gekies uit die Cravenweek spanne van die Tvl Bonde. Die span het teen 'n verskeidenheid spanne oor die jare gespeel bv. SA Polisie 0/19, SA Kolleges, ens.