Die twee skole se eerste spanne het 100 jaar gelede vir die eerste keer teen mekaar gespeel in 1923.
Saterdag was die 118e wedstryd tussen die twee 1e spanne gewees.
Vir 'n opsomming van die geskiedenis en tellings kyk hier
Tellings van ander wedstryde gespeel teen Pretoria Boys High Saterdag kan hier gesien word. .
WIT BULLE (Beginspan)
15. Migael de Lange 14. Stephan Brits 13 Theuns Maritz 12. Janco Purchase 11. Eagan Roux,10, Ruben Pienaar 9. Hendre Schoeman 8. Ruan Lippold 7. Juan Vorster. 6. Braam Swanepoel 5. JD Hattingh 4. Johnathan Eloff 3. Ethan van Dyk 2. FC van Rooyen 1. Steyn Truter (K)
RESERWES GEBRUIK:
Ruben Dreyer en Niel Collins
TRUI OORHANDIGING VOOR WEDSTRYD
- Pierre Spies. OA 2003. Wit Bulle. 2002, 2003 (K).
WEDSTRYD
..... en daar het ons 'n herhaling van verlede week en kan ek dit maar noem as "next level"!!! Wat 'n plesier van driee gedruk. 9 Deur die agterspelers en 3 deur die voorspelers.
Daar was weer 'n hele paar la...ng driee gewees!! Veral in die tweede helfte. Na verlede week behaal Hendre Schoeman word weer 'n drietal van driee. Die drie van Migael de Lange waar hy amper reg onder Affies se pale die bal ontvang en die lengte van die veld hardloop om 'n briljante solo poging af te rond was maar een van vele driee om te onthou!!!
Ek sluit af met my woorde van laas week.
"Boys High is die laaste wedstryd van die seisoen en Graad 12's!!!! Affie ondersteuners sien daarna uit om die seisoen op 'n "high" af te sluit! Wys die Candies waar die Wit Bulle die wortels begrawe het op die PLAAS!!!
DIT WAS 'N FEES GEWEES!!!!
SIEN UIT NA 2024!!!
AHS: 76(22)
Driee: Eagan Roux 1x, Stephan Brits 1x, Migael de Lange 2x, Hendre Schoeman 3x, FC van Rooyen 1x, Ruan Lippold 1x, Ruben Pienaar 1x en Janco Purchase 1X.
Skoppe: Ruben Pienaar 8 doelskoppe.
PBHS: 24 (3)
1e Span seisoen opsomming kyk hier!
****************