AGTERGROND
Toe doen die 1e span dit weer! Met 7 spelers kort agv van beserings wen hulle net soos die 1e span van 2012 soos genoem in my voorskou "Moenie moed verloor nie. In 2012 was daar 7 Affie spelers wat deelneem aan die SA skole proewe en kon nie vir die 1e span speel teen Glenwood nie. Nico Lee was die dag kaptein(Plek van Pierre Schoeman) en Affies wen die wedstryd 28 - 10" Dit was vandag die 12e keer wat die twee skole teen mekaar speel sedert 1996. Affies was soos die geval van jaar nog elke keer aan die wenkant. Die tellings sedert 1996 kan hier gesien word Affies het ook al die ander wedstryde gewen en die tellings vir die ander spanne kan hier gesien word. Reggie Goodes was in 2005 in Graad 8 op Affies voordat hy saam met sy ouers Nieu- Seeland toe geimmigreer het in 2006.
Vergelyking met 2016 en 2015 in hakies.
Dit is die 3e keer wat die twee skole teen mekaar speel sedert 2015. Affies het al drie die kragmetings gewen.
Ongelukkig loop die beserings spook. Dewald Donald en Carel Else se seisoen is verby.
James Combrinck, Marnus Potgieter en Sean Thungo se beserings sal hulle konserwatief gesproke nog op die kantlyn hou tot die begin van die 3e kwartaal. Hou duimvas dat dit dalk vroeer kan wees? Vandag was die weer die bepalende faktor. Met ongeveer twee derdes van die 1e span wedstryd oor is die wedstryd gestaak agv van donderweer en uiteindelik gekanselleer.
Dit is die 9e keer dat die twee skole teen mekaar speel sedert 1997 en die 7e jaar in 'n ry. Historiese tellings kan hier gesien word.
Let wel!! Die wedstryd sal nie deur SSL lewendig "gestream" word nie!! Die volgende spelers is nie oorweeg nie agv beserings: Marnus Potgieter, James Combrinck en Dewald Donald. Die 1e span vir Saterdag sal heelwaarskynlik die volgende wees. Vergelyking met 2016 verskyn hieronder.
2012 - 29% 2013 - 30% 2014 - 41% 2015 - 43% 2016 - 43% 2017 - 61% James Combrinck se enkel het toe nie genoegsaam herstel nie en is vervang deur Dewald Donald.
Affies en Grey speel sedert 1923 teen mekaar. Dit sal die 42ste keer wees wat die twee skole teen mekaar speel.
'n Kort opsomming van die pad wat geloop is vandat die eerste wedstryd in 1923 gespeel is volg hierna. Geluk aan Ruben wat gekies is vir die SA o/20 span wat vanaf 31 Mei tot 18 Junie aan die Wereld o/20 Rugby Kampioenskappe deelneem in Georgie. 2013 - BB o/16 Grant Khomo 2014 - AHS 1e 2015 - AHS 1e 2015 - SA Skole 2016 - BB o/19 en o/21 2016 - BB Currie Cup Qualifying 2016 - BB Curriebeker Vir 'n lys van Oud Affies wat die SA o/20 span tot op hede verteenwoordig het kyk hier. ********************************************************************************************* AGTERGROND
Dit was die 7e keer wat die twee skole teen mekaar speel. Die eerste keer was in 1985 met ‘n toer van die 1e span na die Wes Kaap waar Affies aan ‘n rugbyweek op Mosselbaai deelgeneem het. Oppad terug het Affies teen Outeniqua gespeel. Affies wen die wedstryd 6 – 3. Die 1985 toerspan verskyn op die foto hieronder met Christo Potgieter (Marnus se Pa) in die 2e ry derde van links. Pierre Potgieter (kapt) sal saam met Johan Geringer van 1969 en 1970 bekend staan as die “Mnr drop” van Affies. Pierre het 7 skepskoppe in 1984 en 5 in 1985 deur die pale gesit vir die Witbulle. In totaal 12. Johnny van Heerden het sy blokkies toer trui, ens. in 2016 aan die skool geskenk. Die twee skole het nie voor 2004 weer teen mekaar gespeel nie. Vanaf 2004 is al die wedstryde gespeel gekoppel aan Paasnaweek en Wildeklawer toernooie. Vir die tellings van die vorige jare kyk hier. |
Argiewe
July 2024
|
|