Terwyl ek die A-span gekyk het ek ook op die veld langsaan gekyk hoe die o/14C span speel. Die o/14C span speel sonder enige " fitterjasies" en lyk soos 'n klomp jong seuns wat elke oomblik van dit geniet. Ten spyte van 'n telling van 86 - 0 het die Affies span nooit uitgerafel nie.
Toe die 0/15A's met seker die "comeback" van die jaar. Na hulle op 'n stadium 3 - 17 agter was draai hulle die krane oop en wen 34 - 24. Jeppe het eers weer punte aangeteken reg teen die einde!
Terwyl ek na die o/15's kyk hou ek ook die 4e span dop wat soos hulle die heel seisoen doen - speel soos 'n masjien. Divan De Nysschen druk 4 driee en die 4e's wen 76 - 3.
Daarna is dit die die 3e span wat nog 'n afgeronde vertoning lewer en Saterdag na Saterdag rugby van hoogstaande gehalte lewer. Hulle wen 66 - 7.
Vir tellings van die ander wedstryde kyk hier.
*********************************************************************************************