Dit was die 12e keer wat die twee skole teen mekaar gespeel het. Vir die 1e span tellings sedert 1997 kyk hier.
Tellings van die ander 9 wedstryde wat gister gespeel is kan hier gesien word.
Alhoewel geen toeskouers toegelaat is by gister se wedstryde nie was die ondersteuners bevoorreg om al die wedstryde lewendig te kon kyk via die internet!! Jammer vir die weer wat die eerste wedstryde onderbreek het maar gelukkig was dit vir donderweer en het dit uiteindelik nie gereen soos die geval was met die vorige wedstryd teen KES in Johannseburg nie. Op 'n stadium was daar ongeveer 600 mense wat die 1e span wedstryd gekyk het!
Miskien sal daar met die volgende seisoen 'n paar regstellings gemaak word soos:
1. Aandui watter spanne speel bv. 4e span. As jy 'n program vir die dag het is dit nie so 'n groot probleem nie.
2. Tyd oor.
3. Telling. Die Affies A veld telbord en C veld uitsending het tellings gehad maar die wedstryde op KES se velde was nie onder Affies se beheer nie.
Dankie tog dat daar nie kommentators was by die 1e span wedstryd!
1e SPAN WEDSTRYD:
KES loop 0 - 8 voor met halftyd maar binne 10 minute van die 2e helfte is Affies 10 - 8 voor. Dit het nie lank gehou nie en KES antwoord met nog twee driee en die eindtelling 10 - 18 in KES se guns.
Geluk aan KES met 'n welverdiende oorwinning!
AHS: 10 (0)
Driee - Ruvan Loock
Skoppe - Stehan Heymans 1x vervyfskop en 1x strafskop.
KES: 18 (10)
Vir inligting van die 1e span se 2021 seisoen sover kyk hier.
************************************