Historiese wedstryd programme in die Argief by Affies is 'n bron van inligting. Tellings van ander wedstryde is partykeer in die programme aangeteken en inlgting van spelers wat dalk net in die wedstryd teen Boys High vir die 1e span gespeel het.
Vandag het Affies die bordjies verhang en tree Affies se 1e span as oorwinnaars uit die stryd na verlede jaar se nederlaag.
Van die ander spanne was die o/15A span weer kookwater vandag met 'n telling van 78 - 12 en het die 0/16A's na 2 geel kaarte en 'n rooikaart nog steeds met 45 - 15 gewen. Uitslae van die ander wedstryde verskyn hier. Waterkloof het sy ontstaan in 1979. Die waarnemende Hoof van Waterkloof in 1979 was Mnr H Davin wat in die 40’s op AHS skool gehou het en ook die AHS 1e span in 1948 en 49 afgerig het.
Dit was die 24ste keer wat die twee skole onafgebroke teenmekaar speel sedert 1996. In 2011 is daar twee keer op 'n tuis en weg basis gespeel.
Die punte verskil van 4 waarmee Affies gewen het in 2018 is die tweede kleinste sedert 1996 se 3 punte verskil. Vir details van die tellings oor die jare kyk hier. Die tellings van die ander 24 wedstryde gespeel kan hier gesien word. Geluk aan Dewald Donald wat ingesluit is in die SA Skolespan wat in Augustus teen Engeland, Wallis en Frankryk speel. Dewald is Affies se 28ste SA Skole speler waarvan vyf spelers twee jaar vir die SA Skolespan gespeel het. Lys van spelers verskyn hier. Dewald se drie teen Jeppe - https://www.youtube.com/watch?v=_1yFnOmx_OM Dewald 2014 - 2018: 2014 - o/14A - AHS 2015 - o/15A - AHS 2016 - o/16A - AHS - o/16 BB Grant Khomo - o/16 SARU Green Squad 2017 - 1e Span AHS (Speel grootste gedeelte van die seisoen nie agv 'n besering. 2018 - 1e Span AHS - o/18 BB Cravenweek - o/18 SARU Elite oefengroep ******************************************** ******************************************
|
Argiewe
July 2024
|
|