Die 1988 program wat deur Boys High gedruk is het "Adoons Hulle" van TO Honnibal op die voorblad. Die oorspronklike skets is hier langsaan en kan gesien word dat die truie bygesit is.
Die 1989 program wat deur Affies gedruk is, is nog meer ongewoon maar daar is 'n verduideliking vir die twee woorde "Galpille" en "Rockspider".
FS Malan wat die AHS geskiedenis nagevors het gee die volgende verduideliking in sy manuskrip:
Boys High seuns het die AHS seuns die “Rock Spiders” of "Hairy Backs" genoem. “Rockspider” is 'n ou uitdrukking wat soms deur Engelssprekendes gebruik is om die Afrikaanssprekendes se konserwatisme te verbeeld. Die AHS seuns het weer na dié opponente as die “Galle”, die “Galpille” of die "Rooinekke" verwys.
Dit is onseker waarvandaan en presies wanneer “Galle” en “Galpille” ontstaan het. Daar is twee moontlikhede en die heel waarskynlikste is dat dié benaming van elders ingevoer is. Pa le Roux (1e Hoof) het aan die Paarl Boys High/Jongens Skool gestudeer. Dit is bekend dat ook na Engelstalige leerlinge van dáárdie heelwat ouer skool as die “Galle” verwys is. Die oorsprong van “Gal” kan dus moontlik aan mnr le Roux te danke wees wat self in die beginjare vir die eerste span uitgedraf het.
Die twee byname was heelwat gebruik vanaf die vroeg '30s tot in die '80s. Sederdien het dit in onbruik geraak en is dit net te sien in ou jaarblaaie en memmoires van Oud Affies in die Argief. Dit word ook gesien as onvanpas in die nuwe SA.
Die oudste program in die Argief is die van 1980. Vanaf 1980 - 2017 is die volgende jare se programme nie in die AHS Argief.:
- 2004 - 2006
- 2000
- 1985
***************************************************************************************************