Die tellings per jaar sedert 1946 kan hier gesien word.
Vir die 2016, 1e span statistiek tot op datum kyk hier.
SPAN
Dieselfde as teen Helpmekaar
WEDSTRYD
Een van die grotes van die 2016 seisoen met Affies wat as oorwinnaars uit die stryd tree. Op ‘n neutrale veld maak Affies dit 4 wenne uit 5 teen PRG op die St John’s Festival sedert 1999.
Met hierdie oorwinning is albei spanne 9 keer aan die wenkant en word 2 wedstryde gedeel sedert 1946.
Ek was ongelukkig nie daar nie. Volgens my inligting was daar ‘n “try saving tackle” reg teen die einde deur “Patches” wat verseker het dat die wedstryd nie kon gelykop eindig nie.
Geluk aan die afrigters en die spelers met ‘n baie goeie oorwinning. Alle aanduidings is dat dit ‘n welverdiende oorwinning was.
PLAASVERVANGERS
Ruben Dreyer vir Dylan du Preez
PUNTE
AFFIES – 24 (7)
Drieë – Carel Koch, Jaco Labuschagne en Schalk Erasmus.
Skoppe – Ruan de Swardt (3x doelskoppe en 1 x strafskop)
PAUL ROOS GIMNASIUM – 17 (14)
Die wedstryd statistiek volgens www.webrugby.co.za was as volg:
*********************************************************************************************