|
Die Dorp het vandag vir die 3e jaar in 'n ry gewen. Dit was 'n wedstryd wat wippplank gery het met die Koshuis wat halftyd 23 - 17 voor was.
Die telling was 31 - 29 in die Dorp se guns met ongeveer 5 minute oor, maar met 'n strafskop en 'n vervyfde drie stap die koshuis as oorwinnaars van die veld, 41 - 29 Dit het tot gevolg dat albei spanne 11 wedstryde tot op datum gewen het en 1 gelykop. Vir historiese tellings en die geskiedenis van die wedstryd lees hier. Fotos van die twee spanne wat deelgeneem het verskyn hieronder. Ongeveer 15 minute voor die begin van die wedstryd het dit gelyk of die aantal toeskouers dalk die minste sal wees in die afgelope klompie jare, maar toe die spanne opdraf het dit heelwat verander en was die twee paviljoene vol toeskouers met dalk nie soveel Oud Affies/Boys High leerlinge agter die pale nie.
Dit was die 115 keer wat die 1e spanne teen mekaar gespeel het. Vandag was die 12e wedstryd in 'n ry sedert 2008 wat Affies onoorwonne is.. Die meeste nog was 19 wedstryde vanaf 1986 - 2002. Affies het al 23 wedstryde gewen met die grootste punte verskil per wedstryd van alle tye.
Die lys van die 4 jare met die grootste punte verskil is: 2018 - 58,6 2016 - 49,1 2011 - 39,8 2017 - 38,4 Vir al die wedstryd tellings vandag kyk hier. Vir historiese tellings en statistiek van grootste wen , verloor, ens. kyk hier aan die einde van die Geskiedenis skrywe. *************************************** |