Geluk met jou inlsuiting in die SA o20 span wat gaan deel neem aan die Ses Nasies o20 reeks in Italië
AGTERGROND
Die twee skole speel reeds sedert 1965 teen mekaar. Naas Boys High is Menlo die skool in Pretoria wat Affies die langste 'n verbintenis mee het in jare. Die 3e meeste aantal wedstryde teen mekaar gespeel naas Boys High(116) en Waterkloof(44) Ek het in 2014 oor die moontlikheid van 'n wedstryd teen mekaar geskryf met meer historiese inligting hoekom daar nie teen mekaar gespeel is, ens. tot 2014. Lees meer hier - https://www.affiesrugby.co.za/blog/menlopark-15maart-2014 Dit was die 39ste keer wat die twee skole teen mekaar speel sedert 1965. Vir die 1e span tellings per jaar kyk hier. Daar is 9 wedstryde gespeel met Affies wat al 9 wen. Vir die detail tellings kyk hier.. BEGIN SPAN 15.Migael de Lange 14.Gustav Maritz 13.Tiaan de Wet 12.Heinrich Horn 11.Risima Sambo 10.Stehan Heyman (K) 9.Rovan Shahia 8.Dieter Schubert 7.Beyers Roos 6.Ewan v Heerden 5.Andreas Burger 4.Erich Jooste 3.Zack Maritz 2.Hanro Venter 1.Steyn Truter BESERINGS
RESERWES GEBRUIK:
WEDSTRYD 'n Wedstryd wat nie lank onthou sal word nie maar met Affie Guts het die Wit Bulle die wa deur die drif getrek. Halftyd is die telling 0 - 6 in Menlopark se guns en die gevaar tekens flikker!! In die 9e minuut van die 2e helfte druk Hanro Venter 'n drie, Stehan verdoel dit en loop die Wit Bulle voor na 39 minute se speeltyd verby is.Tellin 7 - 6. Dit was spreekwoordelik van die eenkant na die anderkant van die veld met Menlo wat met 'n 2e strafskop in die wedstryd nie slaag nie. Met ongeveer 15 minute oor en die telling steeds 7 - 6 in Affies se guns werk die "streaming" nie tot en met die einde van die wedstryd. Met 'n geelkaart en Risima wat moet gaan skrumskakel speel, speel die Bulle met 14 man vir die laaste gedeelte van die wedstryd. Die Wit Bulle druk twee driee naby die einde en wen 21 - 6. Stiaan Heymans behaal weer 'n voltal met sy skoppe pale toe deur met 3 uit 3 van sy doelskoppe te slaag. Dit was die laaste wedstryd vir die Graad 12's op 'n Affie rugbyveld. My vriend Kobus Pieters se woorde " Ek vat altyd 'n wen voor 'n verloor" sal maak dat hulle hierdie laaste wedstryd nooit sal vergeet nie!!! Soos Oom Boy Louw gese het "Looks at the scoreboard" !! PUNTE: AHS: 21(0) Driee:Tiaan de Wet, Hanro Venter 2x. Skoppe: Stehan Heymans 3 x doelskoppe MENLOPARK: 6(6) 1e Span seisoen opsomming kyk hier! |
Argiewe
July 2024
|
|