Waterkloof het sy onstaan in 1979. Die twee skole speel teen mekaar sedert 1988.
Affies en Waterkloof het 'n verbintenis wat sover teruggaan as 1948. Die waarnemende Hoof van Waterkloof toe die skool sy deure oopgemaak het was Mnr H Davin wat 'n afgetrede Inspekteur van skole was. Hy was voor dit Hoof van Nelspruit Hoerskool en voor sy skuif na Nelspruit was hy 'n onderwyser by AHS. In sy tyd by Affies was hy ook die 1e rugbyspan afrigter in 1948 en 49.
Dit was die 45ste keer wat die twee skole teen mekaar gespeel het met Affies 38 keer en Waterkloof 7 keer aan die wenkant.
In 2006 speel die 1e spanne 4 keer teen mekaar in een seisoen en dit was as volg:
Mitchelin Super 16 finaal. - WK wen op Tuks Stadion
Blou Bulle skole liga - Wit Bulle wen tuis.
Finaal van die Blou Bulle skole liga - WK wen tuis.
Finaal van die Beeld Trofee. - Wit Bulle wen op Waterkloof.
Daar is 14 wedstryde vandag gespeel met Affies wat al 14 wedstryde wen. Is dit die 1e keer? Hier volg die statistiek:
1988 - 1996
- Geen inligting in jaarblaai.
1997 - 2006
- 2006 Affies wen al die wedstryde tuis.
2012 - 2022
- 2022 Affies wen al die wedstryde weg.
- 2013 Een wedstryd gelykop. Affies wen die res.
Let wel die wedstryde gespeel is net die wedstryde waar al die spanne teen mekaar speel op eendag. Nie Super 12/16 en Beeld, ens. uitspeel wedstryde nie!
Die telling van 60 - 15 was nie grootse van alle tye nie en ook nie die meeste punte aangeteken in 'n wedstryd tussen die 2 spanne nie . Dit behoort aan die 1993 Wit Bulle wat 75 - 6 gewen het
Vir die 1e span tellings per jaar kyk hier.
Tellings van die ander spanne kyk hier.
BEGIN SPAN
15.JL van Rensburg
14.Gustav Maritz
13.Tiaan de Wet
12.Heinrich Horn
11.Risima Sambo
10.Stehan Heymans (K)
9.Rovan Shahia
8.CF Delport
7.Erich Jooste
6.Abel Pretorius
5.Andreas Burger
4.Anton Grotius
3.Zack Maritz
2.Hanro Venter
1.Steyn Truter
BESERINGS
- Uit vir seisoen - Ewan van Heerden, CF Delport, Luchan Mouton, Beyers Roos,
- Dieter Schubert mag dalk speel teen Pretoria Boys High
RESERWES GEBRUIK:
- FC v Rooyen, Dian du Toit
WEDSTRYD
Met die lostrio wat teen Menlo gespeel het steeds beseer draf die Wit Bulle op die veld teen Waterkloof met dieselfde 15 tal wat teen MC gespeel het. Ten spyte wat die wedstryd vooraf gegaan het was die Wit Bulle na 5 minute op die telbord met 'n drie. en daarna was dit net eenrigting verkeer!!
Halftyd telling was 24 - 10 in Affies se guns.
Die Witbulle kyk terug na 'n wedstryd waar hulle 10 driee gedruk het (een minder as die 11 teen Diamantvled) waarvan 7 deur die agterspelers en 3 deur die voorspelers gedruk is!
Die Wit Bulle was in beheer van die begin af en was daar nog 'n paar driee wat kon gewees het maar daar kan geen klagtes wees met 10 in totaal nie!!!
Ek sonder nie graag spelers uit nie maar vandag het die bal meer as eenkeer by Gustav Maritz uitgekom en hy het gewys wat daarmee gedoen kan word. Laat my dink aan my jongdae se Blou Bul vleuels naamlik Cora Dirksen, Willem Stapelberg, Ray Mordt en van die WP, Niel Burger!
Wel gedaan Wit Bulle dit was "Vingerlek lekker" !!
PUNTE:
AHS: 60(24)
Driee:Gustav Maritz 2x, JL van Rensburg 2x, Stehan Heymans, Erich Jooste, Hanro Venter, Tiaan de Wet, Risima Sambo.
Skoppe: Stehan Heymans 5 x doelskoppe.
MARITZBURG COLLEGE: 15(10)
1e Span seisoen opsomming kyk hier!