Die twee skole speel ononderbroke teen mekaar sedert 1996.
Dit was die 26ste keer wat die twee skole teen mekaar gespeel het. In 2011 is daar twee keer teen mekaar gespeel. Die idee was om op 'n tuis en weg basis teen mekaar te speel. Dit het egter nie verder gegaan as 2011 nie.
Vir die 1e span tellings per jaar kyk hier.
Daar is 24 wedstryde vandag gespeel met Affies wat 23 wen.en MC 1. Vir die detail tellings kyk hier..
BEGIN SPAN
15.JL van Rensburg
14.Gustav Maritz
13.Tiaan de Wet
12.Heinrich Horn
11.Risima Sambo
10.Stehan Heymans (K)
9.Rovan Shahia
8.CF Delport
7.Erich Jooste
6.Abel Pretorius
5.Andreas Burger
4.Anton Grotius
3.Zack Maritz
2.Hanro Venter
1.Steyn Truter
BESERINGS
- Ewan van Heerden, Dieter Schubert, Beyers Roos.
RESERWES GEBRUIK:
- Geen
WEDSTRYD
Met die lostrio wat teen Menlo gespeel beseer en tuisveld voordeel vir Maritzburg College het daar 'n moeilike een gewag vir die Wit Bulle. Dit was dan ook die geval.gewees.
Die Bulle het nie die een in die sakkie gehad voor laat in die 2e helfte nie!
Geluk aan Stehan en sy 14 spanmaats!!. Daar was geen plaasvervangers vir Affies vandag nie en die spelers op die veld het gewys hoekomhulle as span so hoog geplaas word op die 2022 ranglyste tot op datum.
Erich Jooste was die speler van die wedstryd.
Twee hoë hekkies wag op die Wit Bulle in die volgende twee weke???
PUNTE:
AHS: 29(19)
Driee:Gustav Maritz, Anton Grotius, Hanro Venter en Zack Maritz. .
Skoppe: Stehan Heymans 3 x doelskoppe, 1x strafskop
MARITZBURG COLLEGE: 12(7)
1e Span seisoen opsomming kyk hier!