Vir die agtergrond en geskiedenis oor die jaarlikse Derby wat in die vroeg 1920's ontstaan het lees hier.
Soos verwag was daar 'n groot skare mense gewees. Die hoofveld was gepak!
Vir die 1e span tellings per jaar kyk hier.
Tellings van die ander spanne kyk hier.
BEGIN SPAN
15.JL van Rensburg
14.Gustav Maritz
13.Tiaan de Wet
12.Heinrich Horn
11.Risima Sambo
10.Stehan Heymans (K)
9.Rovan Shahia
8.Dieter Schubert
7.Erich Jooste
6.Abel Pretorius
5.Andreas Burger
4.Anton Grotius
3.Zack Maritz
2.Hanro Venter
1.Steyn Truter
RESERWES GEBRUIK:
- Geen reserwes.
WEDSTRYD
Die Witbulle het teen Waterkloof vroeg toegeslaan met 'n drie maar ek dink tydgewys was die eerste drie van die Wit Bulle teen Boys High voor jy kon se "Johhny Mes". Risima druk een van 'n hele paar agterlyn driee in die Noordelike hoek en Stehan verdoel dit vanaf die kantlyn.
Met die standaard rolmaal drie wat volg vir die Bulle slaan hulle weer toe met 'n drie deur LJ van Rensburg wat gevolg word deur 'n drie deur Risima en Gustav wat almal verdoel word deur Stehan. Al drie lekker hoendervleis agterlyn driee!!!
Halftyd telling was 35 - 5 in die Wit Bulle se guns.
Die tweede helfte is die Wit Bulle vir 'n groot gedeelte van die 2e helfte onder druk van Boys High wat alles in die stryd werp om die agterstand te laat krimp! Die Wit Bulle staan twee driee af wat die telling verander na 40 - 19..Die Bulle druk nog 'n drie met die laaste van die agt driee deur Steyn Truter wat sy eerste drie vir die Wit Bulle druk.
Die Wit Bulle sluit die jaar heel gepas af met 'n mooi wen wat ook dan verseker dat Affies al die wedstryde teen Boys High wen.
2020 Is in die bed en die Wit Bulle en 30 ander spanne wat tenspyte van Covid ons as ondersteuners kan laat terugkyk op 'n jaar wat deur min rugby "kenners" voorsien is!!
Baie geluk aan die spelers en afrigters van die 2022 Wit Bulle. en ander spanne!!! Julle het ons, ons koppe laat optel en trots gemaak!!!
PUNTE:
AHS: 54(35)
Driee:Gustav Maritz, JL van Rensburg 2x, Risima Sambo 2x, Hanro Venter, Steyn Truter., Heinrich Horn.
Skoppe: Stehan Heymans 7 x doelskoppe.
PRETORIA BOYS HIGH SCHOOL: 19(5)
1e Span seisoen opsomming kyk hier!