AFFIES RUGBY
  • Tuis
  • Agtergrond
  • Blog
  • Seisoen
    • 2025 >
      • 1e Span Seisoen
      • Ander Spanne Tellings
      • 2025 Wedstryd Program
    • 2024 >
      • 1e Span Seisoen
      • Ander Spanne Tellings
      • 2024 Wedstrydprogram
      • 2024 Sewes Tellings
      • Noord Suid Bepalings
      • Noord Suid Tellings
    • 2023 >
      • 1e Span Seisoen
      • Ander Spanne Uitslae
      • Sewes Tellings
      • 2023 Wedstrydprogram
      • 2023 Noord/Suid Bepalings
      • 2023 Noord Suid Tellings
      • Afrigters
      • Oefentye
    • 2022 >
      • 2022 1e Span Seisoen
      • 2022 Ander Spanne UItslae
      • 2022 Sewes Tellings
      • Wedstrydprogram
      • Afrigters
    • 2021 >
      • 2021 1e Span Seisoen
      • 2021 Ander Spanne Uitslae
      • Wedstrydprogram
      • Afrigters
    • 2020 >
      • 2020 1e Span Seisoen Statistiek
      • 2020 Ander Spanne Uitslae
      • Wedstryd Program
      • Oefentye
    • 2019 >
      • 2019 1e Span Seisoen Statistiek
      • 2019 Ander Spanne Uitslae
      • 2019 Wedstryd Program
      • 2019 Afrigters
      • 2019 Oefentye
    • 2018 >
      • 2018 1e Span Wedstryd Statistiek
      • 2018 Ander Spanne Uitslae
      • 2018 Bepalings
      • AHS Afrigters 2018
    • 2017 >
      • 2017 Bepalings
      • 2017 1e Span Wedstryd Statistiek
      • 2017 Ander Spanne Uitslae
      • 2017 Velde en Oefentye
    • 2016 >
      • 2016 Bepalings
      • 2016 1e Span Wedstryd Statistiek
      • 2016 Ander Spanne Uitslae
    • 2015 >
      • 2015 1e Span Wedstryd Statistiek
      • 2015 Ander Spanne Uitslae
    • 2014 >
      • 2014 1e Span Wedstryd Statistiek
      • 2014 Ander Spanne Uitslae
    • 2013 >
      • 2013 1e Span Wedstryd Statistiek
      • 2013 Ander Spanne Uitslae
  • Geskiedenis
    • Het Jy Geweet?
    • Geskiedenis Eerste Span Kleredrag
    • Die naam Wit Bulle
    • Simbool van die Wit AHS - rugbytrui
    • Toere & Toernooie
    • Francois Swart 0/15 Toernooi
    • Wit Bulle " Comebacks"
    • AHS se Ierland Konneksie
    • Affies Skepskop Spesialiste
    • Driee om te Onthou
    • Tradisies
    • Koshuis vs Dorp
    • Affie Rugby en Covid - 19
    • Opsomming per Jaar >
      • 1921 - 1929
      • 1930 - 1939
      • 1940 - 1949
      • 1950 - 1959
      • 1960 - 1969
      • 1970 - 1979
      • 1980 - 1989
      • 1990 - 1999
      • 2000 - 2009
      • 2010 - 2019
      • 2020 - 2029
  • Eerste Span Spelers
    • Alfabetiese Lys 1921 tot op Datum
    • Broers
    • Pa en Seun
    • Oupa, Seun en Kleinseun
    • Oupa en Kleinseun
    • 50 Wedstryde +
    • 3 Jaar +
  • Skole Spanne Verteenwoordig
    • Nasionaal
    • SARU EPD Program
    • N.Tvl & BB Skole spelers
    • N.Tvl & BB o/18 Ontwikkeling
    • BB o/17 - 7's
    • NTvl & BB o/17 Ontwikkeling
    • BB o/16 Grant Khomo & Ontwikkeling
    • BB o/15 Ontwikkeling
    • Ander Skool Spanne
  • Skole teen Gespeel
    • Skole teen Gespeel - Alfabeties
    • Opsomming van Wedstryde Gespeel
    • Wedstryd Tellings per Jaar >
      • Affies vs PBHS Geskiedenis
      • AHS VS PBHS Tellings 1988 - 2024
      • Affies vs Grey College - Geskiedenis
      • Affies vs Grey Tellings 1993 - 2024
      • A,B,C
      • D,E,F
      • G & H
      • J,K,L
      • M,N,O
      • P,Q,R
      • S,T,V
      • W & Z
  • Admin/Direkteurs/Beeld en Versekerbeker
    • Geskiedenis en Statistiek
    • Eerste Span Finale
    • 0/14, 0/15 & 0/16 Span Finale
  • N. Tvl en BB Finale + Super 12 &16
    • Eerste Span
    • 0/14, 0/15 en 0/16 Spanne
    • Super 12 & 16
  • Algemeen
    • Eerste Span Kapteins
    • Eerste Span Afrigters
    • Rugby Speler van die Jaar
    • Ondersteuning Groep
    • Eerste Rugby & Krieketspan Verteenwoordig
    • Ranglyste
    • Onderwysers Afrigters & Administrateurs
    • Algemene Punte Statistiek >
      • Wedstryd
      • Seisoen
      • Wittrui
  • Oud Affies
    • Nasionale Spanne >
      • Springbok Spelers
      • Ander Internasionale Spelers
      • Junior Springbokke, SA "A", SA xv
      • Suid Afrika – o/19, o/20, o/21 & o/23
      • Ander SA Spanne
    • Provinsiale Spanne >
      • Eerste OA wat Provinsiaal Speel
      • N. Tvl & Blou Bulle
      • Ander Provinsiale Spanne
    • OA Speel Oorsee >
      • Eerste OA wat oorsee speel
      • Spelers
    • Superugby en Pro 14
    • Toekennings
    • Administrateurs, Afrigters, Skeidsregters, Spandokters >
      • Administrateurs
      • Afrigters
      • Skeidsregters
      • Spandokters
    • Oud Affies Speel Provinsiaal + >
      • 2025
      • 2024
      • 2023
      • 2022
      • 2021
      • 2020
      • 2019
      • 2018
      • 2017
      • 2016
      • 2015
      • 2014
      • 2013
      • 2012
      • 2011
      • 2010
      • 2009
      • 2008
      • 2007
      • 2006
      • 2005
  • Foto Gallery
  • Bibliografie
E-mail Address

AFFIES VS OAKDALE  - AGTERGROND DIE WEDSTRYD EN STATISTIEK

4/29/2022

 
AGTERGROND

Dit was die 4e keer wat die twee skole teen mekaar speel sedert 1991 toe die Wit Bulle in die Kaap getoer het.

​
​Affies wen 3 en  Oakdale 1.Vir details van tellings kyk hier.


AFFIES SPAN 29 APRIL 2022
15.MIGAEL DE LANGE

14.STEPHAN BRITS
13.TIAAN DE WET
12.HEINRICH HORN
11.MARX NEL
10.STEHAN HEYMANS (K)
  9.ARMAND SHAHIA
  8.BEYERS ROOS
  7.DIETER SCHUBERT
  6.EWAN VAN HEERDEN
  5.ANDREAS BURGER
  4.ERICH JOOSTE
  3.ZACK MARITZ
  2.HANRO VENTER
  1.STEYN TRUTER 

BESERINGS
  • Risima Sambo, Gustav Maritz, JL v Rensburg en Anton Grotius is nog steeds beseer

​RESERWES GEBRUIK:
  • CF Delport, Abel Pretorius, Ivandre v Wyk, Karel van der Westhuizen, Mikail Kohler, en Luchan Mouton.
  • Geluk aan Karel en Ivandre wat vir die eerste keer die Wittrui aantrek!!! 

​WEDSTRYD
Na die wen verlede naweek teen Paarl Gim is daar bespiegel op sosiale media dat Affies "overrated" is. Die telling vandag teen Oakdale het 'n paar rugby kenners met 'n bloedneus gelaat!!

Dit was duidelik van die begin van die wedstryd dat ten spyte van die wind die Wit Bulle nie van plan was om hierdie een te verloor nie en was hulle nie vir een oomblik van die wedstryd agter gewees wat die telling aan betref nie.

Affies het die wind wat gepla het baie meer doeltreffend gebruik as Oakdale. Met die wind van agter kon Oakdale nie een keer punte aanteken in die 2e helfte nie. Affies se verdediging was rotsvas. 'n Paar Affie driee het nie gerialiseer in die 2e helfte nie.

Met 'n stewige voorsprong het Affies amper al die reserwes 'n kans gegee in die 2e helfte. Baie geluk aan Dieter Schubert wat aangewys is as die speler van die wedstryd.

Aan die 15 spelers en reserwes baie geluk met die oorwinning, julle het Affies se naam hoog gehou! Sien uit na Maandag se wedstryd teen Glenwood.

PUNTE:

AHS: 25(20)

Driee: Hanro Venter 2
x , Marx Nel 1x.
Skoppe: Stehan Heymans 2 x doelskoppe en 2 x strafskoppe

OAKDALE: 7(7)

​1e Span seisoen opsomming kyk hier!


Die A spanne wat ook vandag teen Oakdale gespeel het se uitslae is as volg:
14A Wen 31 - 0
15A Wen 31 - 3
16A Wen 33 - 0

Tellings van ander spanne tot op datum kyk hier!

AFFIES vs PAARL GIMNASIUM - WAT 'N "COMEBACK"?

4/23/2022

 
AGTERGROND

Dit was die 20ste  keer wat die twee skole teen mekaar gespeel sedert 1967
​Affies wen  7, PG 11 en 2 gelykop. Details van tellings kyk hier.

In die 60's, 70's en 80's is daar teen mekaar gespeel met rugbytoere in skoolvakansies (8 keer). Die Kaap en die Transvaal se skoolvakansies het nie oorvleuel nie buiten die einde van die jaar se Desember vakansie. Daarna volg Paasnaweek toernooie (5 keer) en later ook Wildeklawer.(3 keer).

Dit is die 4e keer dat die 2 skole teen mekaar speel op 'n tuis en weg basis sedert 2017.
  8 Spanne 2017 by PGim
19 Spanne 2018 by Affies
23 Spanne 2019 by PGim
18 Spanne 2022 by Affies


AFFIES SPAN 23 APRIL 2022
15.MIGAEL DE LANGE

14.STEPHAN BRITS
13.TIAAN DE WET
12.HEINRICH HORN
11.MARX NEL
10.STEHAN HEYMANS (K)
  9.ARMAND SHAHIA
  8.BEYERS ROOS
  7.DIETER SCHUBERT
  6.EWAN VAN HEERDEN
  5.ANDREAS BURGER
  4.ERICH JOOSTE
  3.ZACK MARITZ
  2.HANRO VENTER
  1.LUCHAN MOUTON 

BESERINGS
  • Risima Sambo, Gustav Maritz, JL v Rensburg en Anton Grotius

​RESERWES GEBRUIK:
Steyn Truter vir no 1, Abel Pretorius vir no 6 rn CF Delport vir no 8.

​WEDSTRYD

Ek begin met waarmee ek verlede week se skrywe afgesluit het. Daar wag 'n grote volgende Saterdag. Soos met die Noord/Suid teen PRG was die pawiljoene gepak van ondersteuners. Die Oud Affies agter die Noordelike pale was weer 'n paar rye diep!!!

Ja, en was dit nie 'n grote? Met Affies wat eerste bloedruik en met 3-0 voorloop na 'n strafskop laat PGim nie op hulle wag nie en met halftyd is dit PGim wat voorloop 10 - 19.

Met PGim wat in die 42 min. weer 'n drie druk en voorloop met 10 - 26 het menige Affie ondersteuner seker gevoel dat die wal dalk kan breek. Affies antwoord met twee driee in die 54 en 58 min. wat die telling 22 - 26 maak in PGim se guns.

Dit word duidelik dat Affies PGim op die agtervoet het  en in die 62 min. druk Zack Maritz so te se langs die pale. Die vervyfskop  is oor en  Affies is voor met 29 - 26.

Die laaste 8 min. was senutergend met PGim wat alles probeer om die wedstryd te wen. Gelykop was nie goed genoeg vir PGim nie. Met baie min speeltyd oor word 'n strafskop pale toe van die hand gewys en eerder uitgeskop vir 'n moontlike drie.

PGim was in die laaste sekondes van die wedstryd twee keer so te se oor Affies se doellyn maar die skeidregter beslis dat die bal die laaste keer opgehou is en blaas die eindfluitjie.

Nodeloos om te se dat pandenomium uitgebreek het! Al wat Affie leerling en Oud Affie storm op die veld om die 18 Wit Bulle wat gespeel het se hande hoog te hou!!!

Hanro Venter behaal 'n driekuns van driee en is ook dan die Speler van die Wedstryd.

Een van die grootste "comebacks" deur Affies se 1e span wat vir jare onthou sal word!!(Sien nota onderaan skrywe)

Affie Guts het weer gewys!! Ek haal 'n oud onderwyser (Poerie van Rooyen) van Affies aan "Jy het nie gewen teen Affies voor jy in die stort staan nie"!

As ondertseuners van Affie rugby salueer ons die Afrigters en Spelers van 2022!! Die telbord vertel die storie. AFFIES - 29 PAARL GIMNASIUM - 26

Dankie aan die spelers en afrigters van PGim en Affies vir 'n wonderlike dag. Rugby van hoogstaande gehalte is vandag gespeel in 18 wedstryde waar elke speler sy alles geggee het vir sy span en sy skool!!  


PUNTE:

AHS: 29(10)

Driee: Hanro Venter 
3x , Zack Maritz 1x.
Skoppe: Stehan Heymans 3 x doelskoppe en 1x strafskop

PAARL GIMNASIUM: 26(19)

​1e Span seisoen opsomming kyk hier!

Tellings van ander spanne kyk hier!

AFFIE "COMEBACKS"

Sodra ek dit nagevors het, sal ek die wedstryde met elkeen se unieke storie op skrif stel en publiseer op die Affie Rugby Webwerf.

Ek het 'n kortlys van ongeveer 3 of 4 wedstryde buiten vandag se wedstryd teen Paarl Gim. Indien jy weet van 'n wedstryd wat vergelykbaar is laat my weet asseblief. My kontak details is op die Tuisblad van die webwerf.

AFFIES vs BOLAND LANBOU GESKIEDENIS/WEDSTRYD

4/18/2022

 
AGTERGROND

Dit was die 6e keer wat die twee skole teen mekaar speel sedert 2000.
​Affies wen 5 keer en Boland Landbou 1 keer in 2003. Vir details van vorige jare se tellings kyk hier.

Dit was die 9e keer wat Affies deelneem aan die St Johns Festival. Details van Toere en Toernooie sedert 1952 kyk hier.

AFFIES SPAN
15. MIGAEL DE LANGE

14. STEPHAN BRITS
13. TIAAN DE WET
12. HEINRICH HORN
11. MARX NEL
10. STEHAN HEYMANS (K)
  9. ARMAND SHAHIA
  8. BEYERS ROOS
  7. DIETER SCHUBERT
  6. EWAN VAN HEERDEN
  5. ANDREAS BURGER
  4. ANTON GROTIUS
  3. ZACK MARITZ
  2. HANRO VENTER
  1. LUCHAN MOUTON
  • Geluk aan Migael de Lange wat die eerste keer die Wittrui aantrek en ook in die beginspan was.
  • Dieter Schubert is ook vir die eerste keer in die beginspan. ​ 
RESERWES
  • Geen

BESERINGS
  • Risima Sambo, Gustav Maritz en JL v Rensburg

​WEDSTRYD

Dit was 'n regte morsige affere.'n Spreekwoordelike modderbad tussen die twee kwartlyne!! Daar was geen sprake van behoorlike of dan normale rugby nie!!!

Nie 'n wedstryd wat lank sal onthou word nie hoofsaaklik agv die speel toestande. 

Die positiewe aspekte van die wedstryd was dat buiten die wen dit nie lyk of van die spelers beseer is nie! Daar wag 'n grote volgende Saterdag.

PUNTE:

AHS: 12(7)


Driee: Hanro Venter en Ewan v Heerden.. 
Skoppe: Stehan Heymans 1 x doelskop.

BOLAND LANDBOU: 5(5)

​1e Span seisoen opsomming kyk hier!

Tellings van ander spanne kyk hier!

AFFIES VS GARSFONTEIN - AGTERGROND/GESKIEDENIS EN WEDSTRYD

4/10/2022

 

AGTERGROND/GESKIEDENIS

Dit was die 6 keer dat die twee skole teen mekaar speel. Die eerste 4 keer in die 90's as deel van die NTvl A liga. Die 5e keer (2010) in die BB skoleproewe op Zwartkop Hoërskool se veld. Vir details van vorige wedstryde se tellings kyk hier.

Op 'n tegniese punt kan geredeneer word dat die 6e wedstryd (gister) op Affies se velde moes gewees het want die laaste wedstryd in 1996 was op Garsfontein se veld met die Zwartkop wedstryd op 'n neutrale veld!

Hoekom so lank terug teen mekaar gespeel?

1. Affies en Waterkloof neem die laaste keer in 1996 amptelik aan die N.Tvl liga deel. Sekere skole in Pretoria was nie meer bereid om teen die 2 skole te speel nie. In die periode 1997 tot 2006 het Affies en Waterkloof teen mekaar gespeel in ‘n sogenaamde liga wedstryd en albei spanne het dan in die kwart en later die halfeind rondte van die BB liga begin deelneem aan die Beeld reeks. Dit het tot gevolg dat die twee skole ander teenstanders moes kry om teen te speel, wat albei wel gedoen het.
2. Aan die einde van 2006 besluit Affies om nie meer aan die Michelin en Beeld Trofee deel te neem nie.
3. In 2007 besluit al die Blou Bulle skole buiten Waterkloof om nie aan die Beeld Trofee deel te neem nie. Dit is ook die geval in 2008, 2009 en 2010. In hierdie tyd neem Waterkloof en Eldoraigne steeds deel aan die Beeld Trofee. Buiten Affies keer al die Blou Bulle skole terug na die Beeld Trofee reeks in 2011.
4. Affies het in hierdie tyd van “isolasie” sedert 1996 ‘n redelike vaste program van skole wat hulle teen speel opgebou wat wyd versprei was oor die land. Meeste van die teenstanders sedert 1996 het ook ‘n groot hoeveelheid spanne gehad om teen te speel.

Wat daarna gebeur het is wat die meeste ondersteuners kan onthou en het ek nie veel meer by te voeg as om stellings aan te haal soos ek hoor dit, ens. en wat nie in die media gepubliseer is nie.

Die ys is gebreek en die twee skole sal in die jare wat kom nog heelwat teen mekaar speel voor dit gesien sal word as ‘n Pretoria Derby. 

9 APRIL 2022

AFFIES SPAN
15. JL VAN RENSBURG

14. STEPHAN BRITS
13. TIAAN DE WET
12. HEINRICH HORN
11. MARX NEL
10. STEHAN HEYMANS (K)
  9. ARMAND SHAHIA
  8. BEYERS ROOS
  7. CF DELPORT
  6. EWAN VAN HEERDEN
  5. ANDREAS BURGER
  4. ANTON GROTIUS
  3. ZACK MARITZ
  2. HANRO VENTER
  1. STEYN TRUTER
  • Geluk aan Stephan Brits wat die eerste keer die Wittrui aantrek en ook in die beginspan was. ​ 
RESERWES
Die volgende reserwes het opgekom as plaasvervangers:
  • Luchan Mouton in Steyn Truter se plek wat beseer is en Dieter Schubert wat die eerste keer die Wittrui aantrek..

BESERINGS
  • Risima Sambo, Gustav Maritz en Steyn Truter.

​WEDSTRYD

Die wedstryd het aan alle verwagtings voldoen en was daar 'n gepakte pawiljoen met toeskouers aan beide kante agter die pale. Vir die wat nie daar was nie het ek 'n foto geneem van die toeskouers wat hieronder verskyn.

Garsfontein is as die gunstelinge beskou in die media en persone wat ek voor die wedstryd mee gesels het. Met 'n halftyd telling van 7 - 20 in Garsfontein se guns  sou dit geregverdig gewees het. 

Affies het egter in die 2e helfte die bordjies verhang en druk nog 2 driee om die 2e helfte met 12 - 0 te wen. Affies druk in totaal 3 driee teenoor Garsfontein se 2!!

Dit was 'n klipharde wedstryd, met nie een van die twee spanne wat bes wou gee nie. Met baie "Asse" kon enige van die twee spanne gewen het. Die ou spreekwoord geld nog steeds "Looks at the scoreboard"!! 

Geluk Garsfontein ons sien uit na 2023!!!

PUNTE:

AHS: 19(7)


Driee: JL van Rensburg, Hanro Venter en Marx Nel. 
Skoppe: Stehan Heymans 2 x doelskoppe.

GARSFONTEIN: 20(20)

​1e Span seisoen opsomming kyk hier!

Tellings van ander spanne kyk hier!


Picture

    Argiewe

    May 2025
    April 2025
    March 2025
    February 2025
    January 2025
    July 2024
    June 2024
    May 2024
    April 2024
    March 2024
    January 2024
    August 2023
    July 2023
    May 2023
    April 2023
    March 2023
    August 2022
    July 2022
    June 2022
    May 2022
    April 2022
    March 2022
    February 2022
    December 2021
    September 2021
    August 2021
    May 2021
    April 2021
    July 2020
    March 2020
    February 2020
    December 2019
    October 2019
    September 2019
    August 2019
    July 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    August 2018
    July 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    December 2016
    November 2016
    August 2016
    July 2016
    May 2016
    April 2016
    March 2016
    September 2015
    August 2015

    RSS Feed

Proudly powered by Weebly