|
AGTERGROND:
Affies en Paul Roos speel vir die eerste keer in 1946 teen mekaar met Paul Roos wat toer na die Ou Transvaal. Affies wen die wedstryd 6 – 3. Die idee was dat Affies in 1947 in die Kaap sou gaan toer maar dit vind eers plaas in 1952 toe Affies vir die eerste keer ‘n toer onderneem. PRG wen die wedstryd 3 – 8. Vanaf 1999 speel die twee skole teen mekaar hoofsaaklik tydens Paasnaweek en Wildeklawer toernooie. Daar was uitsonderings soos in 2015 toe die twee skole teen mekaar gespeel het op Stellenbosch met die 150 jarige vieringe van PRG. In 2007 het die twee skole vir die eerste en tot op datum die laaste keer met al hulle spanne teen mekaar gespeel op Stellenbosch. Alhoewel PRG die 1e span wedstryd in die doodsnikke van die wedstryd gewen het, het Affies die meeste aantal wedstryde op die dag gewen. Opsomming van wedstryde gespeel in 2007: Affies wen - 16 PRG wen - 6 Gelykop - 1 Totaal - 23 Sedet 1946 het die skole 20 keer teen mekaar gespeel en albei skole het 9 wedstryde gewen en 2 was gelykop. Vir details van die tellings per jaar kyk hier. ********************************************************************************************* Finale lys met al die tellings verskyn hier. 3 APRIL Die 4e span wedstryd vandag was weer 'n toonbeeld van Affie guts. Vir die laaste 15 minute van die wedstryd speel hulle met net 12 spelers en wen nog steeds!! Die o/14A's was ongelukkig om teen Outeniqua te verloor. Was gelykop 5 elk en in die 2e minuut van beseringstyd druk Outeniqua 'n drie en wen 5/10. Outeniqua het Garsfontein o/14A Saterdag 71/0 gewen. VRYHEID TOERNOOI - 3e en 4e Aan die einde van die Vryheid toernooi ontvang Affies die volgende toekennings:
AMAJUBA - o/16 Toernooi Aan die einde van die Amajuba o/16 Toernooi in Volksrus ontvang Affies die volgende toekennings:
AMAJUBA - o/15 en o/14 Toernooi Aan die einde van die Amajuba o/15 en o/14 Toernooi ontvang Affies die volgende toekennings: o/14
OPGEDATEER!!!
AFFIES BEGINSPAN 1. Wihan Bezuidenhout 2. Johan van Zyl (kapt) 3. James Combrinck 4. Michael de Waal 5. Carl Els 6. Divhan du Preez 7. Jaco Labuschagne 8. Philip Potgieter 9. Johan Mulder 10. Regardt Roets 11. Ruben Meiring 12. Charles Goedhals 13. Zach Briel 14. Ruan Wasserman 15. Heinrich Bisschoff Opgedateer!
Dit was die 7e keer dat die twee skole teen mekaar speel sedert 1977. Die laaste keer was op die St Johns Festival van 2011. Tellings van vorige jare kan hier gesien word. Dit is die 2e keer dat die twee skole teen mekaar speel. Die eerste keer was in 1998 in die Grey High paastoernooi wat Affies 49 - 19 gewen het. |