Finale lys met al die tellings verskyn hier.
3 APRIL
Die 4e span wedstryd vandag was weer 'n toonbeeld van Affie guts. Vir die laaste 15 minute van die wedstryd speel hulle met net 12 spelers en wen nog steeds!!
Die o/14A's was ongelukkig om teen Outeniqua te verloor. Was gelykop 5 elk en in die 2e minuut van beseringstyd druk Outeniqua 'n drie en wen 5/10. Outeniqua het Garsfontein o/14A Saterdag 71/0 gewen.
VRYHEID TOERNOOI - 3e en 4e
Aan die einde van die Vryheid toernooi ontvang Affies die volgende toekennings:
- Agterspeler van die week. - Peet Pienaar
- Speler van die toernooi - Peet Pienaar
- Meeste punte aangeteken in die toernooi - SD Meyer
- Mees aanskoulikste rugby - AHS
AMAJUBA - o/16 Toernooi
Aan die einde van die Amajuba o/16 Toernooi in Volksrus ontvang Affies die volgende toekennings:
- Beste voorspeler - HJ Prinsloo
- Beste agterspeler - Pieter v Rooyen
- Beste o/16 sapn - AHS o/16C
AMAJUBA - o/15 en o/14 Toernooi
Aan die einde van die Amajuba o/15 en o/14 Toernooi ontvang Affies die volgende toekennings:
o/14
- Agterspeler van die week - Ruvan Loock
- Span van die week - AHS o/14C
- Span met die beste gedrag vir week - AHS o/14C
- Agterspeler van die week - Damian Drinkwater
- Voorspeler van die week - Jean Roux
- Span van die week - AHS o/15C
- Wat 'n riller was die wedstryde tussen Affies en EG Jansen se o/15A's! Ongelukkig het die weer nie saam gespeel nie. Die Affie span het gesukkel om by die omstandighedeaan te pas en met ongeveer 5 minute oor was hulle nog 12 - 0 agter. Toe skop Affie Guts in en toe die einfluitjie blaas was die telling 12 elk.