Met "red and green" en "die rooi, die geel, die wit" wat dreun oor die veld verskyn die twee spanne op die veld en my emosies loop op hol met my.
Met elke skop pale toe is die toeskouers tjoep stil. Jan wys vir my hoe die Boys High seuns almal na links oorleun as Affies pale toe skop.
Met die laaste skop pale toe is dit Cabous Eloff wat aantree en wanneer die skop mis is blaas die einfluitjie. Albei skole se toeskouers hardloop op die veld en omring hulle spelers. Na die tradisionele sing van krete en skoolliedere is daar 'n kans om die spelers vir ou laas op die skouer te klop en te se "mooi so"!
Die Graad 12 spelers, ondersteuners en ouers het rond gedorrel op die veld asof hulle nie kon of wou rigting kry nie. Die neem van selfies was aan die orde van die dag.
Wat 'n voorreg om nog 'n Affie/Boys High derby te kon ervaar!!! Ja, en so sak die gordyn op nog 'n suksesvolle rugby seisoen van Afrikaanse Hoër Seunskool.
Wedstryd verslag en statistiek volg onder "read more".