Affies en Paul Roos speel vir die eerste keer in 1946 teen mekaar met Paul Roos wat toer na die Ou Transvaal. Affies wen die wedstryd 6 – 3. Die idee was dat Affies in 1947 in die Kaap sou gaan toer maar dit vind eers plaas in 1952 toe Affies vir die eerste keer ‘n toer onderneem. PRG wen die wedstryd 3 – 8.
Vanaf 1999 speel die twee skole teen mekaar hoofsaaklik tydens Paasnaweek en Wildeklawer toernooie. Daar was uitsonderings soos in 2015 toe die twee skole teen mekaar gespeel het op Stellenbosch met die 150 jarige vieringe van PRG.
In 2007 het die twee skole vir die eerste en tot op datum die laaste keer met al hulle spanne teen mekaar gespeel op Stellenbosch. Alhoewel PRG die 1e span wedstryd in die doodsnikke van die wedstryd gewen het, het Affies die meeste aantal wedstryde op die dag gewen. Opsomming van wedstryde gespeel in 2007:
Affies wen - 16
PRG wen - 6
Gelykop - 1
Totaal - 23
Sedet 1946 het die skole 20 keer teen mekaar gespeel en albei skole het 9 wedstryde gewen en 2 was gelykop. Vir details van die tellings per jaar kyk hier.
*********************************************************************************************
1. Wihan Bezuidenhout
2. Johan van Zyl (kapt)
3. James Combrinck
4. Michael de Waal
5. Carl Els
6. Divhan du Preez
7. Jaco Labuschagne
8. Philip Potgieter
9. Johan Mulder
10. Charles Goedhals
11. Ruben Meiring
12. Zach Briel
13. Heinrich Bisschoff
14. Ruan Wasserman
15. Regardt Roets
WEDSTRYD:
Die telbord vertel nie die hele verhaal nie. Die wedstryd statistiek gee ‘n paar antwoorde.
Sien die statsitiek hieronder. Maak maar jou eie afleiding oor die invloed wat die aantal strafskope afgestaan, hanteerfoute en twee geelkaarte op die uitslag van die wedstryd gehad het.
Ons het ongelukkig nie aangepas by die speel onder spreiligte nie en mag ek dit maar se die effektiewe gebruik van “up en under’s”!
Geluk an Zach Briel wat aangewys is as Man van die Wedstryd!
Die spelers en afrigters het ons ondersteuning nodig en ek is seker dat met die naweek wat kom ons almal bankvas agter die Witbulle staan om nie eers te praat van Maandag nie. Affie Guts is nou aan die orde van die dag!!!
PLAASVERVANGERS:
Dewald Donald (Wihan Bezuidenhout), Janco Uys (Johan v Zyl)
PUNTE:
AHS 14 (7)
Driee – Carel Else en Heinrich Bisschoff
Skoppe – Regardt Roets 2x Doelskoppe
PRG 21 (13)
Wedstryd statsitiek van die 1e span tot op datum . Kyk hier.
TELLINGS VAN ANDER SPANNE VS HTS DROSTDY
o/14A – Wen 18/7
0/15A – Wen 16/13
o/16A – Wen 32/27 (Twee onderskep driee vir HTSD)
*********************************************************************************************