|
Ongeveer 15 minute voor die begin van die wedstryd het dit gelyk of die aantal toeskouers dalk die minste sal wees in die afgelope klompie jare, maar toe die spanne opdraf het dit heelwat verander en was die twee paviljoene vol toeskouers met dalk nie soveel Oud Affies/Boys High leerlinge agter die pale nie. Dit was die 115 keer wat die 1e spanne teen mekaar gespeel het. Vandag was die 12e wedstryd in 'n ry sedert 2008 wat Affies onoorwonne is.. Die meeste nog was 19 wedstryde vanaf 1986 - 2002. SPAN
15 Jason Scheepers 14 Chris Bruyns 13 Stephin Alberts 12 Dian Nordier 11 Eric Sherman 10 Regardt Roets (kapt) 9 Steyn vd Spuy 8 George Oosthuizen 7 Adolph Visser 6 Jan Dagutat 5 Christian Kamffer 4 Zhander Schmidt 3 Sarel Joubert 2 Janco Uys 1 Dewald Donald Dieter was nie beskikbaar agv harsingskudding! RESERWES Robin Brooks (George Oosthuizen) WEDSTRYD Met die doedelsak orkes wat uit die Boys High tonnel verskyn, die Boys High span wat dit volg onder luide toejuiging van die BH leerlinge se "All you see is red and green, red and green...." en Affies se span wat volg met die Affie seuns se "Die rooi, die geel die groen....." wat oor die veld weerklank was die tafel gedek vir die jaarlikse Derby tussen die twee spanne. Met Boys High wat 9 wedstryde die seisoen verloor het was Affies die gunsteling om te wen. Dit het ook nie lank gevat vir Affies om beheer van die wedstryd te neem nie en is Affies reeds 31 - 8 voor met halftyd met die voordeel dat hulle in die 2e helfte die wind van agter af sal he. Met goeie ondersteunende spel hou Affies die druk op Boys High en eindig die wedstryd met 'n welverdiende oorwinning van 62 - 20. Janco behaal 'n drie kuns en Dewald en Steyn druk albei 2 driee. 'n Aanduiding van waar die Affie 1e span se krag gele het die seisoen is dat Janco en Dewald die twee spelers is wat die meeste driee gedruk het in 2018, naamlik 9 elk. Soos altyd met die laaste wedstryd van die seisoen op Affies se veld het die Affie ondersteuners, graad 12 spelers en hulle ouers rond gedwaal op die veld om die laaste van die Affie atmosfeer in te asem. Selfies, ens. was aan die orde van die dag en ek glo 'n traan of twee is gestort. PUNTE: AHS 62 (31) Driee - Janco Uys 3, Dewald Donald 2, Steyn vd Spuy 2, Christian Kamffer, en Eric Sherman, Skoppe - Regardt Roets - 6x Doelskoppe. PBHS 20 (8) Opsomming van die 1e span statistiek kan hier gesien word. Lees meer oor Affies/Boys High geskiedenis en statistiek hier. *************************************************** Comments are closed.
|