|
Dit was die 60ste keer wat die twee skole teen mekaar speel sedert 1929. Vir die tellings oor die jare kyk hier. SPAN 15. Tristan Janse Van Vuuren 14. Carel Koch 13. Marnus Potgieter 12. Louritz van der Schyff 11. Christian Strydom 10. Ruan de Swardt 9. Jack Hart 8. Jaco Labuschagne 7. Phillip Krause 6. Regardt du Plessis 5. Dylan du Preez 4. Henk Pretorius 3. Arno van Wyk 2. Schalk Erasmus (kapt) 1. Cabous Eloff WEDSTRYD Met die reen wat weggebly het, het die 1e Span wedstryd voldoen aan die Affie ondersteuners se verwagting. In die begin het die telling wipplank gery en het Helpmekaar gekapitaliseer op die foute wat Affies gemaak het en strafskop na strafskop in punte omskep. Dit het gehou totdat die Affie masjien volstoom begin werk het. Halftyd was die telling 25 - 12 in Affies se guns. In die tweede helfte was dit eenrigting verkeer wat gereflekteer word in die eindtelling van 58 - 12. Die voorspelers het 4 en die agterspelers 5 van die 9 driee gedruk. Albei spanne het een geelkaart gekry. Daar was ongelukkig 'n paar beserings in die 2e helfte en ons hoop dat Cabous, Jack en Schalk se beserings nie ernstig is nie. PLAASVERVANGERS Joe van Zyl vir Schalk Erasmus (beseer), Henro Coetser vir Jack Hart (beseer), James Combrinck vir Cabous Eloff (beseer), Desesde Nel vir Phillip Krause (takties), Charles Goedhals vir Ruan de Swart (takties), Andries Wiese vir Lauritz vd Schyff (takties), Ruben Dreyer vir Henk Pretorius (takties). PUNTE: AHS: 58 (25) Driee: Louritz vd Schyff, Carel Koch, Christian Strydom -2x, Jack Hart, Arno van Wyk, Cabous Eloff, Joe van Zyl en Regardt du Plessis Skoppe: Ruan de Swart 1x strafskop en 5x doelskoppe. HELPMEKAAR: 12(12) ALGEMEEN: Geluk aan al die spelers wat vandag in die beginspan of as reserwes die eerste keer die Wittrui oor die kop getrek het. Wat 'n voorreg!!! Name in rooi in die span en reserwes wat gespeel het. Die punte verskil van 46 punte is die grootste nog teen Helpmekaar. Die vorige beste was 33 punte in 1968 Dit was ook 'n groot dag vir die Coetser en Potgieter families BROERS: Henro Coetser - 2016 Pieter Coetser - 2014 &15 PA en SEUN: Christo Potgieter - 1984,85&86 Marnus Potgieter - 2016 ANDER UITSLAE OP DIE A-VELD: o/14A - Verloor 12 - 19 o/15A - Verloor 24 - 26 o/16A - Wen 31 - 11 2e - Wen 33- 3 ********************************************************************************************* 0 Comments Comments are closed.
|