|
Vandag het Affies die bordjies verhang en tree Affies se 1e span as oorwinnaars uit die stryd na verlede jaar se nederlaag. Van die ander spanne was die o/15A span weer kookwater vandag met 'n telling van 78 - 12 en het die 0/16A's na 2 geel kaarte en 'n rooikaart nog steeds met 45 - 15 gewen. Uitslae van die ander wedstryde verskyn hier. SPAN
15 Dieter Crafford 14 Chris Bruyns 13 Stephin Alberts 12 Dian Nordier 11 Eric Sherman 10 Regardt Roets (kapt) 9 Steyn vd Spuy 8 George Oosthuizen 7 Adolph Visser 6 Dawid Jacobsz 5 Christian Kamffer 4 Zhander Schmidt 3 Sarel Joubert 2 Janco Uys 1 Dewald Donald RESERWES Jan Dagutat (Bloed George en later David Jacobz), Jacque-Louis du Toit (Bloed Janco), Gerarard Botha ( Bloed Stephin en later Stephin Alberts na besering), Brendahn Kelbrick (George Oosthuizen) en Duchan Gurovich (Sarel Joubert) WEDSTRYD Met aantal oorwinnings sedert die skole weer teen mekaar begin speel het in 2012, drie elk was daar 'n gevoel dat vandag 'n titanise stryd sou wees. Soveel meer nadat Affies die 2e span wedstryd vandag naelskraap met 14/13 gewen het! Dit was wel die geval met Waterkloof wat voorgeloop het van die begin tot ongeveer die helfte van die 2e helfte. Maar toe Affies eers hulle neus voor gekry het, het hulle vasgebyt en die eindtelling spreek vanself met Waterkloof wat eers reg teen die einde 'n onvervyfde drie gedruk het om hulle telling 26 te maak. Affies se voorspelers het Waterkloof van die begin onder druk gehad en dit het tot gevolg gehad dat Affies diep in die 2e helfte 3 onbeantwoorde driee gedruk het en beheer geneem het van die wedstryd mer rotsvaste verdediging. Wel gedaan aan die afrigters en spelers wat vandag gespeel het. Soos die Engelse spreekwoord sal se "Job well done"!!! Geluk aan Steyn van der Spuy wat aangewys is as die Speler van die Wedstryd. Stephin Alberts en David Jacobz se beserings mag dalk sodanig wees dat hulle nie die laaste wedstryd sal speel nie. Kom ons hou duim vas dat dit nie die geval is nie. Jason Scheepers sal weer beskikbaar wees volgende Saterdag PUNTE AHS 34 (10) Driee - Steyn van der Spuy, Eric Sherman, Janco Uys, George Oosthuizen en Chris Bruyns. Skoppe - Regard Roets - 3x doelskoppe en 1x strafskop WATEKLOOF - 26 (16) Opsomming van 1e span statistiek vir die seisoen. Kyk hier. *************************************** Comments are closed.
|