|
Reggie Goodes was in 2005 in Graad 8 op Affies voordat hy saam met sy ouers Nieu- Seeland toe geimmigreer het in 2006. In 2005 was hy in die AHS 0/14A span wat die Michelin en die Blou Bulle o/14 bekers gewen het. Die span was ook die naaswenners in die Beeld Trofee finaal .Heimar Williams (Leeus) en Juan Schoeman (Sharks) was saam met hom in die span gewees. Jan Grabie was een van die afrigters. Sien Reggie in die middel agter op die o/14A foto hieronder.
Reggie speel sedert 2012 vir die Hurricanes en vir 'n profiel van Reggie op die Hurricanes se webwerf gebruik die volgende skakel. - www.hurricanes.co.nz/the-canes/players-a-z/squad/reggie/ Reggie het nog nie die seisoen gespeel nie agv harsingskudding. Die mediese paneel wil hom nog nie die groenlig gee nadat hy al 10 keer harsingskudding opgedoen het in sy rugby loopbaan. Reggie het vanmiddag die voorrye van Affies kom touwys maak. Sien foto hieronder. Comments are closed.
|