AGTERGROND:
Wat vanjaar uniek maak is dat dat die afrigter van die Westville 1e span die Oud Affie Dirkie Strydom is. Dirkie het diep spore gelaat in sy tyd op Affies. Hy het 3 jaar (92,93 en 94) vir die Witbulle gespeel.
Hy is die speler wat die meeste punte aangeteken het in 'n Direkteurs/Beeld Trofee finaal tot op datum naamlik 25 in 1994. Hy het N.Tvl skole gespeel in 1993 en 94. Na skool het Dirkie SA o/19 ('95) en SA 7's (96, 98, 00) gespeel asook vir verskeie provinsiale spanne sowel as oorsee.
WEDSTRYD:
Die Witbulle het hulle eerste van 5 tuiswedstryde in 2017 gewen.
Opsomming van die 1e span 2017 statsitiek kan hier gesien word.
Ander tellings op die A veld
o/14A wen 20/17
o/15A wen 52/10
o/16A wen 48/25
3e 43/10
2e 59/10
RESERWES:
Steyn vd Spuy(Johan Mulder), Jeandre du Pisanie (Heinrich Bisschoff), Janco Uys (Jordan Swemmer)
BESERINGS:
Johan Mulder het vandag sy been gebreek en sluit hom aan by Carel Else en Dewald Donald wat nie verder sal speel in 2017 nie.
James Combrinck en Marnus Potgieter sal heel waarskynlik eers weer in die 3e kwartaal speel.
PUNTE:
AHS: 29 (12)
Driee: Joe van Zyl 2x, Jaco Labuschagne, Ruben Meiring en Philip Potgieter.
Skoppe: Regardt Roets 2x doelskoppe
WESTVILLE: 9(6)
*********************************************************************************************