My pesoonlike gevoel was dat toe die wedstryd gestaak is was Affies besig om tot verhaal te kom na KES se openings blitskrieg van 17 punte. Dit het gevoel soos nag en toe kom daar lig aan aan die einde van die tonnel met Regardt se drie. Ons kan net bespiegel oor wat die uitslag kon wees. Kom ons hoop dat die 1e span wedstryd later in die jaar gespeel sal word.
Wat die ander wedstryde aan betref het Affies almal gewen teenoor 2016 toe daar 2 uit 22 verloor is. Gem. punte verskil in 2017 is 38,6, in 2016 was dit 28,2 uitgesluit die 1e span wedstryd van 2016.
Laaste gedagte oor vandag se 1e span wedstryd. As ek kyk na die tellings in die 0/16 en oopspan afdelings van 2016 is daar geen aanduiding dat KES se 1e span so 'n groot transfornasie sou ondergaan soos wat die geval vandag was. Wat ookal die bydraende faktor was dit was soos dag by nag?
*********************************************************************************************