Vir ‘n opsomming van die tellings tussen die Wit Bulle en Paul Roos Gimnasium se 1e spanne kyk hier
Die Groen Tiere(2e span) klop PRG se 2e span 22 - 12.
WIT BULLE (Beginspan)
1. Werner Vrey*
2. Ethen van Dyk*
3. Ruan Smuts*
4. Muntingh Hamman
5. JD Hattingh*
6. Luan Potgieter
7. Albert Smit
8. Ruan Lippold*
9. Hendre Schoeman*
10. Ruben Pienaar*
11. Nicolas Grobler
12. Janco Purchase* (K)
13. Theuns Maritz*
14. Eagen Roux
15. Ruben Groenewald
* = Spelers wat in 2023 1e span gespeel het
RESERWES GEBRUIK
Slegs een reserwe word gebruik. Deon Botes vir Ruan Smuts,
TRUI OORHANDIGING VOOR WEDSTRYD
- Pine Pienaar. AHS Kommersiele Bestuurder 2023 –'24
Dit was wat toeskouers getalle aan betref seker die hoogtepunt van die Noord Suid Toernooi. Tenspyte van 'n mooiweers dag het die weer nie saamgespeel nie en is die wedstryd onderbreek. Dit het ook die streaming hier in Nelspruit beinvloed maar heellaas is die wedstryd voltooi. Die klammerigheid op die veld het die speel toestande ook bemoeilik
Affies was na 1 minuut se spel 3 - 0 voor. Dit wat verder gevolg het was 'n spreekwoordelike "arm wresttle".. Ongelukkig het PRG aan die einde van die 2e helfte 'n verspot maklike drie gekry wat die telling 11 - 21 gemaak het .met halftyd.
Daarna was dit "catch - up" rugby vir die Bulle teen 'n span wat reg was om hulle doellyn te verdedig en elke strafskop binne tref afstand deur die pale te jaag.
Dit het amper gelyk of dit 'n herhaling van 2022 gaan wees met Affies wat al nader gekruip het totdat die telling 25 - 27 was. Met die telling 25 - 30 het die Wit Bulle kamp opgeslaan in PRG se kwartgebied. Met ongeveer 3 minute oor en die Wit Bulle op PRG se doellyn vir 'n skrum het my streaming gevries!!! Finale telling 25 - 30 in PRG se guns!!!
Die telling is weer een van daardie "as" dit of dat gebeur of nie gebeur het nie dan kon Affies gewen of PRG verder gewen het? 2 Geelkaarte vir PRG diep in die 2e helfte het die Wit Bulle bevoordeel maar PRG het fanaties bly verdedig..
Oom Boy Louw sou gese het "Looks at the scoreboard"!
PUNTE
AHS - 25(11)
Driee:
Ethan van Dyk en Luan Potgieter - 1 elk,
Strafdrie - 1x
Skoppe:
Ruben Pienaar 2x strafskoppe en 1x doelskop..
PAUL ROOS GIMNASIUM - 30(21)
Opsomming van die Wit Bulle se seisoen sover kyk hier