|
Dit was die 24 ste keer dat Affies en Paarl Gimnasium teen mekaar speel. Die eerste wedstryd was in 1967.
Vir die tellings van die twee skole se 1e spanne kyk hier Vir tellings van ander wedstryde gespeel vandag kyk hier. WIT BULLE (Beginspan) 1. Werner Vrey* 2. Ethen van Dyk* 3. Ruan Smuts* 4. Muntingh Hamman 5. JD Hattingh* 6. Stefan McDonald 7. Albert Smit 8. Ruan Lippold* 9. Hendre Schoeman* 10. Ruben Pienaar* 11. Rikus Strydom 12. Janco Purchase* (K) 13. Nicolas Grobler 14. Eagen Roux* 15. Ruben Groenewald * = Spelers wat in 2023 1e span gespeel het RESERWES GEBRUIK Die eerste keer die seisoen word daar geen reserwes gebruik. BESERINGS
WEDSTRYD Weer 'n wedstryd van "asse". Die driee gedruk is wat 'n mens sal noem "soft tries"! Dit het tot gevolg gehad dat albei spanne se verdediging met tye fanaties was om hulle teenstanders van hulle doellyn weg te hou. Halftyd telling 6 - 7 in PG se guns. Met Eagen Roux se drie in die 38ste min en 'n daaropvolgende strafskop is die telling 16 - 7 in die Wit Bulle se guns. Het die wiel dalk gedraai? Ongelukkig nie en met 'n onderskep drie is PG weer terug, telling 16 - 14. Die laaste gedeelte van die wedstryd word gekenmerk deur rotsvaste verdediging en strafskoppe vir albei spanne. Na 'n "fake" strafskop pale toe deur PG blaas die eindfluitjie met die telling 19 - 20 In PG se guns. PUNTE AHS - 19(6) Driee: Eagen Roux,1x. Skoppe: Ruben Pienaar - 1x doelskop en 4x strafskoppe.. PAARL GIMNASIUM:- 20(7) Vir 'n opsomming van die Wit Bulle se seisoen sover kyk hier Comments are closed.
|