|
Dit was die 8e keer dat Affies en Garsfontein teen mekaar speel. Die eerste wedstryd was in 1993.
Vir die tellings van die Wit Bulle teen die Bere kyk hier Tellings van ander wedstryde gespeel kyk hier. WIT BULLE (Beginspan) 1. Werner Vrey* 2. Ethen van Dyk* 3. Ruan Smuts* 4. Muntingh Hamman 5. JD Hattingh* 6. Luan Potgieter 7. Albert Smit 8. Ruan Lippold* 9. Hendre Schoeman* 10. Ruben Pienaar* 11. Rikus Strydom 12. Janco Purchase* (K) 13. Nicolas Grobler 14. Eagen Roux* 15. Ruben Groenewald * = Spelers wat in 2023 1e span gespeel het RESERWES GEBRUIK Stefan McDonald vir Luan Potgieter en Christiaan Potgieter vir Ethan v Dyk. BESERINGS
TRUI OORHANDIGING VOOR WEDSTRYD
WEDSTRYD Weereens was die "streaming" nie op standaard en het veral die telling nie tred gehou met wat gebeur het op die veld nie!!!! Die Wit Bulle het daarin geslaag om die Bere onder druk te plaas van die begin af en dit het tot gevolg gehad dat buiten vir 'n paar minute in albei helftes was die Wit Bulle voor wat die telling aan betref. Halftyd was die telling 21 - 12 in die Bulle se guns. Kon gedink het in die 2e helfte met die telling 33 - 17 in die Wit Bulle se guns dat die wedstryd in die sakkie was maar heellaas nie! Met die Bere wat die een aanval na die ander loods plus 'n geelkaart in die 67ste minuut het dit Affie Guts gevat om die Bere uit die Affie helfte van die veld te hou. 'n Laaste aanval van die Bere uit hulle helfte het gelyk of hulle 'n drie gaan druk? 'n Aanslaan deur die Bere in Affies se kwartgebied na desperate verdediging deur die Wit Bulle en die eindfluitjie blaas!!. Die Wit Bulle tree as oorwinnaars uit die stryd. Telling 33 - 31!!! PUNTE AHS - 33(21) Driee: Nicolas Grobler, Eagen Roux, Rikus Strydom, Stefan McDonald 1x elk. Skoppe: Ruben Pienaar - 2x doelskoppe en 3x strafskoppe.. GARSFONTEIN:- 31(12) Vir 'n opsomming van die Wit Bulle se seisoen sover kyk hier Comments are closed.
|