Dit was die 28 ste keer wat Affies en Maritzburg College ononderbroke(uitgesluit 2020/21 - Covid) met al hulle spanne teen mekaar speel.
Eerste interskole was in 1996.
In 2011 is twee keer teen mekaar gespeel met die oog op 'n Tuis en weg basis maar dit het nie verder ontwikkel niie.
Vir die tellings van die 28 eerstespan wedstryde gespeel kyk hier.
Vir die tellings van die 25 wedstryde gister gespeel kyk hier. Buiten een wedstryd wat gelykop was het Affies die res gewen. In 2013 en 2017 het Affies al die wedstryde op die dag gespeel gewen.
WIT BULLE (Beginspan)
1. Werner Vrey
2. Christiaan Potgieter
3. Deon Botes
4. Muntingh Hamman
5. Christiaan de Wet
6. Luan Potgieter
7. Albert Smit
8. Ruan Lippold
9. Zirk Meyer
10. Ruben Pienaar
11. Eagen Roux
12. Janco Purchase (K)
13. Hendre Schoeman
14. Nicolaas Grobler.
15. Ruben Groenewald
RESERWES GEBRUIK
- Geen reserwes gebruik
TRUI OORHANDIGING VOOR WEDSTRYD
- Gerbrandt Grobler OA 2010. Wit Bulle 2010
WEDSTRYD
Die volgende spelers het nie gespeel nie:
Ruan Smuts - Operasie en neem nie verder die seisoen deel nie.
JD Hattingh - Harsingskudding.
Ethan v Wyk - Ligte spier besering.
Wedstryd sal onthou word vir die dramatiese einde. Met 3 minute oor en MC wat voor loop 36 - 37 word 'n strafskop toegeken aan die Wit Bulle op MC se doellyn. Keuse? Skop pale toe of skop uit, gooi in by lynstaan vir 'n rolmaal drie?
Ruben Pienaar skop pale toe en die res is geskiedenis !!!!!!
PUNTE
AHS - 39(26)
Driee:
- 1xRuben Pienaar, Nicolaas Grobler, Ruben Groenewald, Hendre Schoeman, Christiaan Potgieter en Ruhan Lippold
- Ruben Pienaar, 3x doelskoppe en 1x strafskop.
MC - 37(20)
Vir 'n opsomming van die Wit Bulle se seisoen sover kyk hier