'n Opsomming van al die spanne sal later in die week geplaas word.
Tellings van wedstryde gespeel han hier gesien word.
'n Opsomming van al die spanne sal later in die week geplaas word. Die seioen kom Saterdag heel gepas met die jaarlikse kragmeting teen Boys High tot 'n einde .
Dit sal die 117e keer wees wat die twee skole teen mekaar speel. Vir 'n kort Geskiedenis van die jaarlikse Derby sedert 1923 lees hier. Vir die eerste span tellings sedert 1923 kyk hier. Vir tellings van ander spanne wat ongelukkig nie volledig is nie kyk hier. ************************************** As gevolg van Covid 19 speel Affies en KES die eerste keer sedert 1997 twee keer teen mekaar in 'n seisoen.
Dit was die 12e keer wat die twee skole teen mekaar gespeel het. Vir die 1e span tellings sedert 1997 kyk hier. Tellings van die ander 9 wedstryde wat gister gespeel is kan hier gesien word. Alhoewel geen toeskouers toegelaat is by gister se wedstryde nie was die ondersteuners bevoorreg om al die wedstryde lewendig te kon kyk via die internet!! Jammer vir die weer wat die eerste wedstryde onderbreek het maar gelukkig was dit vir donderweer en het dit uiteindelik nie gereen soos die geval was met die vorige wedstryd teen KES in Johannseburg nie. Op 'n stadium was daar ongeveer 600 mense wat die 1e span wedstryd gekyk het! Miskien sal daar met die volgende seisoen 'n paar regstellings gemaak word soos: 1. Aandui watter spanne speel bv. 4e span. As jy 'n program vir die dag het is dit nie so 'n groot probleem nie. 2. Tyd oor. 3. Telling. Die Affies A veld telbord en C veld uitsending het tellings gehad maar die wedstryde op KES se velde was nie onder Affies se beheer nie. Dankie tog dat daar nie kommentators was by die 1e span wedstryd! 1e SPAN WEDSTRYD: KES loop 0 - 8 voor met halftyd maar binne 10 minute van die 2e helfte is Affies 10 - 8 voor. Dit het nie lank gehou nie en KES antwoord met nog twee driee en die eindtelling 10 - 18 in KES se guns. Geluk aan KES met 'n welverdiende oorwinning! AHS: 10 (0) Driee - Ruvan Loock Skoppe - Stehan Heymans 1x vervyfskop en 1x strafskop. KES: 18 (10) Vir inligting van die 1e span se 2021 seisoen sover kyk hier. ************************************ Geluk aan Oud Affie (2020) Reinhardt Ludwig wat ingesluit is in die SA o/20 Akademie groep wat vanaf 18 Junie tot 3 Julie teen Georgie, Uruguy en Argentinie speel.
Kort opsomming van Reinhardt se rugbyloopbaan tot op datum is as volg: 2016 - AHS o14C span 2017 - AHS o15C span 2018 - AHS o16A span - BB Grant Khomo - SARU o16 EPDS 2019 - AHS 1e span - BB Craven Week XV - SARU o17 EPDS 2020 - AHS 1e span + kaptein - SARU o18 EPDS 2021 - Bulls Voorbereiding/Kick Off - SARU o20 Akademie groep EPDS = Elite Player Development Squad Dit was die 13e keer wat die twee skole teen mekaar speel sedert 1997. Die 1e span wedstryd van 2017 is gestop in die 1e helfte weens swaar weer.
Van die 10 wedstryde wat gespeel/voltooi is het Affies 9 gewen en KES een. Tellings vir die onderskeie jare verskyn hier Die organiseerders van die Noord/Suid toernooi kan hulle self op die skouer klop vir die kwaliteit van die uitsending hetsy op die DSTV App of Youtube!
Nie net die kwaliteit maar ook die platforms wat baie gebruikers vriendelik is. Dit is slegs die 3e keer wat Affies en Oakdale teen mekaar speel sedert 1991. 23 April 2021 was 'n geskiedkundige dag vir Affie rugby met die eerste wedstryde wat gespeel is sedert 14 Maart 2020. 2020 Was die kortste seisoen sedert 1920 maar 2021 is nie die seisoen wat die laatste begin het nie. In 1948 het die spanne eers begin oefen in Junie a.g.v. 'n polio epidemie en is daar rekord van net 7 skole wat teen gespeel is in 1948. Vrydag 23 April - 1e en 2e span. Spelers in rooi is Gr 11. 2e SPAN WEDSTRYD vs MONNAS KWAGGAS(2e)
Dit was die eerste keer sedert 2010 wat die twee spanne teen mekaar speel. Was 'n wedstryd van twee helftes. Die halftyd telling was 5 - 21 in Monnas se guns. Met die wind van agter het Affies stadig maar seker die oorhand gekry en wen uiteindelik 24 - 21. 1e SPAN WEDSTRYD vs NOORD KAAP SPELERS
18 - Tiaan Loretz 19 - Van Wyk Grotius 20 - Andre Smith 22 - Stehan Heymans
- Francois Roets 2021
- Andre Smith 2021 - Qeuwin Nortje 2021 WEDSTRYD Seker die grootste frustrasie vir almal wat die wedstryd wou kyk wat gestroom sou word was die platform wat gebruik is om die wedstryde uit te saai. Alle aanduidings is dat die platform wat gebruik gaan word vir die Noord/Suid toernooi 'n handomkeer gaan wees. Die ondersteuners wat die wedstryd gesien was dit eens dat die halftyd telling van 5 - 0 in Affies se guns, Noord Kaap gevlei het. Die tweede helfte was meer van dieselfde in die 1e gedeelte daarvan. Daarna moes Affies die spreekwoordelike "stops" uittrek om Noord Kaap weg te hou van hulle doellyn. Noord Kaap het hulle enigste drie laat in die tweede helfte aangeteken. Affies se driee is gedruk deur voorspelers? PUNTE: AHS: 19 (5) Driee: Damien Oosthuizen, Louwrens de Lange en Dillon Smith Skoppe: Riaan Gerber 2 x doelskoppe NOORD KAAP: 7 (0) Die finale proefwedstryde is Vrydag 16 April gespeel. Die "hoofwedstryd" was tuseen die twee spanne wat hier onder verskyn.
Spelers in blou is Gr 12 en in rooi Gr 11. * - 1e Span 2020 # - SARU o/18 EPD groep ^ - SARU o/17 EPD groep Met 2020 agter die rug sien ons almal uit na die 2021 seisoen! In 2021 sal daar heelwat spelers wees wat vir die 1e keer die Wittrui sal aantrek!!! Ek het bevestiging dat geen toeskouers toegelaat sal word by wedstryde wat op AHS se velde of velde onder die skool se beheer (Pretoria en Quins) gespeel sal word nie!
PROEWE Soos ek hierdie nota skryf is die AHS proewe reeds aan die gang. Dit vind plaas vanaf Maandag die 13e tot Vrydag die 16e April. Die finale oopspan proewe vind Vrydag plaas a.g.v. die AHS Opedag op Saterdag die 17e. Ek sal Donderdag die spanne vir Vrydag se laaste oopspan proewe op my Blog plaas. SEISOEN Die voorlopige program vir 2021 verskyn hier. Daar sal met soveel spanne moontlik teen opponente gespeel word gegewe die Covid maatreëls. Reis en verblyf ’n groot uitdaging. Die volgende wedstryde se teenstanders is nog uitstaande soos in geel aangedui op die 2021 program:
NOORD/SUID TOERNOOI 27 April – 1 Mei Wedstryd program soos hieronder. Alle 1e en 2e span wedstryde vind plaas op Affies se A veld en word “gestream” deur SSL (School Sport Live) https://schoolsportlive.com Die 2020 seisoen is al lankal verby maar die nie amptelike seisoen het Saterdag 25 Julie amptelik tot 'n einde gekom toe Affies en Boys High het vir die 3e keer nie met hulle eerste spanne teen mekaar gespeel sedert 1923 nie. Daar is nie veel om op te reflekteer vir 2020 nie. Die volgende is die bietjie wat oorgebly het van 2020: Opsomming van wedstryde gespeel vir al Affies se spanne. Kyk hier. 1e Span Seisoen en statsitiek. Kyk hier. Affie Rugby en Covid-19. Lees hier Tellings van al die spanne wat Saterdag gespeel het teen Diamantveld, Piet Potgieter en Ellisras. Kyk hier. **************************** Dit was die 8ste keer dat die twee skole teen mekaar gespeel het en die 5e jaar agtermekaar sedert 2016. Affies se 1e span was nog altyd aan die wenkant.
Vir details van die tellings sedert 1985 kyk hier. Dit was die 63 keer dat die twee spanne teen mekaar gespeel het sedert 1929. Dit is die tweede meeste naas die 116 wedstryde gespeel teen PBHS.
Affies het al die wedstryde vandag gewen. Ek moet egter melding maak van twee spanne wat die bordjies verhang het met baie goeie rugby!!!
Opgedateerde bepalings vir o/14A Kwagga Toernooi by Outeniqua en Paarl Gim 0/16A Toernooi by PG. Kyk hier
Die toernooi vind plaas in dieselfde tyd as die World Schools Festival wat op Affies se A Veld aangebied word vanaf 24 - 28 Maart. Wedstryde word gespeel op:
Maandag 23 Maart - Affies A veld Dinsdag 24 Maart - Loftus Donderdag 26 Maart - Affies A veld Die bepalings vir die week is nog nie beskikbaar nie. Die volgende skole neem deel aan die FS 2020 toernooi: Affies EG Jansen Garsfontein Helpmekaar Jeppe Kemptonpark KES Maritzburg College Nelspruit Noordheuwel Waterkloof Welkom Gimnasium Westville Zwartkops Vir meer inligting oor Swys se rugbyloopbaan kyk hier Geluk aan Dewald wat ingesluit is in die 2019 SA o/19 toerspan na Georgia.
Vir 'n lys van Oud Affies wat vir die SA o/19 span gespeel het kyk hier, asook al die spelers wat SA 0/20, 21 en 23 gespeel het. |
Argiewe
May 2024
|