Van die 10 wedstryde wat gespeel/voltooi is het Affies 9 gewen en KES een.
Tellings vir die onderskeie jare verskyn hier
1. Jaco de Bruyn
2. Dian Marais
3. Stian de Bruyn
4. Louwrens de Lange
5. Van Wyk Grotius
6. Damian Oosthuizen (K)
7. Andre Smith
8. Dillon Smith
9. Layton Horn
10. Riaan Gerber (O/K)
11. Quewin Nortje
12. Pieter Rossouw
13. Ruvan Loock
14. Adrian Joubert
15. Jean-Louis van Rensburg
Jean-Louis v Rensburg, Van Wyk Grotius en Jaco de Bruyn was vir die 1e keer in die beginspan.
RESERWES GEBRUIK
16. Francois Roets
17. Milan Ferreira
19. Kyle v Niekerk
20. Erick Jooste
22. Stehan Heymans
23. Van Reenen Kruger
Van Reenen Kruger trek die Wittrui oor sy kop vir die 1e keer toe hy opkom as reserwe
WEDSTRYD.
Ongelukkig was die "streaming'' nie wat wonders gewees nie en moes ek telkemale in 'n skerm vas kyk wat gevries het. Soos een van die Engelssprekend kykers op Youtube geskerts het " I like to watch the screen with a circle on it"?
Al die wedstryde het laat begin agv gevaarlike weers omstandighede en was die velde weer nat. Asof ons nie genoeg gehad het daarvan met Noord Suid nie?
Dit was 'n "close game gewees soos die telling ook aandui. Affies het halftyd 5 - 3 voorgeloop. Na 'n strafskop en 'n drie loop KES voor met 5 - 11 vir die grootsste gedeelte van die 2e helfte. Laat in die 2e hekfte druk Dillon onder die pale en Stehan vervyf die drie..
Omdat geen tyd gewys word met die streaming nie was dit 'n verligting toe Stehan 'n skepskop oorsit en Affies voorloop met 4 punte en natuurlik het KES 'n drie nodig om te wen. Die einfluitjie blaas direk daarna en is ek net so bly soos die spelers op die veld!!!!
PUNTE:
AHS - 15(5)
Driee(2): Dillon Smith en Van Wyk Grotius.
Vervyfskop: Stehan Heymans
Skepskop: Stehan Heymans
KES - 11(3)
Eerste span statistiek vir 2021 kyk hier