2020 Was die kortste seisoen sedert 1920 maar 2021 is nie die seisoen wat die laatste begin het nie. In 1948 het die spanne eers begin oefen in Junie a.g.v. 'n polio epidemie en is daar rekord van net 7 skole wat teen gespeel is in 1948.
Vrydag 23 April - 1e en 2e span. Spelers in rooi is Gr 11.
Dit was die eerste keer sedert 2010 wat die twee spanne teen mekaar speel.
Was 'n wedstryd van twee helftes. Die halftyd telling was 5 - 21 in Monnas se guns.
Met die wind van agter het Affies stadig maar seker die oorhand gekry en wen uiteindelik 24 - 21.
1e SPAN WEDSTRYD vs NOORD KAAP
SPELERS
- Seker die 1e span met die minste ervaring van alle tye. Een speler wat 2 wedstryde vir die 1e span gespeel het en 3 spelers wat in net een wedstryd as reserwe opgekom het in 2020.
- Die volgende spelers het opgekom as reserwes teen Noord Kaap:
18 - Tiaan Loretz
19 - Van Wyk Grotius
20 - Andre Smith
22 - Stehan Heymans
- In totaal het 16 spelers vir die 1e keer die Wittrui oor die kop getrek!!!
- Broers
- Francois Roets 2021
- Die volgende spelers het ook vir die 1e span krieket gespeel:
- Andre Smith 2021
- Qeuwin Nortje 2021
WEDSTRYD
Seker die grootste frustrasie vir almal wat die wedstryd wou kyk wat gestroom sou word was die platform wat gebruik is om die wedstryde uit te saai. Alle aanduidings is dat die platform wat gebruik gaan word vir die Noord/Suid toernooi 'n handomkeer gaan wees.
Die ondersteuners wat die wedstryd gesien was dit eens dat die halftyd telling van 5 - 0 in Affies se guns, Noord Kaap gevlei het.
Die tweede helfte was meer van dieselfde in die 1e gedeelte daarvan. Daarna moes Affies die spreekwoordelike "stops" uittrek om Noord Kaap weg te hou van hulle doellyn. Noord Kaap het hulle enigste drie laat in die tweede helfte aangeteken.
Affies se driee is gedruk deur voorspelers?
PUNTE:
AHS: 19 (5)
Driee: Damien Oosthuizen, Louwrens de Lange en Dillon Smith
Skoppe: Riaan Gerber 2 x doelskoppe
NOORD KAAP: 7 (0)