|
Die organiseerders van die Noord/Suid toernooi kan hulle self op die skouer klop vir die kwaliteit van die uitsending hetsy op die DSTV App of Youtube! Nie net die kwaliteit maar ook die platforms wat baie gebruikers vriendelik is. Dit is slegs die 3e keer wat Affies en Oakdale teen mekaar speel sedert 1991. 2e SPAN
Dit is die eerste keer dat die twee skole se 2e spanne teen mekaar speel. Die groen tiere wen die wedstryd redelik maklik. Halftyd was die telling 19 - 3 en toe die eindfluitjie blaas 43 - 20 in Affies se guns. Speler van die wedstryd - Tian Muller (6) 1e SPAN SPAN/SPELERS 1. Milan Ferreira 2. Dian Marais 3. Stian de Bruyn 4. Erick Jooste 5. Kyle van Niekerk 6. Damian Oosthuizen (K) 7. Louwrens de Lange 8. Dillon Smith 9. Layton Horn 10. Riaan Gerber (O/K) 11. Keanu Peters 12. Pieter Rossouw 13. Ruvan Loock 14. Adrian Joubert 15. Quewin Nortje
17 - Jaco de Bruyn * 18 - Tiaan Loretz 19 - Van Wyk Grotius 20 - Andre Smith 22 - Stehan Heymans 23 - Junior Masilela * * Geluk aan Jaco en Junior wat vir die 1e keer die Wittrui aantrek!!! WEDSTRYD Die verskil tussen die Oakdale 2e en 1e span was soos dag en nag!!!! Alhoewel Affies vroeg voorloop na 'n strafskop deur Riaan Gerber is dit ongelukkig so dat Oakdale vir die res van die 1e helfte in beheer was en halftyd welverdiend voorloop, 9 - 29. In die 2e helfte is Affies meer in die "game". Die rotsvaste verdediging van Oakdale hou Affies weg van hulle doellyn en druk Affies hulle 1e drie diep in die 2e helfte. Geluk aan Oakdale met 'n welverdiende oorwinning PUNTE: AHS: 21 (9) Driee: Layton Horne, Junior Masilela. Skoppe: Riaan Gerber 1 x doelskop 3 x Strafskoppe OAKDALE: 47 (29) 1e Span seisoen opsomming kyk hier! Comments are closed.
|