|
Dit was die 63 keer dat die twee spanne teen mekaar gespeel het sedert 1929. Dit is die tweede meeste naas die 116 wedstryde gespeel teen PBHS. Affies het al die wedstryde vandag gewen. Ek moet egter melding maak van twee spanne wat die bordjies verhang het met baie goeie rugby!!!
SPAN:
15 Dieter Crafford 14 Quewin Nortje 13 Christiaan du Toit 12 Johan du Toit 11 Kyle Liebenberg 10 Terblanche van Lill 9 Johan Muller 8 Willie Potgieter 7 Jeandre du Preez 6 Jacques Marais 5 Reinhardt Ludwig (kapt) 4 Jakkie Eloff 3 Jaco du Toit 2 Keagan Potgieter 1 Beorn Graham SPELERS: Geluk aan Quewin, Jacques, Jakkie en Jaco wat vandag die eerste keer nie net die wittrui aangetrek het nie maar ook in die beginspan was. 1e SPAN DAS: 2020-Willie Potgieter kwalifiseer vir die das na vandag se 7e keer in die beginspan WEDSTRYD: Met 'n halftyd telling van 10 - 7 in Affies se guns was daar 'n gevoel dat Affies al die gebiedsvoordeel gehad het en dat die telling dit nie reflekteer nie.. Met die telling op 17 elk en met nie meer as 15 minute se tyd oor nie het die 2019 Westville en KES wedstryde by my begin spook. Met 'n strafskop en 'n drie reg teen die einde is Affies die uiteindelike wenners met 27 - 17!!! Seker nie 'n wedstryd wat lank onthou sal word nie maar wat op voortgebou kan word vir die res van die seisoen. PUNTE: Driee - Willie Potgieter, Kyle Liebenberg,, Jaco du Toit en Francois Marais Skoppe - Dieter Crafford met 2x doelskoppe en 1x strafskop. AFFIES 27 (10) HELPMEKAAR 17(5) Vir historiese tellings 1929 - 2020, kyk hier. Comments are closed.
|