Paarl Boys het die laaste 5 wedstryde gewen!
Tellings van die 24 wedstryde gespeel sedert 1947 kan hier gesien word.
WIT BULLE
15. Migael de Lange
14. Stephan Brits
13. Ivandre van Wyk
12. Janco Purchase (O/Kapt)
11. Eagan Roux
10, Ruben Pienaar
9. Hendre Schoeman
8. Dieter Schubert
7. Ruan Lippoldt
6. Juan Vorster
5. JD Hattingh
4. Johnathan Eloff
3. Ruan Smuts
2. FC van Rooyen
1. Steyn Truter (Kapt)
- Geluk aan Righardt Pretorius wat vandag vir die eerste keer die Wit Bulle verteenwoordig het toe hy Stephan Brits vervang het wat beseer is.
RESERWES GEBRUIK:
- Righardt Pretorius vir Stephan Brits
- Ruben Dreyer vir JD Hattingh (Bloed)
Stephan Brits vroeg in die wedstryd beseer..
WEDSTRYD
Die wedstryd was gesien as een van "die" wedstryde van die toernooi. Wat dit aan betref was dit 'n klipharde 70 minute met die uitslag tot die einde in die weegskaal.
Die rustyd telling was 19 - 11 in Affies se guns, Miskien verdiend alhoewel die strafdrie afhangende van watter span jy ondersteun bevraagteken kan word.
Met sewe minute oor en die telling 19 - 14 druk PBH 'n drie wat verdoel word en loop hulle voor, telling 19 - 21.
Na PBH se laaste drie wat nie verdoel is nie was daar nog steeds 'n kans dat die wedstryd gelykop kon eindig. PBH hou die Wit Bulle onder druk tot die eindfluitjie blaas en Boys High wen 19 - 26.
Dit is 'n wedstryd vol "asse" maar dit ten spyt was Boys High waardige wenners gewees.
Die wedstryd sal onthou word vir die besering wat Chris Jordaan, Boys High se nommer 8 opgedoen het. Dit het tot gevolg gehad dat hy 'n noodoperasie ondergaan het gisteraand vir 'n skedelbreuk en bloeding op die brein. Die laaste inligting oor Chris is dat hy onder sedasie en in ICU is na die operasie!!
PUNTE:
AHS: 19(19)
Driee: Righardt Pretorius, Michael de Lange en strafdrie.
Skoppe: Ruben Pienaar 1x doelskop.
PBH: 26 (11)
1e Span seisoen opsomming kyk hier!