|
AGTERGROND
Dit was die 14e keer wat die twee skole teen mekaar speel sedert 1997. Affies wen 12 en KES 2 keer..Vir details van tellings kyk hier. Affies het al 20 wedstryde wat vandag teen KES gespeel is gewen. Vir tellings van ander spanne wat vandag gespeel het kyk hier! Dit is nie eerste keer wat Affies al die wedstryde wen nie. In 2002, 2012 en 2018 wen Affies ook al die wedstryde BEGIN SPAN 15.MIGAEL DE LANGE 14.STEPHAN BRITS 13.TIAAN DE WET 12.HEINRICH HORN 11.MARX NEL 10.STEHAN HEYMANS (K) 9.ARMAND SHAHIA 8.DIETER SCHUBERT 7.BEYERS ROOS 6.EWAN VAN HEERDEN 5.ANDREAS BURGER 4.ERICH JOOSTE 3.ZACK MARITZ 2.HANRO VENTER 1.STEYN TRUTER BESERINGS
RESERWES GEBRUIK:
WEDSTRYD Na 10 minute is KES met twee strafskoppe 0/6 voor. Die Witbulle antwoord met 'n drie in die 20ste minuut wat nie verdoel word nie en KES is steeds voor, telling 5/6. Voor die ondersteuners hulle oe uitvee druk KES 'n drie onder die pale in die 24ste minuut en loop voor 5/13 wat ook die halftyd telling is. Die spel beweeg heen en weer in die tweede helfte maar geen punte.word aangeteken voor die 48ste minuut toe Hanro sy 2e drie druk, Stehan verdoel dit en die Wit Bulle is nog steeds agter 12/13. In die 52ste minuut mis Affies 'n strafskop voor die pale. In die 66ste minuut druk Gustav Maritz net regs van die pale na 'n agterlyn beweging. Dit word verdoel en die Wit Bulle loop vir die eeste keer voor in die wedstryd 19/13. Menige Affie ondersteuner het naels gekou in die laaste paar minute van die wedstryd maar heelllaas trek die Wit Bulle die wa deur die drif en wen 19/13! 'n Wedstryd wat nie lank onthou sal word nie! Sterkte aan die spelers en afrigters met die groot een volgende Saterdag! PUNTE: AHS: 19(5) Driee: Hanro Venter 2x, Gustav Maritz.. Skoppe: Stehan Heymans 2 x doelskoppe. KES: 13(13} 1e Span seisoen opsomming kyk hier! Comments are closed.
|