|
AGTERGROND Dit was die 45ste keer wat die twee skole teen mekaar speel sedert 1923. Vir die 1e span tellings per jaar kyk hier. Daar is 27 wedstryde gespeel. Affies wen 18, Grey C 8 en 1 wedstryd is gelykop.
Vir 'n kort opsomming van die geskiedenis sedert 1923 lees hier. BEGIN SPAN 15.Migael de Lange 14.Gustav Maritz 13.Tiaan de Wet 12.Heinrich Horn 11.Stephan Brits 10.Stehan Heyman (K) 9.Armand Shahia 8.Dieter Schubert 7.Beyers Roos 6.Anton Grotius 5.Andreas Burger 4.Erich Jooste 3.Zack Maritz 2.Hanro Venter 1.Steyn Truter BESERINGS
RESERWES GEBRUIK:
WEDSTRYD Na 10 minute spel en 'n geelkaart vir Affies is die telling 0 - 10 in Grey se guns. Die Wit Bulle antwoord met 'n onverdoelde drie en na 20 min is die telling 5 - 10 in Grey se guns. Voor haftyd druk Grey nog 3 driee en is dit 5 - 27 in die guns van Grey met halftyd. Was hier nog 'n "comeback" oppad??Met drie driee vir die Wit Bulle na halftyd en 'n strafskop vir Grey is die telling 24 - 29 in Grey se guns. By gese Grey het eers een en op 'n stadium 2 geelkaarte gehad! Tenspyte van al die Affie Guts wat weer deur gekom het was dit nie die Wit Bulle beskore om die een deur te trek nie. Met nog twee verdoelde driee is die eindtelling 24 - 43 in Grey se guns. Dit is nie die grootste punte verskil nie en ook nie die meeste punte aangeteken in 'n Affie/Grey wedstryd nie.. Geluk aan Grey se 1e span wat op die dag die beter span was! PUNTE: AHS: 24(5) Driee: Hanro Venter 2x, Tiaan de Wet en Heinrich Horn. Skoppe: Stehan Heymans 2 x doelskoppe. GREY COLLEGE: 43(27) 1e Span seisoen opsomming kyk hier! Wit Bulle, Oud Affies en Leerlinge
na afloop van die wedstryd teen Grey College Comments are closed.
|